Dagse Vriende
Nog ‘n naweek is verby, en ek kan nie glo die maand staan ook baie vinnig einde se kant toe nie.
Wilma, sorry, ek kon toe nie by die Grotman uitkom nie, my salaris het toe nie so mooi gelyk soos wat ek graag sou wou nie, so ons sny maar die uitgawes na dit wat werklik noodsaaklik is.
Wipneus, ek is steeds op jou bankwagon van verlede Donderdag, soveel so dat ons toe Vrydag vir Ouma die keuse gebied het om by ons te kom bly indien sy bereid is om ‘n kamer met die meisiekinders te deel. Sy het nie twee keer gedink om ja te se nie en Saterdag het ons die kinders se kamer met behulp van hangkaste in twee gedeel en haar goedjies gaan haal. Teen Saterdagaand het die kinders by my in die bed kom klim en gese dit is so lekker om Ouma by hulle te he. 
Sondag het ons die kinders na die Walter Sisulu Botaniese tuine geneem vir ‘n piekniek. Mense van Gauteng as julle nog nie daar was nie, gaan maak ‘n draai dit is ‘n stukkie paradys in die middel van chaos, jy kan nie glo dat so ‘n plek amper in die middel van die stad bestaan nie.
Ek het ‘n groot liefde vir skoenlappers en skilpaaie en van altwee is daar in vryheid tussen jou, hulle kom tot by jou en die kinders was baie opgewonde oor al die vlinders wat tot op hulle kom sit het, ‘n vriendelike skilpad het kom hallo se en dan praat ons nie eers van die voels, plante en asemrowende waterval nie, ‘n moet sien vir almal wat moeg vir beton is.
Ek hoop om julle by Afriforum se Pretoria 153 Afrikaanse Musiekfees te sien, verlede jaar se 152 fees was net mooi dit, ‘n fees! Ongelukkig het ek nie meer die fotos van daardie dag om met julle te deel nie, bring net jou stoel of kombers en genoeg sunblock, want die son het ons goed bygekom verlede jaar.
HOOFNUUS: AFRIFORUM SE PRETORIA 153 AFRIKAANSE MUSIEKFEES
2008 …
GRATIS: Pretoria 153 Afrikaanse musiekfees: 15 November 2008
Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Dozi, Irene, Guillaume, Fredi Nest en Beeskraal tel onder die 14 bekende sangers wat op 15 November 2008 tydens AfriForum se Afrikaanse musiekfees ter viering van Pretoria se 153ste verjaarsdag gaan optree. Die fees sal van 08:00 tot 15:00 by die Voortrekkermonument-terrein plaasvind. Toegang vir die publiek sal soos verlede jaar weer GRATIS wees. Laat asseblief al u vriende en familie weet. Geen voorafbesprekings is nodig nie. Bring net ‘n opvoustoel en kom geniet die dag saam met ons. Verlede jaar se fees was ‘n reuse sukses en is deur sowat 10 000 mense bygewoon.
Sien jou daar, lekker dag verder vir julle.
















Daai Afriforum Fees lyk soos ‘n FEES. Ek gaan beslis daar wees.
Comment deur pietmyvrou — Oktober 27, 2008 @ 2:37 nm
pietmyvrou, ek kan jou belowe dit is ‘n FEES. Die klank is uitstekend en die kusntenaars goed en die meeste van hulle se hallo na die tyd en skud hand. Sien jou daar!
Comment deur Ingrid — Oktober 27, 2008 @ 2:42 nm
Ek wil bitter graag weet wanneer die 154ste musiekfees gaan wees by die Voortrekker Monument hierdie jaar? Hoop nie ons het dit al gemis nie??
Comment deur Nadine Smit — Oktober 20, 2009 @ 4:13 nm