
Dit is hoeveel dae daar nog oor is voor die troue, so as julle in die volgende weke begin wonder oor my sanity, kom ons blameer dit daarop dat my brein nie by alles kan byhou nie, as die troue verby is sal ons ‘n volgende verskoning gaan soek
Ek hoop julle het ‘n amazing naweek gehad. Ons was rustig by die huis gewees, toegegooi onder Organza, satyn, krale en daai soort dinge…
Baie dankie vir almal wat verlede week kom saam praat het, dankie ook vir die debatte op anders blogs, dis goed om te verskil en dis wonderlik om julle liefde en omgee te voel nie net hier nie, maar ook op ander plekke.
Sammi, Smurf, Wipneus, sommer almal van julle en natuurlik Cupcake se nice mails, dis goed om julle hier aan die anderkant van die skerm te he. Natuurlik sonder Meermin sal ons menige aand nog wonder wat om te eet. Dit was ook lekker om daar op die plaas by Pensie en sy vrinne te kuier net soos by Herrie Merrie. Ogies, ek lees jou blog van my sel af, so laat in die nag, wanneer alles stil is, ongelukkig kan ek nie van daar af comment nie, die simpel ding wil my nie eers toelaat om iets hier te doen nie. Geluk met die blinkogies se verjaardae, jou herdenking en ‘n groot hug vir jou, ek hoor jou hart, vriendin…
Mag elkeen ‘n great Maandag he, hoop die reen het sommer al die blou weggewas.

Ons kuier dalk weer netnou saam, ek sal kom inloer om te sien wie drink koffie, Willa2, dankie vir jou eetgoed, maar ek sal op ‘n serious diet moet gaan vir die volgende 40 dae, o gonna, nee langer, want die honeymoon kom mos eers in Januarie, Parkes1 jy’s ‘n groot blink ster.
