Om die Kombuistafel

November 2, 2009

Naweek chaos

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 9:27 vm

Vriende en Vriendinne

chaos_theory_bAs julle na die prentjie kyk, se dit so effe hoe my naweek was.  Vrydag was spog aand by die skool en Amber kry ‘n sertifikaat vir hokkie, baie nice, gelukkig kon ons vroeg loop, want die weer was nie bedoel om in die aand in die strate te loop nie.

Saterdagoggend is ek gou kantoor toe, want dis my beurt om by die werk te wees en die res van die dag is ek op bystand, die res van die bestuur het gaan team build, kiepie het die prys gewen om te kyk dat die wielietjies nie van die karretjie af val nie.  Hannie en die kinders is by die huis en hulle pak solank, want Sondag is die groot trek.  Teen Saterdag middag bel iemand en nooi ons om te gaan rugby kyk by hulle huis, klink ok, daar’s maats vir die kinders en dit sal seker goed wees om bietjie uit te kom.  Dis die eerste keer dat ons saam met die mense kuier (by hulle huis), maar ons het nog altyd goed oor die weg gekom en chat lekker as ons mekaar raak loop.

Toe is dit nie ok nie.  Daar is ‘n oorvloed drank en dis nie lank nie of die stryery begin.  Die persoon wat ons sou huistoe neem het toe ook reeds ‘n paar glase gedrink en die gasvrou stel voor dat ons in hulle gastekamer slaap.  Quinton getrou aan sy aard wil teen 20h00 gaan slaap en ek gaan sit hom in die bed neer.  Die party gaan aan, maar in hierdie stadium het die gasvrou nog die presence of mind om te sien dat ons dit nie geniet nie en sy verstaan toe ons se ons is regtig jammer, maar sal sy ons verskoon ons is so effe moeg. 

Teen 23h30 breek ‘n lawaai los, net toe ons dink dis nou rustig, iemand het iemand se kerel probeer afvat.  Kinders begin skree en Hannie gaan kyk wat gaan aan, sy kom met ‘n klein huilende dogtertjie in haar arms ingestap, die se ma se kerel wil waaragtig in ‘n geveg betrokke raak terwyl hy die kind in sy arms het.  My kinders slaap, gelukkig word hulle nie wakker nie.  Teen 1 uur die oggend maak ek my kinders wakker, draai Quinton in ‘n kombers toe en trek Amber se baadjie aan en ons stap huistoe.  Eerder die gevaar van ‘n paar donker blokke in die middel van die nag in Johannesburg as die emosionele trauma van wat daar aangaan.

Teen 6uur Sondag oggend sms die vrou om te se sy hoop ons het lekker gedux en dat so iets nog nooit by haar huis gebeur het nie.  Van hulle bure kom sien my, sy’t ons sien loop en sy se sy’t geweet ons sal nie daar inpas nie.  Sy weet nie wat om te doen nie.  Die gasvrou se kinders huil glo gereeld en Saterdag nag nadat ons weg is het sy gehoor hoe een van die kinders herhaaldelik na sy ma roep en hoedat ‘n mans persoon vir haar se dat sy nie na die kind toe sal gaan nie. 

Ek het dit al hier gese en ek vra weer mooi, asseblief as jy so iets hoor bel die polisie en as hulle nie reageer nie, hou aan om hulle te irreteer, maar kry hulp, volgende keer kan daardie selfde kind dalk dood wees en wat gaan jy vir jou gewete se, never mind enige iemand anders, jy sal daardie kind se stem die hele tyd hoor roep…

Gisteraand le ons rustig in ons nuwe kamer en luiste hoe die kinders langsaan slaap en toe besef ek hoekom ons dit moes beleef het Saterdagnag, al het ek amper die nag omgehuil:  Die les wat die Kosmos my wou leer was:  “Onthou waar jy vandaan gekom het, kyk net hoe ver het jy gekom en hoeveel het jy gegroei.”  Ek kan vandag uit my hart uit dankie se, dankie vir die sleg wat daar in my lewe was, want as dit nie daar was nie sou ek nie die juweel wat ek nou in my lewe het soveel waardeer het nie.  Dankie dat ek weet ek sal nooit ooit weer toelaat dat iemand wat drank misbruik my verniel nie, nie emosioneel of enige manier nie, ek sal uit loop en sorg dat my gesin veilig is.  Ons harte was seer omdat die twee klein dogtertjies Saterdagaand by hulle pa op die plaas was, maar Sondagoggend kon ek selfs daaroor dankbaar wees, want anders moes ons met nog twee kinders “gevlug” het, nie dat dit my sou gekeer het nie.

Ek het Sondagaand ook vir die vrou gese:  “Ek’s nie kwaad vir jou nie, wat jy doen is verkeerd, ek wil net nie deel wees van so ‘n set-up nie, moet my asseblief nie weer nooi nie, want ek sal nie weer kom nie en wees gewaarsku ek hou jou persoonlik dop, ek sal nie huiwer om jou te verkla as ek vermoed jou kinders word mishandel nie, ek duld dit nie.”

Mag julle ‘n rustige week he vol liefde en vrede.

Copy of ingrid

Bulle Bo!!!!!!!

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 7:06 vm

Veels geluk aan die Bulle, julle het dit oor en oor verdien.  Pretoria vriende, onthou die victory parade wat 8h30 by Loftus begin.

1664_2

SteynMorneDuPreezFourie091031TrophyGbg

Blog at WordPress.com.