Hoeveel keer gaan ek dit nog se? Julle liefde en omgee omring my soos sagte misreen in die somer. Ek het geweet daar is van julle wat saam met my hartseer was gister, daarom wou ek so graag he julle moet deel in die rustigheid wat ons gevind het. Dit was nie vir my moontlik om ‘n posting of selfs ‘n comment van my selfoon af te doen nie, dus was die enigste oplossing om ‘n vriendin te kontak en weereens het Wipneus tot die rescue gekom. Sy’t soos altyd daai ekstra myl geloop en nie net die boodskap dat alles weer reg is kom oordra nie, sy’t sommer hier afgestof en dinge weer mooi gemaak. Ek’s nie ‘n IT kenner nie, kan maar net in word tik, copy en paste en so bietjie Excel dinge doen. Baie dankie vriendin, jy’s ‘n staatmaker en die beste babysitter wat ek ooit sou kon he vir hierdie kind van my, nee sommer interior decorator ook nog.
OK, die nuus wat Wip julle so vinnig kom vertel het is waar! Ons kon ‘n
behulpsame man opspoor wat wel reeds ‘n vol dagboek in Desember het, maar wat bereid was om sy Sondagmiddag op te offer van Pretoria af Johannesburg toe te ry en die seremonie vir ons te kom doen, natuurlik teen betaling, dis Afrika
Dit was reeds die hele probleem met sulke kort kennisgewing en almal wat reeds verpligtinge in Desember het was dit moeilik om iemand in die hande te kry.
Ons het ook twee moontlike venues gekry, ‘n kollega het hulle huis aangebied en tannie Jane het ook gisteraand haar huis aangebied. Ons waardeer beide aanbiedinge, daar is egter so effe probleem, Kollega se plek is kleinerig en tannie Jane sal met vakansie in die Kaap wees, so dit voel so soort van soos indringing terwyl sy weg is. Ek het so ‘n paar emails uitgestuur om te kyk watter ander plekke ons dalk kan reel, maar weereens die meeste plekke is reeds bespreek. Ten minste weet ons; nog ‘n struikelblok is oorbrug.
Groetnis tot later









Ingrid ek is so bly dat dinge weer begin in plek val, alles sal regkom, sterkte daar en ons hou almal duime vas vir die regte venue!
Ja nee dis mos onse Wipneus !
… die mooimaak en afstof ding is sy goed mee
… onthou net sy doen nie vensters nie!
Comment deur Smurf — November 11, 2009 @ 11:31 vm
Comment deur ingrid — November 11, 2009 @ 11:35 vm
Ai sterkte daar maatjie. Dis gewoonlik die laaste nippertjie reelings wat die ergste spanning plaas. Maar juis deur al die moeilikhede maak dit dat ‘n mens nie sommer skei nie, want ‘n ou wil sowaar nie weer daardeur gaan nie. Julle gaan mekaar net nog meer waardeer en lief he.
Dankie Wipneus, jy bly maar ‘n vriendin duisend.
Comment deur Willa2 — November 11, 2009 @ 2:58 nm
Baie dankie Willa2, baie waar woorde van jou daardie, ten minste sal ons nie met die eerste probleempie weghol en mekaar los nie. Nog iets wat ons nou ook al reeds goed geleer het is hoe die ander persoon in ‘n krisis optree en hoe jy nie jou maat los om alleen swaar te kry nie.
Comment deur ingrid — November 11, 2009 @ 3:21 nm
Dis altyd ‘n plesier Ingrid en al die kombuistafel lesers
Jip ja net soos Smurfie vertel ek doen ongelukkig nie vensters, skottelgoed en vloere polish. It’s not in my job description.
Smurf hou my so besig met gewere en stewels poets, dis ‘n voldag werk!!!
Ingrid ek is bly alles het so mooi uitgedraai.
Comment deur Wipneus! — November 11, 2009 @ 3:50 nm
Ja nee Wippy ek duld nie slordige troepe nie!!
Ons moet ten alle tye paraat wees!
Comment deur Smurf — November 11, 2009 @ 5:01 nm
en so vang julle my uit sal moet skoene poets
Comment deur ingrid — November 12, 2009 @ 6:54 vm
Smurf het haar eie army gestig Ingrid
En ek het nogal hoë rang daar gekry!!! whahahahaaa
Lekker dag.
Comment deur Wipneus! — November 12, 2009 @ 7:10 vm
Nou verstaan ek die trou ding… (klaasvakie lees maar van onlangs hier)
Jinne dis exciting! Julle moet lysies maak van wat julle nodig het en dalk… net dalk…wie weet… kan een van ons help of raad gee!
Comment deur Girl van die Suburbs — November 12, 2009 @ 9:26 vm
Thanks Girl. Jongie eintlik is amper alles in plek. Ek soek net nog na ‘n mooi plek om te trou. Die vorige venue was ideaal, op ‘n plaas by Fourways, dit sou mooi buite in die tuin onder die bome kon wees. Ons sou ook nie veel worry oor blomme nie, want die tuin sou self die backdrop wees vir alles, nou kom elke mail wat ek uitstuur terug, fully booked of die plekke cater nie vir sulke klein groepe nie ons sal nie meer as 20 wees nie. Ander plekke wil nie he die kos moet van buite af ingebrig word nie, ek verstaan hulle is bang iemand word siek en hulle naam word daaraan gekoppel. As die prys redelik is, is dit goed, maar sommige plekke se catering is net te duur. Dit was nie deel van die begroting gewees nie.
Die dominee is van Pretoria, so ons het nou al begin praat dat al kan ons ook ‘n plek in of tussen Jhb en Pta kry dit ook ok sal wees, dan betaal ek minder vir reis koste vir die kerkman en dit kan weer vir die venue gaan of so iets.
Cupcake sou bitter graag in die land wou wees om te help, sy’t contacts en ken van plekke, maar nou’s sy baie ver weg in die reen.
Dankie dat jy saam met ons opgewonde is.
Comment deur ingrid — November 12, 2009 @ 9:42 vm
Great as julle planne dan vorder! Dis verseker ‘n blessing dat julle altwee daaraan kan werk en julle het mekaar nog nie aangerand uit frustrasie nie!
Ek hoop ons kry immmers kiekies van die groot dag!
Comment deur Girl van die Suburbs — November 17, 2009 @ 11:58 vm
Kiekies die sal julle kry. Weet nog nie mooi wie gaan dit neem nie, die fotograaf se vrou werk saam met Hannie en het kom vertel dat hy dit nie sal kan doen nie omdat die tyd verander het en hy reeds ander verpligtinge het, maar al is dit gewone digitals hulle sal daar wees.
ek kan baie moeilik wees as ek begin voel ek verloor beheer en arme Hannie het Job se geduld sy’t nog nie eenkeer gewys dat sy kwaad word vir my streke nie, dalkies is sy net ‘n goeie actor
Nee in all fairness sy’s great, ‘n beter bron van ondersteuning sal ek nerens kan kry nie.
Die doodmaak deel, dis eintlik ‘n wonderwerk dat ek nog hier sit en tik
Comment deur ingrid — November 17, 2009 @ 12:09 nm