Wipneus

Posted in Uncategorized on November 11, 2009 by ingrid

2heartsHoeveel keer gaan ek dit nog se?  Julle liefde en omgee omring my soos sagte misreen in die somer.  Ek het geweet daar is van julle wat saam met my hartseer was gister, daarom wou ek so graag he julle moet deel in die rustigheid wat ons gevind het.  Dit was nie vir my moontlik om ‘n posting of selfs ‘n comment van my selfoon af te doen nie, dus was die enigste oplossing om ‘n vriendin te kontak en weereens het Wipneus tot die rescue gekom.  Sy’t soos altyd daai ekstra myl geloop en nie net die boodskap dat alles weer reg is kom oordra nie, sy’t sommer hier afgestof en dinge weer mooi gemaak.  Ek’s nie ‘n IT kenner nie, kan maar net in word tik, copy en paste en so bietjie Excel dinge doen.  Baie dankie vriendin, jy’s ‘n staatmaker en die beste babysitter wat ek ooit sou kon he vir hierdie kind van my, nee sommer interior decorator ook nog.

OK, die nuus wat Wip julle so vinnig kom vertel het is waar!  Ons kon ‘n birds-n-ribbonbehulpsame man opspoor wat wel reeds ‘n vol dagboek in Desember het, maar wat bereid was om sy Sondagmiddag op te offer van Pretoria af Johannesburg toe te ry en die seremonie vir ons te kom doen, natuurlik teen betaling, dis Afrika :lol:   Dit was reeds die hele probleem met sulke kort kennisgewing en almal wat reeds verpligtinge in Desember het was dit moeilik om iemand in die hande te kry.

weddingbellsOns het ook twee moontlike venues gekry, ‘n kollega het hulle huis aangebied en tannie Jane het ook gisteraand haar huis aangebied.  Ons waardeer beide aanbiedinge, daar is egter so effe probleem, Kollega se plek is kleinerig en tannie Jane sal met vakansie in die Kaap wees, so dit voel so soort van soos indringing terwyl sy weg is.  Ek het so ‘n paar emails uitgestuur om te kyk watter ander plekke ons dalk kan reel, maar weereens die meeste plekke is reeds bespreek.  Ten minste weet ons;  nog ‘n struikelblok is oorbrug.

Groetnis tot later

28-victory

Boodskap van Ingrid….

Posted in Ons mooiste dag on November 10, 2009 by ingrid

twoheatsbeatasone

Wel dae van wonderwerke is nog nie verby nie….

Ingrid het my gekontak en gevra dat ek die goeie nuus aan haar lesers moet oordra:

‘n Baie vriendelike behulpsame dominee gaan hulle nou trou.  Alles gaan dus voort soos beplan!!!  ;)

Whoop whoop!!!!

Groete Wip.  :lol:

 

Tsoenami

Posted in Uncategorized on November 10, 2009 by ingrid

tsoenam_noaa

 Een email, net een klein ikon in jou inboks en skielik lyk maande se beplanning so.Ek het so pas so ‘n email ontvang, gelees weer gelees, die sender probeer bel, vir Hannie gebel, die mail geantwoord en steeds voel dit of ek iewers in hierdie water na stukkies drome soek, dit is soos ‘n baie fyn eksotiese kristal ornament wat net sonder rede op die grond geval en nou in miljoene stukkies le en ek weet nie hoe om dit weer aanmekaar geplak te kry nie… 

 Hello Ingrid.

 We have indeed come to a time of decisions and when made, they are all life changing.  

 The Handfasting.

May I make a suggestion? As we do not know at this time where we are going to be, if we will even have a place to stay or a venue to Handfast you at, could we look at another couple to do the ritual for you?Better to be honest and admit that I am no longer certain of anything.

I am now unfortunately at a stage in my life where I can no longer make a promise and know that I will be able to keep it. As such, it is not a good idea to make any promises. I am deeply sorry, but the Universe decides our fate and although our destiny is to fight it – as you know, we often lose the battle. I believe that this time I have lost the battle and must concede defeat.

If you could know my heartache and regret, I doubt it would in any way make it easier for you to understand. Sadly, we seldom get to change fate.

 Love always.

********* 

Met hierdie paar woorde val drome in fyn stukkies tussen die brander wat ek oor my voel kom sien ek voltooide kinderrokkies, ‘n driekwart voltooide trourok, blommekransies ens ronddobber.  Dit voel skielik of ek nie weet hoe om hierdie goed uit die diep donker water gehaal te kry nie.  Dan kry ek ‘n email van Hannie af: 

My Engel ,Ek wens ek kon nou net daar wees om jou styf vas te hou en vir jou te se alles sal ok wees!!Ek weet nie wat om verder te se behalwe dat ek kwaad is vir **** nie , hoe kon sy jou so seer maak en teleur stel , weet sy dan nie hoeveel dit vir jou beteken nie, iewers kan daar mos n plan gemaak word, daar moet iewers n manier wees, ek wens net ek kon iets doen om jou beter te laat voel!Onthou net dat ek verskriklik baie lief net vir jou is en maak nie saak wat gebeur nie , DIT sal nooit verander nie , op een of ander manier sal ons dit gedoen kry, onthou net ek is al die pad agter jou , by jou , saam jou, een met jou . 

Die perspektief van alles kom in fokus.  Wat is dit wat ek gedoen wil he, wat is ons grootste begeerte?  Om saam met ons kinders met ons gesin en tussen ‘n handvol ware vriende aan mekaar te belowe om vir altyd getrou en lief vir mekaar te bly.  Maak dit werklik saak dat iemand waarmee ek ‘n hegte band gevorm het en vir wie ek op ‘n sekere vlak baie lief geword het nie meer die een gaan wees wat die amptelike goed gaan se nie?  Nee, ons gaan ‘n manier kry, dit sal gebeur en dit gaan sprokie mooi wees en die kinders gaan hulle feetjie mooi rokkies aantrek en julle sal al die foto’s sien. Tussen daardie branders sal al die stukkies gevis word en weer soos ‘n legkaart by mekaar geplaas word.  Daar gaan sekerlik nog baie storms kom nie net in die volgende 39 dae nie, maar ook vorentoe en hierdie is maar net een van daardie storms wat ons saam deurleef en saam ander kant sal uitkom. 

Mooi dag vir almal van julle. 

 

elephants

Vir Smurf

Posted in Uncategorized on November 9, 2009 by ingrid

Smurfie so terwyl jy van die generaal praat, hier’s so ietsie net vir jou.  Ek sien daar’s so ‘n duet email wat die rondte doen, shame kom ons lag maar eerder daaroor, sekere goed se oorsprong is ‘n bewys van sekere mense se mentaliteit:whahahahaha

Dan soos jy se:  Boer en trots daarop.

Steve 4

40

Posted in Uncategorized on November 9, 2009 by ingrid

2000_40_1---Number-Fourty_web

Dit is hoeveel dae daar nog oor is voor die troue, so as julle in die volgende weke begin wonder oor my sanity, kom ons blameer dit daarop dat my brein nie by alles kan byhou nie, as die troue verby is sal ons ‘n volgende verskoning gaan soek :lol:

Ek hoop julle het ‘n amazing naweek gehad.  Ons was rustig by die huis gewees, toegegooi onder Organza, satyn, krale en daai soort dinge…

Baie dankie vir almal wat verlede week kom saam praat het, dankie ook vir die debatte op anders blogs, dis goed om te verskil en dis wonderlik om julle liefde en omgee te voel nie net hier nie, maar ook op ander plekke.

Sammi, Smurf, Wipneus, sommer almal van julle en natuurlik Cupcake se nice mails, dis goed om julle hier aan die anderkant van die skerm te he.  Natuurlik sonder Meermin sal ons menige aand nog wonder wat om te eet.  Dit was ook lekker om daar op die plaas by Pensie en sy vrinne te kuier net soos by Herrie Merrie.  Ogies, ek lees jou blog van my sel af, so laat in die nag, wanneer alles stil is, ongelukkig kan ek nie van daar af comment nie, die simpel ding wil my nie eers toelaat om iets hier te doen nie.  Geluk met die blinkogies se verjaardae, jou herdenking en ‘n groot hug vir jou, ek hoor jou hart, vriendin…

Mag elkeen ‘n great Maandag he, hoop die reen het sommer al die blou weggewas.

happy_monday-3774

Ons kuier dalk weer netnou saam, ek sal kom inloer om te sien wie drink koffie, Willa2, dankie vir jou eetgoed, maar ek sal op ‘n serious diet moet gaan vir die volgende 40 dae, o gonna, nee langer, want die honeymoon kom mos eers in Januarie, Parkes1 jy’s ‘n groot blink ster.

image_2-1

Let’s talk about sex!

Posted in Uncategorized on November 5, 2009 by ingrid

Ok, voor jy verder lees, hierdie is strictly PG 21.  Jammer vir almal wat hulle valstande gaan insluk of hulle tee oor die keyboard gaan uitsmyt.  Moet dan liewer nie lees nie.  As jy verder dink hier kom die juicy bits uit my slaap kamer uit, dink weer.  Ek het ver te veel respek vir die vrou in my lewe en vir myself om dit te doen.

Wat het gemaak dat ek hierdie posting doen?  In die eerste plek het ek nie ‘n probleem om voor ‘n groep wildvreemde of soms bekende kollegas te staan en oor seks te praat nie, die ‘n normale funksie wat elke lewende wese uitvoer, so get over it.  Die volgende trigger het gekom met die name wat so mildelik uitgedeel is toe Platkuif ‘n dood eenvoudige vraag daar by Bosparra gevra het en die wind wat die vuur aangeblaas het was toe ek vandag by Herriemerrie lees wat Maandag op haar blog aangegaan het, weer na aanleiding van ‘n eenvoudige vraag, ok 2 vrae.

Alle kinders weg, nou.

Waarom word juis homoseksuele seks as vuil, vieslik en verkeerd gesien?  Raai wat gebeur met ‘n 2 minute lange search, en dit sluit die copy en paste en save in:

The Ultimate Oral Sex Guide For Him

R 64.95

This Oral Sex Guide for Him is sure to get your lover in a heightened state of ecstasy, with your new found oral skills, you will be praised with gratitude.

Daar is natuurlik ook so ‘n guide for her.

 She Comes First: The Man’s Guide

R 314.95

A forerunner in foreplay! A step-by-step guide for all men who haven’t yet mastered the skills of the tongue. With illustrated instructions on how to drive your woman crazy, this book will have your lady lining up for more.

Van wanneer af weet jy verseker dat lesbiese vroue orale seks het?  Hoeveel keer doen jou heteroseksuele pal dit vir sy vrou en sy ook vir hom?  Laaaaaaank voor same sex relationships meer aanvaarbaar geword het was beide orale en anale seks deel van die daad wat nou so afstootlik en vuil is.  Raai wat daar’s heteroseksuele pare waar anale seks op ‘n daaglikse basis plaas vind.

Het julle geweet dat een van die redes waarom HIV vinniger onder vroue versprei is dat daar kulture in ons land is wat daarin glo om droe seks te he.  Die mans weier om met ‘n vrou seks te he as die vagina nie droog is nie, om dit te kan bereik word sekere kruie middels gebruik, selfs sout word in die vagina geplaas om dit droog te maak en dit vrou moet so loop.  Hoe aanvaarbaar is dit vir jou, wat wil kom vertel dat wat ons doen of nie doen nie, wat dalkies dieselfde is as wat jy of jou pal doen, maar net met iemand van ‘n ander geslag?

Ek hoor gister van ‘n vrou wat kom ons se losse sedes het.  Sy sal klub toe gaan, iemand ontmoet en voordat sy hom huistoe sal nooi vir koffie, soos ons gemaak het, eers gou ‘n quicky om die hoek of in die toilet of in sy kar kry net om seker te maak sy mors nie haar tyd, sou die verhouding verder ontwikkel nie.  Watter verhouding?  Is dit nou weereens meer aanvaarbaar?

Ek wonder maar net.  As mense hulle koffie bekers wil stukkend gooi net omdat ‘n homoseksuele persoon daaruit gedrink het en hulle weet waar daai persoon se mond wat, het jy dit gesien en waar was jou of jou partner se mond gisteraand?  Net soos ‘n kennis se ma wat skielik opgehou het om haar te soen groet; “want ek weet waar was jou mond” dieselfde antie het vergeet dat haar dogter toe reeds ‘n verhouding van 8 jaar met ‘n ander vrou gehad het en sy het hulle toe altwee gesoengroet sonder om enige iets oor te kom of siekte te kry.

Onthou julle vir Hugh Grant?

 

Steve Sê: Entries

Posted in Uncategorized on November 5, 2009 by ingrid

Copy of DSCF2022Ek lees wat Steve vir Joost se en sorry dat ek analiseer in hierdie geval, maar ek hoop dat iemand iewers sal raaksien hoe seer hierdie man wat as die alleen oorsaak van sedelike verval in hierdie land gesien is gekry het.

Steve Sê: Entries.

The invitation

Posted in Uncategorized on November 5, 2009 by ingrid

It doesn’t interest me what you do for a living
I want to know what you ache for
And if you dare to dream of meeting your heart’s longing

It doesn’t interest me how old you are
I want to know if you will risk looking like a fool for love
For your dream, for the adventure of being alive

It doesn’t interest me what planets are squaring your moon
I want to know if you have touched the center of your own sorrow
If you have been opened by life’s betrayals or
Have you become shriveled and closed from fear of further pain

I want to know if you can sit with pain
Mine or your own, Without moving to hide it or fade it or fix it.
I want to know if you can be with joy
Mine or your own If you can dance with wildness
And let ecstasy fill you
To the tips of your fingers and toes
Without cautioning us to be careful
To be realistic,
To remember the limitations of being humans.

It doesn’t interest me if the story you are telling me is true
I want to know if you can disappoint another to be true to yourself
If you can bear the accusation of betrayal
And not betray your own soul
If you can be faithless and therefore trustworthy

I want to know if you can see beauty
Even when it’s not pretty
And if you can source your own life from its presence
I want to know if you can live with failure
Yours and mine, and still stand on the edge of the lake
And shout to the silver of the full moon “Yes!”

It doesn’t interest me to know where you live
Or how much money you have.
I want to know if you can get up
after a night of grief and despair
Weary and bruised to the bone
And do what needs to be done To feed the children

It doesn’t interest me who you know
Or with whom you have studied
I want to know what sustains you
>From the inside, when all else falls away
I want to know if you can be alone with yourself
And if you truly like the company you keep in the empty moments

Daar is nog goeie onderwysers

Posted in Uncategorized on November 3, 2009 by ingrid

teachers

Gistermiddag sit ek saam met ‘n vriend en koffie drink toe ek die volgende sms ontvang:

15h18 ‘n Jaar terug het jou dogtertjie na my toe gekom en kon sy nie behoortlik tel nie.  Verlede jaar het sy ‘n 1 vir haar nasionale assessering gekry.  Ek is so trots op ha.  Sy het ‘n 4 die jaar vir gesyferdheid.  Jy kan ma trots wees.  Madelein

Ek is trots en so oneindig dankbaar.  Vra jy my of gay verhoudings sleg is vir kinders – ek weet nie, maar ek weet dat die verhouding en gesin waarin my kind groot word goed is vir haar…

sunflowersMadelein, vir jou vandag ‘n groot bos heldergeel sonneblomme om jou lewe te vul met dieselfde sonskyn waarmee jy my Amber se lewe gevul het, jy’s ‘n juffrou duisend en wens daar kon nog duisende soos jy gewees het.

Hannie, my engel, jy het vir ons vrede en stabileit gebring, vir jou het ek nie genoeg woorde en is daar nie genoeg blomme om dankie te se nie.

Amber, ons is so trots op jou en baie lief vir jou.

Ingrid

Uitnodiging

Posted in Uncategorized on November 3, 2009 by ingrid

Pretoria 154 Afrikaanse

Musiekfees – Toegang

gratis!

 14 November 2009

08:00-16:30

 Voortrekkermonument

sean  steve  saarkie  mel botes

lianie may  jakkie  ghapi  gerrie

fredi  elizma  bobby

beeskraal  arno   andries  adam tas

Toegang is GRATIS.  Geen besprekings is nodig nie.  Bring net ʼn opvoustoel en kom geniet die dag saam met AfriForum.  Daar sal ook stalletjies met eet- en drinkgoed wees.  U is welkom om ʼn piekniekmandjie te bring.

Die volledige lys van kunstenaars wat optree is: Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw, Fredi Nest Guillaume, Vaughan Gardener, Beeskraal, Mel Botes, Adam Tas, Kevin Leo, Ghapi, Andries Botha, Diesel & die Dats, Leon Ferreira, Saarkie, die Bredell Boere-orkes en Zandré.

Sean Else – medeskrywer van die liedjie De la Rey en van die Ons vir jou-musiekblyspel – gaan as seremoniemeester optree.

Navrae: Skakel AfriForum by 086 10 200 30.

Vriendelike groete!

Kallie Kriel

AfriForum