Beskermingsbevel

Ek skryf hierdie weer onder leiding van die vrae wat gevra word deur mense wat search op Google.  Dit is toevallig iets waaroor ek baie sterk voel soos julle wat gereeld  hier kuier sal weet.  Dit is jou reg om veilig en beskermed te wees.  Niemand allermins iemand in jou familie het die reg om jou andersins te laat voel nie.

Hoe kry ek ‘n beskermingsbevel?  dit was die vraag wat hierdie skrywe laat gebeur het.

Wat is ‘n beskermings bevel?

Dit is ‘n bevel wat deur die Domestic Violence Court uitgereik word wat die persoon teen wie die bevle is vebied om enige skade aan jou te doen.  Die hof sal gewoonlik ‘n tydelike bevel uitreik wat onmiddellik van krag is wat dan later permanent gemaak sal word.

Wie mag die hof nader?

Jy moet die klaer in die saak wees en om dit te kan wees moet of moes jy in ‘n verhouding met die ander persoon gewees het, of is jy steeds in so ‘n verhouding.  Jy moet ook tans of reeds onderworpe wees aan dade van familie onrus, insluitende enige kind/ers in die sorg van die klaer. 

Wat is ‘n familie verhouding?

(a) die persone was of is getroud, insluitende ‘n huwelik volgens enige wet, gebruik of geloof.

(b) hulle bly saam in ‘n verhouding gelykstaande aan ‘n huwelik, alhoewel hulle nie tans of voorheen getroud was nie. 

(c) hulle is die ouers van ‘n kind of die persoon verantwoordelik vir die kind 

(d) hulle is familielede, beide deur bloedverwantskap of aanneming 

(e) hulle is of was verloof, in ‘n romantiese verhouding, intiem of seksueel vir enige tydperk 

(f) hulle deel of het onlangs dieselfde eiendom bewoon.

Wat is familie onrus/mishandeling?

(a) fisieke mishandeling;

(b) sexuele mishandeling;

(c) emosionele, verbale en sielkundige mishandeling;

(d) ekonomiese mishandeling; (interessant, inkomste mag nie alles op een persoon vermors word nie)

(e) intimidasie;

(f) harassment;

(g) stalking;

(h) skade aan eiendom;

(i) toegang tot die persoon se eiendom sonder toestemming, waar die partye nie dieselfde eiendom deel nie (onthou jy kan ‘n deel van jou gedeelde eiendom as nie toeganklik laat beskryf, i.e. jou slaapkamer)

(j) enige ander beherende of mishandelde optrede teenoor die klaer.

Wat om te doen:

Stap 1 …

Skryf alles neer, wees spesifiek t.o.v. die datums, mense betrokke en tye.  Neem jou tyd wanneer jy al hierdie goed neeskryf.  Onthou om ook enige mishandeling teenoor jou kinders hier neer te skryf.

Tip: As jy die vorms by die hof gaan invul, skryf eers alles rustig op ‘n papier neer, jy gaan op jou senuwees wees wanneer jy die amptelike dokumente invul en mag dalk iets vergeet. Neem soveel moontlik inligting van die persoon teen wie jy die bevel wil kry saam, ID, werks en huis adres ens. 

Stap 2 …

Gaan na die Domestic Violence Court naaste aan jou.  Die klerk van die hof sal die nodige dokumente aan jou verskaf.  Gebruik die inligting wat jy in Stap 1 neergekryf het om die vorms te voltooi.  Moet niks wegsteek nie, maak seker dat alles akkuraat neergeskryf nie.

Handig die vorms terug aan die klerk van die hof wat die voltooide dokumente na ‘n landros sal neem.  Die landros sal ook ‘n onderhoud met jou voer en een van drie dinge kan gebeur:

(a) Die landros kan die saak uitgooi wees ‘n gebrek aan bewys dat daar mishandeling plaasvind (dit sal slegs in hoogs uitsonderlike gevalle gebeur)

(b) ’n Tydelike bevel sal uitgereik word om die teenstander die kans te gun om sy/haar kant te stel. (dit is gewoonlik wat gebeur) of

(c) Die saak word uitgestel sonder ‘n tydelike bevel om die ander persoon die kans te gee om te reageer (weereens gebeur dit nie baie maklik nie)

ONTHOU:  die tydelike bevel is slegs van krag indien dit op die persoon bestel is, maak dus seker dit gebeur so gou moontlik

Stap 3…

Die prosedure wat nou volg hang van die betrokke hof se prosedure af.  Die klerk van die hof mag die dokumente aan jou gee om na die SAPS of die balju te neem sodat dit aan die respondent betoon kan word.  Indien dit gebeur maak seker dat die betrokke persone aan jou bewys lewer dat dit wel afgelewer is

Die SAPS vra nie geld om hierdie taak uit te voer nie, terwyl die balju wel ‘n fooi vra. 

Indien die persoon hierdie bevel oortree, meld dit onmiddellik by die naaste SAPS kantoor aan.·

Gaan terug hof toe op die datum verskaf waar die hof dan sal beslis of die bevel permanent gemaak moet word.

 Sterkte en onthou, dis jou reg om veilig te wees, maar dit is ook jou plig om te sorg dat jy en jou kinders veilig is.  Sorg vir jouself, niemand anders sal dit vir jou doen nie.  Ongelukkig het dit ‘n waarheid in hierdie en soveel ander lande en gemeenskappe geword.

5 comments to Beskermingsbevel

  1. meermin says:

    Ingrid hierdie bevel beskerm jou nie altyd nie!! Ek het ook een maar dit beskerm jou nie noodwendig nie, dit is net ‘n stuk papier. Ek het een jare terug gekry teen my eks vir gesinsgeweld, meer hoef ek nie te sê nie!! :cry:

  2. Ingrid Marais says:

    Meermin, wat jy praat is waar. Dit hang af of iemand belangstel om dit uit te voer, ek praat nou van die SAPS. Ek het ook een, maar die kere toe ek hulle gebel het, het hulle hom kom haal en na sy vriende gevat waarna hy net nog meer gedrink terug gekom het of hulle het een keer die vermetelheid gehad om vir my te sê ek moet sorg dat ek en my kinders na ‘n veilige plek gaan, dat hulle sal terug kom om te kom kyk of ek wel gegaan het. Dit is baie sad, net soos wat ‘n landros vir my gesê het kindermolestering is nie iets vir die howe nie, dis ‘n morele saak wat deur die kerk hanteer moet word! Die man is later wel vasgevat nadat ek by my prokureur en die staatsaanklaer gaan kla het, maar hoekom moet ons altyd eers tot sulke uiterstes gaan?
    Dan aan die ander kant weet ek ook van ‘n man wat sy vrou gevloek het nadat daar in so ‘n bevel gesê is dat hy geen verbale geweld mag gebruik nie, die ou is tot 3 maande gevangenestraf of ‘n boete van R5 000 gevonnis, so kom ons glo daar is nog hoop iewers.

  3. Jacques du Plessis says:

    Ek rig die skrywe aan oor die onreg wat false leuns die situasie ongereg plaas op die verhouding tussen ma en kind en pa en kind.Ek het n beskermings bevel bekom as man net om die verbale uitbarstings en vloeke voor my kind te stop en om hom as n drie jarige nie aan bloot gestel mag word nie en glo tot vandag dit is die regte ding om te doen as een van die partye beite beheer raak in gevloek en geskel en net fiesies geweldadig wil raak.Ek is toe met n teen beskermings bevel toegedien en dit plaas so n moeilike situasie op my kind se op klim en af klim want ek maG NOU GEENSINS die erf betree om hom op te tel of af te laai nie. Dit is egter nie die groot probleem nie maar wanneer dit reen of wanneer hy slaap wil sy glad nie van haar kant af my kind na die motor bring of neem wanneer die weer sleg is nie en wanneer hy slaap weier sy dat ek hom indra en dat sy hom kom haal en sodoende moet ek my kind wakker maak . Onreg net teenoor my kind alleenlik. Ek het nog nooit my bevel ontagsaam nie maar ek het al twee keer by die polisie gewees om haar aan te gee en ek wil haar nie in hegtenis laat neem daaroor nie maar het die polisie gevra om haar te gaan waarsku en haar die erns van die saak laat verduidelik en dit is nou stiller.
    My kind is die enigste een wat as gevolg van groot mens probleme benadeel word .

  4. Marie de Jager says:

    Ja, my kind gaan ook nou n bevel kry van die polisie. Kan hy sy werk verloor? Kry hy ‘n kriminele rekord? Ek wil net graag weet asseblief, as daar iemand is wat weet.

  5. Santie says:

    Ek is geskei van my man in 2004, ek sukkel gereeld om sy onderhoud te kry. Ons kan glad nie meer met mekaar oor enige iets praat nie. Die vernedering na 15 jaar soek hy kamma bloedtoetse vir die kinders alhoewel hy die een was wat rondgeloop het. BLEIKBAAR WAS DIE SAP hier gister om n beskermingsbevel op my te kom beteken??? Ek verstaan dit glad nie ek is weer getroud met n fantastiese man, my kinders is gelukkig en daar is geen geweld in ons huis nie. As iemand my asb kan verduidelik baie dankie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s