Om die Kombuistafel

Oktober 31, 2009

31 Oktober 2009 – Dag van Feeste

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 8:10 vm

 Dit wil my voorkom dat vandag die dag van feesviering sover hierdie jaar is.  Net hier nevens ons in Pretoria is ek seker die vure brand reeds of is dit steeds van gister af.

bulls

cheetah

Ok, sorry ek hoor daar gaan nog ‘n span op die veld wees, toemaar in baie kulture is die normaal om ‘n fees deel van ‘n rou tydperk te maak.

Natuurlik vier die Amerikaners vandag ook hulle groot sweets eet fees – halloweenHalloween, so vir almal wat liggies in uitgeholde pampoene gaan sit, geniet dit en ek hoop die kinders kry emmers en emmers vol tjoklits.  As jy in SA ook ‘n kostuum of twee gaan uit probeer geniet die kind in jou, dis nie elke dag dat ons ‘n geldige verskoning het vir opdress nie.  O gonna, besef ek nou eers, dis mos so soort van ‘n oranje fees daai, hoop nie ek sal soos Platkuif vir die volgende dae van die virtuel scene moet verdwyn en my kop in skaamte laat sak nie.  Toemaar Kuifie ek glo dit sal nie vir ons nodig wees om te gaan wonde lek nie :lol:

Dan natuurlik vier my Wiccan vriende vandag Beltane in die Suidelike beltane16[1]halfrond.  To all of you:  Blessed Be, may each Maypole ring out the joy of new beginnings and may you dance the night away while honoring your god and goddess and their union together with the rebirth of all that is good and fruitful.

Hoe jy ookal vandag fees vier geniet dit en laat jouself toe om vir ‘n paar uur van die gewone stress en probleme te vergeet.  Kom ons noem vandag sommer stressfree day.  Speel saam met jou kinders en wees kind saam met hulle, kyk na iets nuuts in die tuin of in die part, al is dit net ‘n nuwe blaartjie en weet daar is elke dag baie om oor fees te vier.

Ek waardeer julle, al julle liefde en die wonderlike gees waarin ons hier oor dinge kan verskil en steeds vir mekaar kan omgee.  Ja, ek weet, fluffy bunny, is maar ok, hoor.

very_fluffy_bunny1

Oktober 30, 2009

Kom Braai Saam

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 7:54 vm

untitled

Blou – die mooiste mooiste kleur

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 7:09 vm

blou bulle 1

20080930105941steve

DSCF2022

♪♪♪!! Die Blou Bul eet nie van die vloer af nie
Die Blou Bul weet nie van verloor af nie
Die Blou Bul sukkel nie sy roer af nie
Nou vra jy my vir wie ek skree

Koor

Ek skree nie WP nie ek bly n Bul
Ek skree nie OP nie ek bly n Bul
Ek skree nie Vrystaat nie ek bly n Bul
Laat staan die Sharks en die Leeus en die hele bleddie spul

Die Blou Bul tjank nie by sy pa hulle nie
Die Blou Bul tjank nie by sy ma hulle nie
Die Blou Bul tjank nie by die pale nie
Nou vra jy my vir wie ek skree

Koor

Ek skree nie WP nie ek bly n Bul
Ek skree nie OP nie ek bly n Bul
Ek skree nie Vrystaat nie ek bly n Bul
Laat staan die Sharks en die Leeus en die hele bleddie spul

Die Blou Bul rol hom nie n mielie nie
Die Blou Bul kan hom ok nie kielie nie
Die Blou Bul is hy nie n bielie nie
Nou vra jy my vir wie ek skree

Ek roep vir Frik du Preez hy sal my hoor
Ek vra vir Thys Lourens bly op my spoor
En gee vir Naas Botha hy skop hom oor
Nou vra jy my vir wie ek skree

Ek sit vir Fanie voor kan jy hom vang
Ek het vir Ruben oor maak hy jou bang
Vat Uli Smit jou vas los hy jou mank
Nou vra jy my vir wie ek skree

Ek pas vir Moaner in kan jy hom vat
Na Hansie Breewis toe hy’s gans te glad
Ek pass vir Josie uit jy maak jou nat
Nou vra jy my vir wie ek skree

Die Blou Bul eet nie van die vloer af nie
Die Blou Bul weet nie van verloor af nie
Die Blou Bul sukkel nie sy roer af nie
Nou vra jy my vir wie ek skree

Koor (X4)

Ek skree nie WP nie ek bly n Bul
Ek skree nie OP nie ek bly n Bul
Ek skree nie Vrystaat nie ek bly n Bul
Laat staan die Sharks en die Leeus en die hele bleddie spul ♪♪♪!!

Dear Grim Reaper,

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 6:53 vm

 grim_reaper

So far this year you have taken away my favourite dancer Michael Jackson.

michael-jackson_0_0_0x0_320x306

My favourite actor Patrick Swayze.

patrick-swayze-two-years1238341040

And my favourite singer Stephen Gately.

stephen_gately

Just so you know, my favourite politician is Julius Malema.

julius-malema

Oktober 29, 2009

Tags

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 10:01 vm

Ok, julle het julle oranje beurt gehad, net omdat ‘n vriendin verjaar, wil nie se alles sal die hele dag oranje wees nie. :lol:

Bierpens kom nooi my om hulle daar op die plaas te gaan vertel van my Avater, (http://kekkel.wordpress.com/2009/10/29/avitars-ontleed-wie-is-jy/) sal so maak Pensie, het vroeg al gaan lees wat  julle als daar kwyt raak.  dit het my egter laat dink aan iets anders, iets waaroor ek al geskryf het, maar daar is weer ietsie wat krap en julle weet hoe seer my voete kan raak van klippers.

Tags, hoe dikwels tag ons iemand?  Ek praat nie van ons blogger tags om te vertel van dorpe ens nie, ek praat van etikette en ander seermaak dinge wat ons aan mens kom vasplak.

Ek loop nou op baie dun ys hier, want ek wil ook nie ‘n cybermaat seermaak nie, so asb. dis nie op niemand persoonlik bedoel nie.  Daar gaan tans ‘n email rond waarin letters geskommel word en ander woorde gekry word.  Nou oor die algemeen kan dit redelik grappig wees om so iets te doen, maar dalk omdat ons self al ‘n hele paar goed genoem is a.g.v. die keuse wat ons gemaak het om saam te wees, weet ek dat so iets kan seer maak.

Die punchline van die email is dat as jy die letters skommel van Caster Semenya die volgende woorde verskyn:  yes a secret man.  Nou gewoonlik sal ek so iets aflag en aangaan, maar ek het hierdie selfde mail seker 10 of meer keer gesien en dit het my net skielik getref hoe wreed ons is met ons grappe, hoe ons soms iemand anders se bittere seer kan gebruik om ons te laat lag. 

caster-semenyaEk het nie lank gelede op die bandwagon gespring oor hierdie kind se gemors wat deur ASA veroorsaak is nie.  Kan jy dink as jy jou hele lewe as een geslag gelewe het en nou kom krap en grou hulle letterlik in jou lyf rond en as hulle klaar is vertel hulle jou, jy’s eintlik ‘n ander geslag.  Ek se jou die meeste hoogsgekwalifiseerde mediesie en sielkundiges sal sukkel om so iets te verwerk, wat nog van ‘n kind uit ‘n klein plekkie met min blootstelling aan die wereld en al wat sy wou gedoen het was om te hardloop en haar land trots te maak, toe verander daardie trots in die diepste seer en skaamte. :(

avatar

 

Veels geluk!

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 7:42 vm

Veels geluk liewe Maakie♪♪♪!!

♪♪Omdat jy verjaar♪♪♪!!

♪Mag die Here jou seën, en nog baie jare spaaaaaaaaar!!!♪♪♪♪

Ek kry vanoggend 3 chomps van ‘n verjaardagmaakie af, ek wil vir met julle deel en vir haar ‘n spesiale een terug gee:

chompC – Christus
H – Help
O – Ons
M – Met
P – Probleme
So, as dinge dalk vir jou moeilik raak vandag, gryp ‘n CHOMP!!

Sommer net vir jou Cupcake is die hele posting oranje… Lekker verjaar, en moenie huil nie, jong daar’s sommer nog tyd om ‘n 1 voor daai twee syfertjies te gaan sit. :lol:

witch-1

Oktober 28, 2009

Steve Sê: Entries

Filed under: Steve — ingrid @ 1:26 nm

Cheetahs

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 1:16 nm

Net om julle te wys ek kan oulik wees, maar onthou kyk net wie hardloop voor: :evil:

BRIAN HABANNA & CHEETHA

Jy moet nog baie jonk wees om in sekere feeverhale te glo: :lol:

New Image

Pancakes

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 10:42 vm

Ek kry hierdie emails al baie lank, maar het nog nooit een hier kom deel nie.  Die laaste ruk is ek nie baie goeie geselskap nie, maar ek voel tog skuldig as ek na die stats kyk en sien daar is mense wat hier kom inloer en dan kry hulle ‘n lee skerm.  Net vir julle vandag hierdie een:

pancakes

Oktober 26, 2009

BLOU KOORS

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 9:23 vm

blu

Volgende Blad »

Blog at WordPress.com.