
Gistermiddag sit ek saam met ‘n vriend en koffie drink toe ek die volgende sms ontvang:
15h18 ‘n Jaar terug het jou dogtertjie na my toe gekom en kon sy nie behoortlik tel nie. Verlede jaar het sy ‘n 1 vir haar nasionale assessering gekry. Ek is so trots op ha. Sy het ‘n 4 die jaar vir gesyferdheid. Jy kan ma trots wees. Madelein
Ek is trots en so oneindig dankbaar. Vra jy my of gay verhoudings sleg is vir kinders – ek weet nie, maar ek weet dat die verhouding en gesin waarin my kind groot word goed is vir haar…
Madelein, vir jou vandag ‘n groot bos heldergeel sonneblomme om jou lewe te vul met dieselfde sonskyn waarmee jy my Amber se lewe gevul het, jy’s ‘n juffrou duisend en wens daar kon nog duisende soos jy gewees het.
Hannie, my engel, jy het vir ons vrede en stabileit gebring, vir jou het ek nie genoeg woorde en is daar nie genoeg blomme om dankie te se nie.
Amber, ons is so trots op jou en baie lief vir jou.












