![]()
Dis naweek vrinne? Wat is jou planne? Ek het so pas die liefde van my lewe by die werk afgelaai, gelukkig is dit nie elke naweek se storie nie. Ek moet eintlik net op standby wees, maar dis sinneloos om huistoe te ry en te wag om gebel te word, so ek is maar hier in die kantoor, daar’s altyd nog iets om te doen. Die dag het nogal die potensiaal om lank te word, want ‘n filmspan is veronderstel om voorbereidings te kom doen vir die skiet van ‘n nuwe Wimpy advertensie en ‘n lid van bestuur moet op die perseel wees. Die regiseur het my gister baie mooi belowe dat hy 14h00 hier sal wees en dat dit nie lank sal duur nie,
waar’t ek daai een al gehoor?
Die van julle ouens wat gaan ontspan of dalk vlooimark toe gaan of so iets doen, geniet dit, kom vertel bietjie van jou planne vir die naweek…

Dalk selfs ‘n beter plan, al vertel jy ons ook in die week, hoe lyk jou ideale naweek?








Ek gaan nou ontbyt eet en bad en al daai dit.
Lekker werk!
xxxxx)
Comment deur Katjie — Januarie 17, 2009 @ 8:57 vm
Thx sal maar try, lekker naweek, het bietjie tyd gehad om van jou vorige postings te lees, great stuff
Comment deur Ingrid — Januarie 17, 2009 @ 9:03 vm
So vitel my meer oor jou engel, want ek het mos ‘n muse. Sy is ook ‘n engel soms.
Comment deur katjiepiering — Januarie 17, 2009 @ 3:54 nm