FOTOS

Jammer Vrinne, vandag het ek nie tyd om te skryf nie maar plaas vir julle ‘n paar fotos.  Dankie vir die comments en mails.  Die fotos kom van verskillende plekke en mense.  Dankie vir almal wat gestuur het en so mededeelsaam met ander fans is.  As jy nog fotos het wat jy graag wil deel email my gerus:  ingjevon@yahoo.com

 

 

STEVE VIR ALTYD NR. 1

STEVE VANDAG GISTER MORE EN ALTYD NR. 1

 

As daar enige misverstande na gister se posting is wil ek dit summier uit die weg ruim.  Die feit dat ek ook ander se talente kan raaksien en se musiek waardeer verander niks aan die feit dat as dit daarop neerkom sal my lojaliteit en toewyding steeds by ons grootste ikoon wees – Steve jy is vandag, gister, more en vir altyd nr. 1 wees.  ‘n Saluut aan jou ons land se liefling!

   NR. ONE HUSBAND!

  NR EEN PAPPA

  MMMMMMMMM…

 

 

KURT DARREN EN JACQUES DE CONING

KURT DARREN

Verlede week het ek met julle gesels oor die talentvolle Andries Botha.  Gisteraand op Sweepslag het Kurt Darren onder andere die sweep kom slaan.  Met reg het Maurice hom die koning van Afrikaanse pop musiek genoem.  Kurt jy vedien daardie titel, dankie vir jou volgehoue toewyding en jou nederigheid.  Op hierdie wyse mars jy in ons almal se harte in!

 

 

JACQUES DE CONING

As daar ooit ‘n unsung hero in die Afrikaanse musiekbedryf was dan moet dit beslis hierdie blonde kop blou oog man wees.  Verseker het hy verskuilde talente wat wag om ontdek te word.  Ek staan verlede November in Pretoria op Kerkplein tydens die 152ste herdenking van Pretoria se verjaardag soos gereel deur Afriforum.  Die blondekop stap rustig tussen die mense deur en ‘n dame roep vrolik uit: “Hello sexie”  Sonder om te huiwer word hy deel van ‘n impromptu fotosessie.  Later terwyl hy op die verhoog is maak ‘n ander vroue aanhanger ‘n aanmerking “dat hy die sexieste ou is wat vandag gaan optree.”

Sy vyfde album:  Se dit stadig is ‘n aanwins vir enige musiekliefhebber.  Daarop sien ons Jacques weereens as iemand wat nie bang is om sy se te se oor sosiale issues nie met die lied – plaasmoorde, hy bring ook hulde aan mense soos Mynie Grove.

 

Mooi so Jacques as Kurt ons koning is dan is jy beslis die prins in ons midde.

 

 

WESKUS DAME

Dagse:

Gister ontvang ek ‘n baie mooi email van ‘n dame aan die die Weskus wat graag anoniem wil bly.  Ek het haar gemail en gevra of ek uittreksels daaruit kan plaas en of ek haar naam aan Steve bekend kan maak.  Hier volg dele uit haar brief:

 

“Die eerste blog wat ek op afgekom het was sssb. Wat a belewenis! Voor dit het ek maar net altyd met die nuus en epos my besig gehou. Skielik het ek deel gevoel van die lewe wat nie meer vir my baie beteken het nie.Behalwe dit kon ek weer lees waar daar intelligente opinies en inligting gedeel word.Vinnig het ek besef wie van die bloggers nie opreg was nie en wie net moeilikheidmakers is. Die feit dat Steve so baie van homself gedeel het met almal was ‘n openbaring. Nooit het ek verwag dat hy ‘n engel moet wees nie.Hy is net ‘n mens wat meer bereik het as baie ander.Ek het baie simpatie met hom.Ek glo nie dat die wat so lelik is met hom en die operasie wat hy gehad het weet waaroor dit gaan nie.

Die dag toe Steve sy blog gestop het was vir my tog so hartseer gewees.Ek het gehuil. Goed het ek verstaan waarom hy dit doen maar ai dit was darem sooo jammer. Hy skryf so goed, en is ‘n besonderse intelligente mens. Ek is so jammer dat daar nou sekere mense is wat dink dit gaan hulle aansien verhoog om ander se ondergaan te probeer bewerkstellig.Die ergste van die hele debakel is die onskudige mense wat weereens gaan seerkry. Net nadat mens regtig gedink het dinge kom bietjie tot ruste vir die mense.

In elk geval sal niks wat hulle sê of doen vir my of heelparty van my vriende enige verskil maak aan wat ons opinies is nie.Ek mis nie ‘n vertoning van Steve as hy in die rigting kom nie, en was so bly om ook die Waarmaker vertoning by die kknk te kon bywoon.Die enigste problem is nou dat sonder sy blog sal ek te laat hoor van sy vertonings en dan sal die beste kaartjies uit wees.

Hahahaha   Jammer dat ek so baie skryf, maar het regtig gevoel dat ek deur jou ook net absolute bystand en beste wense aan die gesin en veral Steve wil oordra. Vir die normale man op die straat kom dinge darem tot ‘n eiende na ‘n tyd,maar die arme man is darem nou al hoe lank besig om vure dood te slaan, en dan lewer hy nog uitstekende werk met al sy hartseer daarby!! Hy sal die beste afrikaanse sanger bly ongeag wat. Ek dink die opinie oor die ander sal net verdiep in ergenis. Wie het nie ‘n verlede nie? Dan moet jy ‘n wonderwerk wees!Dankie vir wat jy doen vir Steve. Sterkte vir jou!! Beste wense vir jou blog. En dankie vir die geleentheid om iets te kan sê.”

 

Sy het op my mail geantwoord met die volgende:

“Jy het my toestemming om te doen wat jy voorgestel het met my brief net sonder my naam op die net. Ek het lank gesit en wroeg voordat ek vandag my brief aan jou gestuur het. Jy weet nie hoe moeilik dit is om oop te maak oor die dinge nie. Ek verstaan dat Steve weer hospital toe gaan nou in Augustus en wil net vir hom sê dat saam met sy geliefdes is hier nog iemand wat vir hom beste wense toewens en glo dit sal alles vinnig verby wees.”

 

 Baie dankie vir almal wat so omgee vir ons vriend en dat julle agter hom sal staan maak nie saak wat gebeur nie.  Solank as wat hy vir ons sing is dit eintlik al wat ons van hom wil he, want dit is al wat hy ons skuld.

Weskusdame, ek hoop jy het ‘n mooi naweek, keep in touch.

 

Steve, ons sal aan jou sy baklei nie net omdat dit jy is nie, maar vir die toekoms dat die parasiete in die media industrie kan weet daar bestaan iets soos lojaliteit presies wat dit beteken.  Geniet Lichtenburg vanaand en almal wat naby of in Vereeninging is onthou om more middag 16h00 jou gunsteling kunstenaar te gaan sien by HTS vir die belaglike prys van R70 per persoon.

    

Amanda Singleton

Amanda with this a big hug to show that we care.  Nothing any-one can say or do will lessen your pain.  I can clearly understand why you cannot forgive them for what they did.  Time is the only thing that will dull the pain, but it will never go away, unfortunately.

You are in our prayers.

Love

Ingrid

EEN MOERSE OORDEELSFOUT

Julle weet eendag het Steve Hofmeyr gese hy’s die grootste doos ooit, wel, my pal jy was nog nooit eers in die rankings nie, raai wie beklee tans daai nr. 1 spot.  Die uwe en wie moet ons bedank vir sulke onnoselle naiwitiet?  Platkuif en Bosparra!!

Die hoofstukke in die stuk gemors wat julle beplan bewys net watter stupid doos ek was om vandag vir jou krediet hier te gee, die feit dat jy iets nice gese en besef het maak nie reg vir die seer wat jy gaan veroorsaak nie.

Steve onthou wat ek Donderdagaand vir jou gese het ons staan agter jou f*k almal wat dink jou verlede, hede of toekoms sal ons/my lojaliteit kan skaad.  Ek is jammer dat ek so f*kken dom was gelukkig weet ek jy ken my hart. Sterkte my vriend hier is ‘n moerse groot drukkie vir jou en die wat nog gaan seerkry deur kleinlike kamstige geregtigheid.

MOOI SO OU PARRA, STEVE VOORVADER VAN VELE, KINDERLIEFDE

Dagse Vrinne

Ek word vroeg wakker gemaak deur so ‘n klein mensie wat in Mamma se arm wil kom le.  Daarna is die slaap weg en ek loer gou wat gaan in kuberruimte aan.

Wat ek nou gaan se sal dalk as ‘n verrassing vir sommiges van julle kom, maar ander wat my reeds op SSSB leer ken het weet dat ek krediet sal gee aan jou as dit jou toekom, sommige mense sal ongelukkig nooit krediet by my kan kry nie, jammer, maar sekere lyne word gekruis en daar is nie ‘n manier hoe jy ooit weer aan die beter kant van daai lyn kan kom nie!

Platkuif, ek stem steeds nie saam met jou smeerveldtog teen Steve nie, maar wat jy gese het van plek vir almal in die “doos groot www” daarmee stem ek saam, goeie stukkie werk ou parra.

Dit is vervrissend om te sien dat daar wel ouens in die blogsfeer is wat besef alles hoef nie noodwendig om jou te draai nie, elkeen het die reg om te lees en te comment wat en waar hy/sy wil.  Ek lees ‘n paar blogs nie naastenby 150 nie, comment amper nooit nie weens twee redes, tyd en geld, vir my is cybertyd duur aangesien ek dit met vodacom doen en die tyd beperk tussen die gewone daaglikse eise.  Daar is ‘n hele paar van julle ouens wat hier kom kuier by wie ek ook gaan inloer, moenie voel ek dink jy is nie belangrik genoeg om by te comment nie, Steve weet dat daar tye is SSSB was toe ek ook net gelees en selfs vinnige gescreen het.

Ja, terwyl ek hier skryf wonder ek skielik oor iets. 

“Stefaans, die aand toe jy in 2006 gese het ek dink die blog werk dalk, kon jy ooit imagine dat jy die voorouer van soveel blogkinders sou word?  Dankie vir jou pawees van ons blogkinners, ons volg in ‘n groot pionier se spore!”

 

 

Ek het gister ‘n bietjie van ‘n binnekant chaostiese dag gehad, ‘n amazing vriendin merk op nadat ek my kwaad vir my seun se pa op hom uitgehaal het, totaal verkeerd!  hoe maklik kinders vergewe, want terwyl ek soos ‘n hond voel vir die fout wat ek gemaak het kom staan hy langs my en se:  “Mamma ek wil jou ‘n drukkie gee, huil jy oor Lofes?”

(Net ter verduideliking “Lofes” is eintlik Josef, sy St. Bernard kruising, wat my eks laat “wegraak” het terwyl hy die kinders se diere oppas totdat ons hulle Gauteng toe kan laat kom)  Nee, Mamma huil nie oor Lofes nie, my kind, dis net soveel makliker om vir jou te se ja as om die ingewikkelde gemors van ‘n grootmens lewe aan jou te probeer verduidelik.  As ons ook maar so maklik soos kinders kon vergewe en aanbeweeg na die volgende item.  Wat maak dat ons die vergewinsgesindheid aanpasbaarheid en onvoorwaardelike liefde en lojaliteit van kindwees verloor en as ons dit eers verloor het sal ons dit ooit weer kan terug kry?

Mooi dag vir julle en mag jy die liefde van ‘n kind vandag soos die magical rooi Waarmaker hartjies aan jou uitgedeel word.