Om die Kombuistafel

November 11, 2009

Wipneus

Filed under: Uncategorized — ingrid @ 7:15 vm

2heartsHoeveel keer gaan ek dit nog se?  Julle liefde en omgee omring my soos sagte misreen in die somer.  Ek het geweet daar is van julle wat saam met my hartseer was gister, daarom wou ek so graag he julle moet deel in die rustigheid wat ons gevind het.  Dit was nie vir my moontlik om ‘n posting of selfs ‘n comment van my selfoon af te doen nie, dus was die enigste oplossing om ‘n vriendin te kontak en weereens het Wipneus tot die rescue gekom.  Sy’t soos altyd daai ekstra myl geloop en nie net die boodskap dat alles weer reg is kom oordra nie, sy’t sommer hier afgestof en dinge weer mooi gemaak.  Ek’s nie ‘n IT kenner nie, kan maar net in word tik, copy en paste en so bietjie Excel dinge doen.  Baie dankie vriendin, jy’s ‘n staatmaker en die beste babysitter wat ek ooit sou kon he vir hierdie kind van my, nee sommer interior decorator ook nog.

OK, die nuus wat Wip julle so vinnig kom vertel het is waar!  Ons kon ‘n birds-n-ribbonbehulpsame man opspoor wat wel reeds ‘n vol dagboek in Desember het, maar wat bereid was om sy Sondagmiddag op te offer van Pretoria af Johannesburg toe te ry en die seremonie vir ons te kom doen, natuurlik teen betaling, dis Afrika :lol:   Dit was reeds die hele probleem met sulke kort kennisgewing en almal wat reeds verpligtinge in Desember het was dit moeilik om iemand in die hande te kry.

weddingbellsOns het ook twee moontlike venues gekry, ‘n kollega het hulle huis aangebied en tannie Jane het ook gisteraand haar huis aangebied.  Ons waardeer beide aanbiedinge, daar is egter so effe probleem, Kollega se plek is kleinerig en tannie Jane sal met vakansie in die Kaap wees, so dit voel so soort van soos indringing terwyl sy weg is.  Ek het so ‘n paar emails uitgestuur om te kyk watter ander plekke ons dalk kan reel, maar weereens die meeste plekke is reeds bespreek.  Ten minste weet ons;  nog ‘n struikelblok is oorbrug.

Groetnis tot later

28-victory

Blog at WordPress.com.