Pretoria 154 Afrikaanse
Musiekfees – Toegang
gratis!
14 November 2009
08:00-16:30
Voortrekkermonument




Toegang is GRATIS. Geen besprekings is nodig nie. Bring net ʼn opvoustoel en kom geniet die dag saam met AfriForum. Daar sal ook stalletjies met eet- en drinkgoed wees. U is welkom om ʼn piekniekmandjie te bring.
Die volledige lys van kunstenaars wat optree is: Lianie May, Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Arno Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Gerrie Pretorius, Jakkie Louw, Fredi Nest Guillaume, Vaughan Gardener, Beeskraal, Mel Botes, Adam Tas, Kevin Leo, Ghapi, Andries Botha, Diesel & die Dats, Leon Ferreira, Saarkie, die Bredell Boere-orkes en Zandré.
Sean Else – medeskrywer van die liedjie De la Rey en van die Ons vir jou-musiekblyspel – gaan as seremoniemeester optree.
Navrae: Skakel AfriForum by 086 10 200 30.
Vriendelike groete!
Kallie Kriel
AfriForum








Ek dink dit gaan puik wees! jammer ek bly so ver weg
sien ou muskietogies gaan ook daar wees, wonder of hy weer sy grappies daar gaan uithaal?
Comment deur Smurf — November 3, 2009 @ 11:28 vm
Goeie vraag Smurf, gewoonlik is sulke mense bang om dit wat hulle agter iemand se voor hom ook te se.
Comment deur ingrid — November 3, 2009 @ 11:31 vm
*sug* Ek en Haasdas sal daar wees in gees …. is nog bietjie koud die kant om nou al te begin swem en ons werk nog aan ons fitness
Comment deur Cupcake — November 3, 2009 @ 11:53 vm
Ek en juffie sal daar wees!!! Die keer vat ek ‘n sambreel, sonbrand olie, genoeg geld, genoeg drink goed saam!!
Besoek gerus my nuwe meermin kombuis blog. Het heelwat resepte opgesit net nou. http://handsonaddson.blogspot.com/
Comment deur meermin — November 3, 2009 @ 12:27 nm
Gaaaaaaan Ghappi ook daar wees? Dan is ek baie beslis daar!!!!!!!!!!!
Comment deur meermin — November 3, 2009 @ 12:28 nm
Ja Meermin jy sal moet sorg dat jy vroeg gaan sodat jy heel voor kan sit.
Toemaar Cupcake my hartjie is stukkend sou sooooooooo graag wou gaan, as dit nog op die plein was soos die eerste jaar was ons daar, maar om met openbare vervoer te try sukkel van die stasie af monument toe sal nie werk nie.
Comment deur ingrid — November 3, 2009 @ 12:57 nm
dit klink soos ‘n lekker gathering
dit is net jammer Hurie, Els, David Fourie en Robbie Klay perform nie…anders was ek defnitief in die front row gewees
Comment deur platkuif — November 3, 2009 @ 4:50 nm
Kuifie, Hurie? Nie geweet jy’s a fan nie.
Comment deur ingrid — November 5, 2009 @ 6:40 vm