
Ek lees Hans se nuutste comment en my hart is seer vir jou, meer as wat jy dalk kan besef, maar ek is ook baie dankbaar dat jy deur ‘n deel van wat met jou gebeur het kon werk.
Dis baie hartseer dat jy dit spesifiek met gays verbind. My meisiekind was deur ‘n heteroseksuele man gemolesteer, ‘n heteroseksuele predikant het daarvan geweet en tot vandag toe nog nie ‘n persoonlike besoek aan my gebring nie, nie teenstaande die feit dat ons almal in sy gemeente was nie. ‘n Heteroseksuele maatskaplike werker wou ‘n vierjarige kind dwing om te getuig in ‘n hofsaak selfs teen die wense van ‘n baie goeie hoogs gekwalifiseerde kindersielkundige in, dieselfde maatskaplike werker wou saam met ‘n gay staatsaanklaer my van medepligtigheid aankla omdat ek my kind na ‘n kindersielkundige van my keuse gevat het. Ek moes motiverings indien sowel as die vrou se cv voor die hof laat le om te bewys dat ek net die beste vir die kind wou he.
Jy het my egter laat dink oor die aantygings wat gereeld teen homoseksuele mense gemaak word en ek is tans besig met navorsing oor die onderwerp, ek sal hier verdere inligting gee sodra ek al die publikasies gelees het.
Wat vir my vandag van belang is, is dat GEEN kind ooit deur so iets moet gaan nie en GEEN volwassene het die reg om dit aan ‘n kind te doen nie.
Wat is seksuele mishandeling?
Dit is wanneer ‘n volwassene sy/haar privaat dele aan ‘n kind wys of die kind se privaatdele wil sien, dit is ook wanneer ‘n volwassene met sy/haar hande, mond of enige ander deel aan die kind se privaat dele raak of die kind dit met hom/haar laat doen, of as die volwassene seksuele omgang met die kind het, voor die kind mastrubeer of die kind dwing om dit te doen. Dit is ook wanneer die volwassene pornografiese materiaal aan die kind wys of fotos van die kind se privaat dele neem.
Tekens van molestasie:
o Verandering in gedrag, mood sings, onttrekking, angs en oormatig huilerig
o Bednatmaak, nagmerries, bang om te gaan slaap of ander slaap versteurings
o Buitengewone belangstelling in seksuele aktiwiteite, acting out sexual activities
o Skielike aggressie of rebellie
o Terug kering na ‘n kleuter of babastadium (kind kan weer begin bottel drink, praat in baba taal)
o Verandering in toilet gereedheid
o Angs vir sekere plekke, mense of aktiwiteite
o Kneusplekke, veluitslag, snye of moeilik verduidelikbare beserings
o Pyn, jeukerigheid, bloeding of rouheid van privaatdele.
As jy enige van hierdie simptome by jou kind of ‘n kind wat jy ken opmerk praat onmiddellik met iemand wat jy vertou.
Sjoe, dit is nogal ontstellend! Ek wonder regtig wat ‘n mense wat dit doen se koppe aangaan!
Carina, met die oplees werk wat ek doen maak dit mens net banger, daar’s ongelukkig min inligting oor die statistieke in SA, maar as dit in Amerika so erg is kan ek net dink hoe erg dit hier is. Ek sal seker darem voor die einde van die week weer hieroor skryf, dis uit die aard van die saak baie na aan my hart, die regstelsel werk net vir my totaal verkeerd.
Dit maak ‘n mens vreeslik hartseer om sulke goed te lees.
Maar ek besef dit help nie om te probeer weg kyk of wegskram daarvan nie. Sulke goed gebeur daagliks.
Ek hoop dit gaan nou beter met jou dogter, alhoewel ek besef dit is iets wat nooit sal weg gaan nie.
Sterkte!
Ingrid waar lees jy Hans se comments?
kyk by 15 Desember 2008
Geen kind verdien dit nie, en ek dink dit kan ongelooflik baie skade aanrig. Gelukkig dat daar mense is wat hierdie kinders positief kan bystaan en lei.
Dis wreed en ek weet nie wat dryf mense om sulke dinge aan kinders te doen nie!
.
Ek voel ek kan moor as ek van sulke gevalle lees. Dit gaan my verstand te bowe hoe iemand so siek kan wees!! Dit is ‘n hartseer wat net iemand wat self daardeur is kan verstaan. Sterkte vir jou en jou dogtertjie!!
Dankie Ogies, ja ‘n mens kan nie verstaan hoe dit voel voor dit met jou gebeur nie.
Ingrid, dankie vir die post en ek stem saam met jou. Ek is so jammer oor jou ervaring ook. Mense wat niks doen as hulle weet nie, is vir my ewe skuldig. En my aarde, jy het mos die reg om jou kind na die sielkundige van jou keuse te neem.
Hugs
Oor die hele gay en molestering ding. Ek het ‘n teorie wat ek nog nie juis met mense gedeel het nie. Ek ken baie gay mense, ook in my familie, en almal van hulle was gemolesteer of verkrag. Dit het my laat wonder of dit wat met hulle gebeur het nie dalk bygedra het tot die feit dat hulle homoseksueel is nie. Ek weet nie of dit waar is nie, maar ek het nog nie met iemand gepraat wat vir my kon sê dit het nie met hulle gebeur nie. Kindermolestering is ‘n verskriklike ding en dit sal regtig amazing wees as mense meer aandag begin gee daaraan en meer ingelig is.
Ek weet presies hoe dit voel. Dit verwoes jou hele lewe en denke van alle mans. Wat eintlik verkeerd is, want almal is nie so siek nie. Die belangrikste is dat jy jou kind moet laat weet dat dit was nie haar skuld nie. Dit is wat die langste by jou spook. Hoekom het ek dit toegelaat en hoekom het ek nie vir iemand vertel daarvan nie? Sterkte daar.
Baie dankie Coreen, ja gelukkig het sy vinnig gepraat en kon ons haar vinnig daar uit kry. Sy het ook goeie terapie ontvang en ek is in baie noue verbinding met ‘n kliniese sielkundige wat gereed is vir verdere hulp sou dit nodig wees noudat sy op die rand van puberteit is.
my dogertjie is nou 1jaar en 7maande, sy is my ‘n dagmoeder en haar man bedags, hulle is wel baie ordentlike mense, onlangs het my dogtertjie begin goed vat en dit probeer in haar privaat dele in drik, toe haar pappa se sy moet dit nie doen nie, het sy so erg gehuil dat sy snik!!
sy kom deesdae huis toe met ‘n uitslag op haar privaat dele en dit krap my om, want ek sit genoeg doeke in haar sak en boude room, ek stuur haar sonder ‘n uitslag en sy kom huis toe met ‘n uitslag!!! is en onnodig bekommerd? asb help my
Goeie naand. Die moeder met die dogtertjie van i jaar en 7 maande. Omskryf verdere waarnemings asb.
Met Verwysing na Gestalt Rerapie, En Senoriese Bewuswording, is verdere waarnemings nodig.
Het u die dogtertjie geneem vir mediese ondersoek.
Sal u terug antwoord asb.
[...] Dan is my hart koud en donker en seer, ek het iemand gefaal wat om hulp gevra het. Ons het nonsens gepraat terwyl ‘n familie die grootste seer beleef het, ‘n ma die guts gehad het om te vra, help nie en niemand het dit raak gesien nie. Tot vanoggend, toe sien ek dat Kobus dit wel gesien het. Dankie Kobus, dat jy omgegee het. Ek het ‘n posduif vir die mamma gestuur en ek hoop werklik dat hier ‘n mooi einde vir die gesin kan wees. http://ingridventer.wordpress.com/2009/01/06/kinder-molestering/#comment-4993 [...]
Ek het n vriendin wat 25 is.Sy het baie mood swings en is bang om alleen te wees!Haar persoonlikheid kan ook vinnig verander van baie vriendelik na depressie!Sy was gemolesteur as kind!
Is dit normale simptome van wat gebeur het?
Ons het n goeie verhouding en is baie lief vir mekaar,maar dit is ongelooflik
moeilik!En ons kan nie so aan gaan nie.
Ek weet nie hoe werk hierdie dinge nie,want ek ken dit nie!
Is daar ondersteunings groepe waar hulle mekaar kan help?
Hi Johan
Dankie vir die inloer. Ek weet nie in watter deel van die land julle bly nie, maar dit sal baie goed wees vir haar om hulp van ‘n professionele persoon te kry. Dit kan “normale” simptome vir ‘n baie sad toestand wees. Dit is ook belangrik dat ander faktore uitgeskakel moet word.
Die volgende vraag is hoe oud was sy, hoe lank het dit aangehou en het sy in daardie stadium terapie gekry.
Werklik die beste raad wat ek kan gee is dat sy in liefde, beslis nie in veroordeling nie, verwys word om ‘n terapeut te gaan sien.
Jy kan haar dalk selfs motiveer deur voor te stel dat julle vir ten minste ‘n begin vir couples therapy gaan. Ek hoor wat jy sê dat jy lief is vir haar, maar dat jy besig is om te sink onder alles.
Sterkte en jy’s welkom om weer te kom kuier, dan kan ons verder praat.
Ek het die naweek by ons bure se dogtertjie gesien, sy is 2 jar oud haar geslags dele is erg seer, dis so een groot rou seer en van haar vroulike dingetjie is daar amper niks, is dit net nappyrash of het ek regtig rede om te bekommer, wat kan ek doen vir hierdie kind. In hulle huis bly, ouma oupa mamma oom tannie nefies en nigies en ek het nog altyd ‘n aardige gevoel oor die oupa en nou dit??? Ek het geen besigheid gehad om na haar plekkie te kyk nie maar toe ek sien sy krap en toe sy gaan sit, kon ek nie anders as om dit opte merk waar dit by haar broekie uitsteek nie, sy loop aldag sonder kleertjies in die tuin rond. Wat kan ek doen, ek wil nie net stilbly nie!!
jenny, jy’s reg jy kan nie net stilbly nie. Ek weet nie waar jy bly nie, maar hulp moet gekry word. Ek gaan jou ‘n duifie stuur sodat ons beter kan praat. As daar ‘n welsynswerkster iewers is kontak haar/hom asb dringend jy kan dit anoniem doen as jy wil ek verstaan dat dit moeilik is wanneer dit bure is en jy steeds langs hulle moet bly, maar hierdie kind het jou nodig, as dit dan niks was nie weet jy ten minste jy het ‘n hart en nie ‘n stuk steenkool in jou binneste nie. Dit klink nie reg nie, nie vir haar ouderdom nie, selfs al het sy nog pal doeke gedra, klink dit steeds nie reg nie en as ‘n mens eers ‘n gevoel het is dit baie keer ongelukkig waar.
hello
ek sit in n wroegeling iemand wat ek ken het n 5jarige dogtertjie, sy raak by die dag meer agresief en sal op jou skoot gaan sit en aan jou borste vat en ook vir jou tong uitsteek en sy was nie so nie. sy mastrubeer sommer voor n mens. sy is baie afknouerig teenoor haar maaitjie met tye ek moet hierdie kleintjie help en weet nie hoe nie help my asb dit is vreeslik om teweet dat dit so is en mens kan niks omtrent dit doen nie. dit sal groot hofsake beteken. die kind het nou n maand terug vir my gese ek wil jou iets vertel maar is bang en van daaraf vermy sy my in n mate.
[...] kom los hier ‘n comment (http://ingridventer.wordpress.com/2009/01/06/kinder-molestering/#comment-7766) by ‘n posting wat baie, baie lank gelede al gedoen is en dit sê vir my dat jy bekommerd is, [...]
Sjoe, hoe ontstellend om te lees! Maar ek moet sê, was dit nie vir die afgelope maand se artikel oor molestering in Rooi Rose nie, het ek dalk nooit besef wat met my kind aan die gebeur is nie! Sy is 4 jaar oud. Al die simptome wat jul genoem het, ook die soos in Rooi Rose het my laat terugdink en ook baie van haar gedrag verduidelik. Nooit het ek besef dit is wat met haar aan die gebeur is nie. Ek was onder die indruk sy is sommer net moeilik en dalk net ongelukkig. Dat haar frustrasie en aggressie dalk net is omdat sy haarself nie kan uitdruk nie. Ek is nie heeltemal seker hoe om die situasie te hanteer nie, maar het reeds ‘n afspraak met ‘n kindersielkundige gemaak en dit sal seker duidelikheid bring. Want tans is ek nog baie onseker, want nadat sy met alles vorendag gekom net, is sy nou weer in haar stilstype gewikkel en wil niks sê nie. As ek haar by die sielkundige gehad het en ook ginekoloog….. hoe verder?
‘Blommie’
‘Blommie’, ek gaan ‘n posting doen om jou vraag te antwoord en dalk is dit ook weet tyd om iets te sê, want net dalk is daar iemand wat nodig het om dit te lees.
My dogtertjie is amper 4. Ek het ‘n jaar terug agtergekom dat haar privaatdele erg gebrand het en vol fyn knoppies was. Ek het gedink dis maar die ‘pottytrain’ storie. Toe het sy snaakse dinge gedoen, soos om in die bad te lê en vir haar niggie haar beentjies oop te gooi en te vra: ‘Soen my’. Sy het nooit haar naels gekou nie en dit het eweskielik gebeur. Sy was buitengewoon ingestel op enige iemand se privaat dele en het gereeld daaroor kommentaar gelewer. Sy het verskriklik geheg geraak oor ‘n sekere familielid. Dit het my laat wonder toe ek al hierdie dinge bymekaar begin sit.
Kort-kort het ek myself vertel dat ek besig is om die bobejaan agter die bult te gaan haal en dit gaan nie noodwendig met my dogter gebeur as dit jare terug met my gebeur het nie.
Ek het die hoofstuk afgesluit.
‘n Jaar later lees ek ‘Dis ek Anna’ en al die dinge word weer herroep. My dogtertjie is pragtig! As jy na haar kyk lyk sy soos enige normale kind. Kom goed met ander kinders oor die weg. Sal sommer saam met enige iemand in die kar klim. Maar daar is iets wat binne my knaag. Sy slaap eweskielik sleg. Kerm, kla, praat en huil ook soms in haar slaap. Sy kners so erg in haar slaap dat dit klink of sy haar tandjies gaan stukkend byt.
Sy is al apmer 2 jaar van die doek af, maar maak nogsteeds haar bed nat in die aand.
Ek probeer haar nooit alleen los nie. SY is nogsteeds BAIE erg oor die sekere persoon.
Is dit moontlik dat ‘n sielkundige so iets kan uitvind by so ‘n klein dogtertjie? Is ek besig om net spoke op te jaag?
Mensie, elke keer as ek ‘n comment by een van die postings oor hierdie onderwerp sien is dit asof iemand my keel toedruk, want ek weet al as ‘n mamma se instink haar waarsku is daar iets aan die gang. Die ou natuur het jou nou eenmaal so gemaak, jy sal weet as daar fout is met jou kindjie. Kontak so gou moontlik ‘n kindersielkundige, verkieselik ‘n vrou as die persoon wat jy verdink ‘n man is, want jou doggie sal makliker vertroue in ‘n vrou het. Hulle sal spel terapie doen en so speel speel sal alles uitkom en sal sy ook begin heel word. Dit is verskriklik belangrik dat hierdie mensies hulp kry, soos jy weet kan dit jare later ‘n nagmerrie word wat jou lewe verwoes.
Ek hoop jy kry hulp, kontak my enige tyd ek is altyd daar.
PS my dogter was 4 toe dit met haar gebeur het en hulle kon dit uitvind en sy kon terapie kry en heel word, daar is hoop.
xoxoxo
My dogtertjie is amper vier. Tydens die April vakansie het ‘n maatjie by haar boeties kom kuier. Laataand het die ouers die kind kom haal, maar terwyl hulle hier was, het my dogtertjie vir my (voor die ander ma) kom se dat hulle lelike goed gedoen het. My kop was half mal, ek het haar gevoeter en bed toe gestuur. Die seun het alles ontken, maar die volgende dag het my meisiekind vir my vertel en gewys wat daar gedoen is. Ek het in haar onderklere gaan kyk, maar niks gekry nie. Hy het bo oor ha gele en beweeg. Haar pa het haar boetie gevra en hy’t gese dat dit wel so is, en dat die maatjie hom in die kamer vas gedruk en gese hy gaan hom slaan as hy vir ons vertel. Ons is tans nie meer huisvriende nie. Met die Junie vakansie het my meisiekind vir my skoonsus gese sy wil iets doen want ha niggie het dit met haar gedoen. My seun het dit vir die ouers gese, groot familietwis en verlede week word daar nou gese dat die niggie nie betrokke was nie, maar my kind se so.Dat my kind glo al aan die ander ouer niggie se borste wil vat. maar hoekom het sy dit nog nie met my probeer doen nie. Dit voel of alles net op my kind afgedruk word. Ek is net ‘n ma wat dinge wil keer en my kinders probeer beskerm teen die gevare van die wereld en siek mense. Nou word daar gese dat daar met my kind gepeuter word. Wat moet ek doen?
Ek raak heel angstig as ek al hierdie goed lees. Maar ek is bekommerd oor my seuntjie van 6. Hy is ‘n pragtige kind. Maar hy het ook begin verander van hy begin skool gaan het. Hy het sy naels begin kou, en krap gereeld aan sy privaatdele, selfs agter by sy boudjies. Ek ontwurm my kinders gereeld, so dit kan nie dit wees nie. Sy gedrag by die skool word beskou as ‘n stil en skaam. Maar by die huis is hy afknouerig teenoor my en sy broer van 10 en sy ouma. Hy is verskriklik erg oor hierdie ouma. Hy het vanoggend iets snaaks gedoen op die bed, wat my laat besluit het om hierdie brief te skryf. Sy ouma hulle en stiefbroer van 22 bly net langs ons, en hy gaan slaap gereeld oor by hulle omdat hy wil. Hy doen ander snaakse dinge wat nie vanpas is by ‘n kind van sy ouderdom nie… My man dink ons kind is net liefdevol, en dat niks fout is nie? Ek wil my kind net help en uitvind wat aan die gang is, maar wil dit nie op die verkeerde manier doen nie. Ek kort hulp asseblief.
Hi Hermien, die beste is om ‘n profesionel persoon so gou as moontlik te gaan sien. As jy in Gauteng is kontak die Teddy bear Clinic. Hugs
My hart is stukkend, ek moes dit gesien het, ek wil ‘n vrou mens vermoor, die verandering in my kinders die agresie seuntjie 2jaar en seuntjie 3jaar wat bly in sy bed piepie wat ons nie laat geslaap kry voor 11-1uur in die oggende, wat bang is, my jongste wat op sy tanne kners en skree en klap in die middel van die nag en Nee Nee nee skree, die feit dat my kind vanaand my vra ek moet ‘n pilletjie in sy holletjie in druk en dan my vertel hoe sy tannie vir sy boetie gese het om sy vingertjie in sy holletjie te druk.Wat maak ek behalwe moor hulle is 2 en 3, hoe kry ek bewyse, na ek vir 4jaar lank as kleuter gemolesteer was en dit uit die hof gegooi was toe ek 11 was oor onvoldoende bewyse. Wat maak ek, ek sien alles, my kind is gemolesteer deur hulle gunsteling tannie en ek het dit nie gesien nie.
Gee die saak aan en laat ‘n maatskaplike werker jou kiddies evalueer. Of die saak uit die hof uit gegooi word of nie, dit bly teen haar naam. Sy gaan nie ophou nie, en sal weer gevang word. Daarna kan die hof dit nie weer uitgooi agv onvoldoende bewyse nie. Sterkte, dis ‘n lang pad.
Goeiedag! Ek bly op ‘n plattelandse dorpie.
Einde verlede jaar is daar uitgevind dat die eienares van die kleuterskool op die dorp se man die kinders gemolesteer het. 3/4 van die kinders wat in die skool was is positief getoets vir molestering.
Wat my bekommerd maak is dat die oom toegang gehad het tot kinders vir die afgelope 35 jaar. Wat van dai kinders wat nie hulp gekry het nie en wat van die kindertjies se ouers wat in ontkenning lewe? Omtrent 75% van ons skool se kinders was in die spesifieke kleuterskool. Kan mens dalk ‘n berader kry wat met hulle kom gesels?
Ek het n probleem- en weet nie hoe om dit te hanteer nie.
Ek was nog altyd my pa se favorite – en daar het nooit enige molestering plaas gevind met my nie – ek was altyd die een met wie hy kon praat en ek was mal oor my pa ek sou eerder met hom praat as met my ma – ek het twee weke terug verby die swembad gestap en sy hand bo my dogter (10) se privaat dele gekry, ek weet nie of ek my verbeel nie maar hulle altwee was daarna verskriklik op hulle senuwees as ek in die omtrek is – ek het net gaan sit en huil in die toilet ek weet nie of ek my mis gis het of wat nie. Hoe kan ek seker wees want ek het vir haar gevra maar sy het in trane uitgebars en gese daar het niks gebeur nie. Ek was met vakansie vir n week en eendag in die winkel se sy vir haar pa “as jy nie vir iemand vertel nie – sal niemand weet jy lieg nie”
Wat doen ek, waar begin ek – hoe hanteer ek die situasie
My hart bly seer, om alles te lees en te weet dat die wereld vol gebeur, Ek het met die Tannie gepraat en sy het my verduidelik wat gebeur, die gedrag het ‘n paar maande terug begin, ek het lank gesoek om die man/vrou te kry wat besig is om my kinders te misbruik…en haar op ‘n plek gevang wat ek nooit sou verwag het nie, Pelle van ons het kom braai, tewyl ons braai broodjies maak toe hoor ons die geggigle in die kamer. Daar onder die kombers le my seuns 2 en 3 en hulle maatjie dogter’tjie van 5 Speel met hulle, die resultaat was heuwige geVeg en al 3 kinders ontvang nou hulp, dat hierdie vieslike gedrag kan stop! Weet dis nog labg paaie om te stap,maar hoekom? Sal ek nooit verstaan nie, daar waar jy le en misbruik word is jy bang, hoekom dan aan ‘n ander kind doen wat jy self deur is?
Ek het gewonder, of enige een dalk weet wat die tekens by babas is? My dogtertjie is al n week in n kleuterskool, die mense is baie nice, maar daar is n man wat ook daar werk, hy het wel 3 kinders al, maar eks maar net versigtig, sal dit baie waardeer as iemand asb vir my die tekens by n baba kan gee
My skoonsuster se dogtertjie is 11 jaar oud. Sy het bloederigheid in haar pantie gehad en haar ma het gesê sy het begin menstrueer. Ons is egter bekommerd oor die mense wat die huis deel met hulle. Die alkohol verbruik is iets verskrikliks en die meeste van die tyd weet hulle nie eers waar die dogtertjie is nie. Sy het verskriklike ‘mood-swings’ en wanneer sy iets vra en nie dit kry nie, gooi sy ‘n ‘tan-trim’ soos ‘n twee jarige. Haar skool werk het baie verswak. Sy krap ook gereeld onder by haar liggaamsdele en vra vreeslik vrae ook vreemde vrae oor seks. Ons wou al vroeër die welsyn inroep, maar my skoonma het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Enige voorstelle?
Skakel Childline, gee die nodige informasie. Hulle sal iemand profesioneel uitstuur en beste van als is dat jy anoniem kan bly. Sterkte
http://www.facebook.com/groups/abuseprevent/
As enige iemand belang stel om deel te word van ons fb groepie. Ons het “documents” geskep met inligting wat kan help in gevalle van child abuse.
Belinda, you cannot save the world – But you can save your own world.
Ek het ‘n neef wat my gemolesteer het toe ek ‘n dogtertjie was. (Hy is so 8 jr ouer as ek.) Hy is ‘n predikant en ek vermoed dat hy daardie beroep gekies het sodat hy toegang tot kinders kan he, en ook sodat hy in ‘n vertrouens posisie kan wees.
Toe ek ongeveer 30 was het ek ‘n sielkundige gaan sien om daardeur te kan werk. Tweede keer moes ek my man saamvat, hy gesels toe alleen met hom en se dat ek stories opmaak omdat ek verveeld is en dat hy my moet toelaat om ‘n stokperdjie te he.
Dit het my ‘n trek New Zealand toe, my huwelik en ‘n verdere 14 jaar gevat om weer iemand te gaan sien. Die berader (‘n man) het BAIE dinge in perspektief gesit, wat verdraaid was.
Met ander woorde: Dit sal altyd deel wees van jou lewe. Dis iets wat niemand net kan uitvee nie. Maar dit het my ‘n BAIE sterker mens gemaak en vandag weet ek dat dit nie saak maak wat die lewe in my pad gooi nie, ek sal daar deur loop (moontlik met ‘n glimlag).
I will be perfectly fine, because I have inner-strenght that a lot of others do not have.
Sterkte aan almal – hoop julle seer raak minder en dat julle die bedekte seën sal kan sien. Weet ook dat ek dit nie goed-praat nie. Ek KIES om voort te gaan en nie dit die fokus van my lewe te maak nie.
Boere-groete.
Daar het iets ontstellend met my gebeur, en ek weet nie of ek dit met erns moet hanteer… my dogtertjie is 3jaar oud. Ek, sy en haar sussie 7mnde, het op die mat gespeel toe sy skielik se “kom sit hier op my tottie” ?? Sy is ‘n dogtertjie, en waar dit skielik vandaan kom, is ‘n groot skok! Ek het dadelik met haar probeer praat, maar ek dink ek het haar afgeskrik, want sy het dadelik die gesprek probeer verander? Enige raad asb, want ek weet nie hoe om dit te hanteer nie….