Stats

Dagsê

Bosveld girl die een is spesiaal vir jou.  Ek kon nie veel inligting kry wat ouer as 2007 is nie, dit wil lyk of daar nie toe veel stats gehou is nie, ook asof die grootste teiken toe die olifante was en die fokus nie so sterk op die renoster was nie, maar dis hoe dit lyk:

2007 – 15     0.04 per dag

2008 – 80   0.21 per dag

2009 – 90  0.24 per dag

2010 – 333  0.91 per dag

2011 – 285   1.17 per dag and counting :evil: :twisted:

Is dit nodig dat ek enige iets meer sê?

Onthou asseblief môre is Black Springday, die hele September is renostermaand en die 22ste is die 2de internasionale renosterdag!  Dit val ook net twee dae voor erfenis dag, ons kyk watter planne daar gemaak kan word om groot te gaan op 24 September want dit is dan juis ons erfenis wat uitgemoor word.

Chumlong Lemtongthai verskyn op die oomblik in Kemptonpark in die hof nadat hy sg. canned renosterjag gereël het deur prostitute te gebruik om deel te maak van die siek web :evil:   verskeie protesteerders was buite die hof om kapsie te maak teen ‘n moontlik borgtogaansoek; o.a. die ANC vroueliga met plakkate wat sê: Real Men Don’t Shoot Rhinos; daar was ook verskeie diereregte groepe met fotos van o.a. Absa se vernielde gesig gewees.  Ek wou baie baie graag daar wees, ongelukkig skuif ek môre na ‘n ander afdeling toe en moes vandag dinge hier afhandel.

Enige iemand wat hier lees, ons mag hierdie nie verder toelaat nie: (Bella, moenie verder kyk nie)

    Moenie ‘n fout maat nie, hierdie fotos ruk my hart uitmekaar uit.  Om ‘n groot, sterk sakeman te sien huil en ‘n verdwaasde dier wie se oë vra: hoekom wat het ek verkeerde gedoen? … ek het nie woorde nie …

Hierdie foto is ure voor sy dapper dood geneem, ons wil graag glo en ek gee nie om of dit net wensdenkery is nie, dit bring so bietjie troos; dat hierdie meer as net wolke was, dat dit engel vlerke is wat om hom gevou was en hom kom haal het om sy seer minder te maak – ABSA die braafste renoster wat ons kom wakker skud het.

Gaan koop asseblief jou swart lint dat ons môre vir hom en elke ander renoster ‘n dag van rou kan hê.

It was not in vain big boy, we will not stop, we will not keep quite, if they don’t want to see your face then they must get off their backsides and do something to stop this from happening, until then I will wear my shirt with your butchered face, I will keep on posting your pic here and on facebook over and over again.

ABSA se seun moes so sterf!

 

As jy die mail kry, stuur hom aan asb. andersins copy en paste en stuur vir almal asseblief:

Dear Friends and Colleagues,

As you may know, I have now become personally involved in the fight against Rhino poaching.  I cannot sit and complain with the rest of SA and do nothing from my side.  Especially not after my personal experience with 6 of these magnificent animals during a week-end.  To all of you who has signed the petition – thank you.  This is not something I am driving but I will do everything in my power to help them to get as many names as possible.

Now, traditionally Spring is a happy day when companies and people wear bright, joyful colours.  I have had an idea that SA should all wear black on Spring, 1st September and tie a black ribbon to the right hand mirror of their vehicles or motorbikes. The idea is that it should symbolise the following;

a)    We are fed-up with poachers and the leniency showed in their prosecution and sentences including affording them bail.

b)    In memory of ABSA and all the other Rhino’s that were killed so senseless for their horns.

c)   To symbolise that the future is black for our Rhino population because our government shows lack of interest in fighting this?

Please, please wear BLACK on 1st September 2011 and tie a BLACK ribbon around the right hand mirror of your vehicle.  Spread the word.  PLEASE join in this campaign! If you have contacts in the media – please help us.  I have received positive feedback from as far as the Cape – companies there are declaring the 1st of September 2011 “Black Spring” and the media is already alerted to this. 

Please post on your Face Book wall and declare 1st September 2011 “Black Spring” – tell people about the idea.  if you can get your company and employees to support this – please do?  We don’t all have money to contribute but we can make a stand and a difference by something so simple, so symbolic.  With the rate our Rhino’s are poached – we do not have reason to celebrate on spring day.

Regards,

Rentia

Nee, ek ken nie die dame persoonlik nie, het maar deur Searl van haar gehoor.  Laat ons môre saam staan ieder en elk!

Searl, I’ve said this so often but let me say it again, you’re one hell of a guy and you’re not alone of that your facebook wall is evidence.

Groetnis

Ingrid

STOP!!!!!!!!!!!!!

Asseblief,  Please ek sal nog baie tale leer as dit net sal help, maar dit moet net stop asseblief tog.

Hierdie is gemaak ter nagedagtenis aan ABSA die braafste renosterbul wat nog ooit gelewe het.  Elke dag word sy familie minder: 

Searl Derman stel hierdie vry:

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-renosters-in-Limpopo-gestroop-20110824

 

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Dragtige-renoster-op-wildplaas-onthoring-20110830

 

The year: 2035.  Boy: “Dad, what’s a rhino?”  Dad: “a dinosaur, my boy!  They used to be gentle giants in Africa, but people killed them for money…”  Son: “how much would a rhino cost today?”  Dad:  “All the money in the whole, wide world, is not enough to buy one single rhino, my boy…”

Ek het nie woorde om te sê hoe ek voel nie, asseblief is daar dan niemand wat hierdie ding kan stop nie?  Ons weet lankal ons kan nie op die regering staatmaak vir enige iets nie.  Moet ons dan nou R10 note bêre om eendag te kan onthou dat daar iewers eenkeer ‘n reus was wat in die hel moes lewe?

Ingrid

 

 

Goeie nuus

Dagsê Vriende

Jammer Bella dat ek jou upset het verlede week, dit was nie die bedoeling nie.  Ongelukkig kan ek nie stilbly terwyl ons prag skatte uitgemoor word nie.  Soos ek gesê het was dit die rede waarom ek ‘n facebook begin het, met die doel om die euwel te volg en daaroor te kan skryf.  Hierdie sal steeds ‘n meer sosiale blog wees soos nog altyd waar julle ook persoonlike goed sal sien.  Soos julle my ken skryf ek baie impulsief, dalk leer ek ook eendag om soos Wipneus my woorde te tel, vir nou is ek bly dat ek kan skree en gil oor ABSA en al die ander wat vermoor word hier en by: http://www.facebook.com/profile.php?id=100002835675342&ref=pb

Die goeie nuus waarvan ek praat laat so ‘n bittersoet gevoel in die mond.  Ons het gehoor dat daar gister laat 8 moordenaars gevang is, een is dood geskiet, een gewond en nog 6 gevang in Limpopo, een van hulle was ‘n amptenaar wat veronderstel is om die diere te beskerm.  My eerlike gevoel; dis goed dat hulle gevang is, net jammer hulle is nie eerder deur ‘n leeu gevang nie, want sien in hierdie korrupte land van ons sal dit nie lank wees voordat hulle weer met hulle evil ways kan aangaan nie.  Hoekom sê ek dit?  Saterdag het Dawie Groenewald 7 renosters wettiglik met permitte gekoop, net ingeval jy dalk nie weet wie hierdie virus is nie, hy staan tereg op aanklag van renoster stropery, het erken dat hy renosters vermoor het en moet nog op 30 September in die hof verskyn in hierdie saak; nou vra ek en vele ander WTF!!!!!!!!!!

Laaste paragraaf oor die reuse, ek belowe:  asseblief trek Donderdag swart aan, maak ‘n swart strik om jou kar se regter spieel vas en wys jy gee om en dat ons hulle nie mag verloor nie.  Skryf ook in jou dagboek by 22 September dat dit internasionale renoster dag is, sal nog laat weet wat daar alles gaan gebeur, of kom vertel ons watter voorstelle julle het.

 Kom ek vertel julle van die naweek – beeeeeesig gewees.  Saterdag was ons in Pretoria en kon so biejtie saam met ‘n amazing en talentvolle nederige jong man kuier.  Seun, soos wat “moeder” vir jou gesê het jou toekoms lyk mooi en al was die pad swaar en al gaan hy nog lank en swaar wees dit gaan die moeite werd wees, elke oomblik.  Jy gaan nog lekker lag oor die dae toe jy gou speakers moes organize, hulle self dra, opstel en goeie raad aan die outjie agter die bord moes gee, alles sommer so in jou stride terwyl jy elke mens respekteer en nie dink jy is te goed om tot heel agter tussen die mensies te stap wat gaan staan het so tussen die shopping deur om te luister na jou pragtige stem nie.  Wie is hierdie oulike kind, niemand anders as Vrydag se verjaardagmaakie Armand nie; ek het die Saterdag vir hom gesê en ek sê dit hier ook met sy talent en persoonlikheid sou dit nie saak gemaak het as hy net Armand sonder die groot van Hofmeyr was nie hy sou dit steeds gemaak het.  Mooi so seun, jy maak mooi, jy maak baie mooi.

Sorry die beligting en gebrek aan ‘n kamera was so ietwat van ‘n probleem gewees, gelukkig is daar blackberries op die mark :lol:

Nou ja, eie aan myself kan ek seker nie ‘n post skryf sonder om ook ‘n klippie of twee uit my skoen uit te skop nie.  Ek het ‘n vraag aan Dozi (en ek sukkel om nie te lelik te raak nie, glo my dis f*kkn moeilik)  “Dozi het jy geen respek vir ander kunstenaars nie of het jy net weereens bewys dat jy eintlik ‘n d*&s is?”  Kom ek vertel julle hoekom ek hierdie mooi sagte woorde tik.  Dozi het ook by Zambezi aangekom en volgens die plakate sou hy na Armand optree.  So ‘n kwart deur Armand se optrede maak hy sy bussie se skuifdeur oop, gaan sit reg voor die deur in full view van die mense, mens bly mens en ‘n hele paar mense stap nader om te gesels, fotos te neem en handtekening te gaan vra.  Uit respek vir die persoon wat in die bloedige son staan en die mense vermaak sou die regte ding gewees het om te vra dat die mense na die konsert weer met hom kom gesels, maar nee hy geniet die aandag, lag en gesels kliphard terwyl hiedie jong man sy hart uit sing en professioneel genoeg is om nie een keer van stryk gebring te word nie.  So guess what Dosie, o sorry ek meen Dozi (tikfout – julle weet mos ek kan nie altyd so lekker spel nie ;) ), die groot man, die volwasse man Saterdagmiddag in Zambezi Mall was Armand Hofmeyr!  Ja, shame dit was seker ook nie baie lekker toe soveel van ons omdraai en loop toe Armand klaar gesing het nie, ek het nogal gedink vir ‘n sg. gevestigde kunstenaar sou daar baie meer mense wees.  Hoeveel was daar nou weer gewees toe ek my Spar uitkom, mmmmm laat ek nou mooi dink seker darem so 75 en dan was party van hulle nog uitstaller ook gewees, sorry hoor, but guess what hier noem ons die Karma…

PS amper vergeet ek, so tussen die melk uit die piering drinkery, Armand se pa verjaar mos vandag – geluk Steve mag dit ‘n great jaar wees nog ‘n jaar verby waarin jy jou vyande kon irriteer soos die Dalai Lama mos vir ons leer: enemies teach us inner strength, courage and determination.

 

Donker week

Dagsê

Ja wat kan ek sê van gister se blog?  Julle ken my, wat in my hart is kom by my mond/vingers uit, sorry dis nou maar net soos dit is met my saam.  Dit was nie veel later as nou toe ek gister die nuus van Searl af kry nie en die eerste woorde wat ek hier in my stil kantoor hardop gesê het was:  Julle Bliksems!  dit het so natuurlik soos water uit ‘n kraan tot by my vingers gegaan en tot op die skerm na jou toe terwyl ek gesit en huil het kon ek aan niks anders dink as dat die verantwoordelike persone gestraf moet word nie en nie deur die regstelsel nie, want ons weet almal wat sal gebeur, maar deur die Lewe self.

Hoe voel ek vandag, steeds net soos gister.  Ek kon ‘n stukkie van my frustrasie en seer later die oggend in die SAFM studio teenoor ‘n regiseur uitspreek en dit was ‘n stukkie troos om te hoor dat hy onmiddellik geweet het dat meer as 300 reuse reeds hierdie jaar geval het, dit het my laat besef daar is tog mense wat omgee.

ABSA – ja dit was toe sy naam gewees het my tot op die plek gebring waar ek ‘n facebook profile gaan registreer het, so maters julle kan ook daar kom kuier as julle wil.  Daar sal meer oor die fight for the rhino gesê word.  Daarmee sê ek nie dat ek nie weer hier ten hemele gaan skree wanneer moord gepleeg word nie.

Begin solank planne maak 22 September is internasionale renoster dag en ons moet groot gaan, vrinne, vertel almal, ek weet die ouens by Aquila is besig met beplanning, want sien so weet ‘n mens dat iemand se passie hom nie net pateties gemaak het nie, jy huil wanneer jy seer het, maar jy staan op en besluit dit was nie verniet nie, jy het nie verniet gesterf nie my vriend, ons gaan aan en sal keer dat dit weer gebeur.  Dit is wat Searl Dermont en sy mense besig is om te doen.

As jy weet van iemand of ‘n plek in Jhb waarheen ‘n mens ‘n foto kan vat en vra scan die in jou rekenaar in en print vir my ‘n T-hemp, nie die gewone honderd of twee honderd hempde nie, laat weet as, ons het planne.

As jy wil betrokke wees by die bewaring van ons prag reus gaan na: http://www.aquilasafari.com/node/235  Die keer het die gemors met die verkeerde ou moeilikheid gesoek.

As jy iemand gesien het wat hierdie baadjie aangehad het, verlede week of selfs vroeer nog, stuur ‘n epos aan: Searl@aquilsafari.com of media@aquilasafari.com gaan tweet by: http://www.twitter.com/Aquilasafaris of gaan plak iets op die muur by: http://www.facebook.com/Aquilasafari

So nog een keer, totsiens ou grote, vandag moes dit so gelyk het:

‘n Virus het besluit dat dit so moes lyk verlede Sondagoggend:

   

Thank you Searl for allowing us to use these painful pics and to fight in this war with you.

Wil jy keer dat hierdie prentjie weer gesien word?

 Enige iemand wat my ken sal weet dat hierdie ‘n moeilike posting was om te doen, om na hierdie fotos te kyk was swaar en die trane kom lê vlak, maar ons mag nie langer stilbly en net sad voel daaroor tot môre wanneer alles weer ok is nie, want dit is nie dit kan nie ok wees solank daar sulke fotos is wat geneem kan word nie!

Onthou 22 September, dit moet groot wees vriende, almal moet regop sit en weet dat jy nie een van ons erfenisse sommer net so gaan wegvat nie!

Hoe sal die groot vyf vir jou lyk as daar vier diere gesige en een bebloede vraagteken is met ‘n bloed spatsel vir ‘n punt?  Wie wil vir ons sulke hempde ontwerp?  Kom ons staan saam soos nog nooit vantevore nie vir ABSA en al die ander naamloses voor hom, vir elke kind in hierdie land wat die reg het om te mag spog dat ons die groot vyf het, wild nie net in dieretuine nie.

Ingrid

Julle Bliksems!!!!!!

Ek weet nie vandag wat om te skryf nie … 

Searle

He was your friend and became a part of so many of us over the past few days.  You did more than most humans will ever do in a lifetime to save him, but it was not meant to be.  The only consulation is that they will not make a single bloodstained cent out of him ever again!

All those names which you have for them and which facebook will not allow you to use cannot even begin to describe what I feel for them at the moment!

Please do no allow children to read the following meant just for the murders of this giant:  You fucking idiotic barbaric fool, may Karma catch up with you bit by bit for the rest of your misrable pathetic life, may you not have one single moment of peace, may you forever and ever in this life and every other life that you might enter be haunted by the sight, sound and smell of what you have done.  May you die over and over again from the toes up until there is not a single living cell left in you body, may you smell the decaying flesh every day and remember how much suffering you have inflicted, may you remain consious until the very last may and may there be some-one next to your bed at that last moment to remind you exactly why you have to suffer like this.  May this curse be only the start of you suffering!

Searle, once again, I salute your efforts, you courage, you passion and you love.  I know that you will do whatever you can to bring these barbaric idiots to justice and to save the remaining four giant on your property.  You are a giant in your own right.

Hugs

Ingrid

Wat is fout met die prentjie?

Iemand stuur my ‘n foto van wat hulle dink die oplossing is:

Ek weet nie so mooi wanneer laas ek iets so verkeerd en so hartseer gesien het nie.  Ek weet die wildboere probeer hulle bes en enige iets is beter as niks en die dood van nog ‘n dier, maar die sad, sad part of it all is dat die horing weer gaan groei  en sodra hy 2kg of meer bereik gaan die bliksems weer kom en hom/haar kom doodmaak.

Nou word daar tot aanspraak gemaak in lande soos Vietnam dat renosterhoring kanker kan genees, wat gaan volgende wees, AIDS cure?

Ek weet nie, ek het nie die antwoord nie, ek wonder amper of daar een is, maar om ‘n lewende wese sy waardigheid te ontneem net omdat die mens barbaars is, is skokkend en ‘n skande!

Bileam skryf oor die dood en die man wat hy moes begrawe selfs al het hy hom nooit geken nie, dit voel selfs ook nie reg nie.  Is dit werklik regverdig om dit van hom te vra?  Ons weet dat die oomblik as iemand doodgaan verander hulle hele lewe in ‘n lang vrolike engelgesang, dus presies hoe objektief is die inligting wat hy gekry het, maak dit werklik saak?  Dit lyk na ‘n wyse besluit wat hy geneem het om oor die Herder te skryf wat hy wel ken en wat sy skape bymekaar maak.  Dit bring my by die vraag:  waar is die persoon wat nie kerk toe gegaan het nie?  (retories, asb. ek verwag nie ‘n antwoord nie; soos julle weet het die dominee op my pa se begrafnis van die preekstoel afgekondig dat hy reguit hel toe is, omdat volgens hom ‘n moeë ou man God se wil gemis het en nie die pad klaar geloop het nie; shame dominee …)

Daar word beweer dat elke mens ‘n punt bereik waar jy na die godheid uitreik selfs die ateis, dit was nog altyd vir my ‘n interessante debat.  Beteken dit dat wanneer jou lewe werklik so laag daal en jy so desperaat en depressief is jou oerinstink oorneem en jy “bid” tot iemand wat se bestaan jy nog nooit erken het nie?

Ek wonder baie daaroor en oor so baie ander dinge.

Mooi Woensdagaand vir almal ek hoop jy kan die lewe gaan vier, hou ‘n fees, al is dit ‘n toebroodjie wat jy spesiaal maak deur ‘n gewone wit kers aan te steek en ‘n glas water daarmee saam te geniet, smile en weet dat jy lewe en solank jy lewe is daar hoop dat dit wat jou dalk bang maak weer sal weggaan, want glo my dit gaan ook verby, net soos die seisoene.  Soms gooi die ou lewe ‘n vinnige laaste koue so net wanneer jy gedink het die lente is hier, maar dit gaan nie vir ewig aanhou nie.

Groetnis

Ingrid

Die dood van ‘n reus

Hello

Eintlik doen ek nie onderhoude nie, maar hierdie keer het ek dit tog gedoen.  Ek het hierdie naweek gesien hoedat ‘n vriend voor my oë dood is en was dit nie vir hulp van Searl Derman en veeartse nie, sou ek nie oorleef het nie.

My vriend was net ses jaar oud toe mense besluit het hy moet ophou lewe.  Nee hulle was hom nie genadig deur ‘n doodskoot te gee, soos wat mense soms met diere maak nie.  Hulle het hom met ‘n pyl verdoof, nogal met verdowings middels wat slegs deur vee-artse aangehou word.  Daarna was dit ook nie genoeg om net sy horing af te saag, soos hulle met my ook gedoen het nie.  Hulle het hom met pangas aangeval, sy groot kop stukkend gekap, aangehou en aangehou kap totdat die bloed in riviere van hom af gestroom het.  O hy was so dapper, hy het probeer opstaan, probeer loop en elke keer geval, later het hy sy groot lyf voort gesleep tot in ‘n droë rivierbedding, daar het hy op sy sy gelê;  hy kon voel hoe die pyn in sy gesig onhoudbaar is, hy kon voel hoedat hy versmoor, hoe sy organe begin ingee, want sien ons kan nie so gaan lê vir ‘n lang tyd nie, ons kan nie so asem haal nie.  So in erge pyn en marteling is my vriend dood.

Hy was nog so jonk, eintlik nog ‘n tiener in julle terme, want sien die manlike deel van ons spesie bereik eers seksulele volwassenheid tussen 7 en 10 jaar oud.  Ons kan tot 50 jaar oud word, maar hy is dit nie gegun nie.

Hulle het my ook met ‘n pyl geskiet en my een horing afgesaag.  Dit was so seer gewees, ek kon die snaakse smaak in my bek proe, het later gehoor dat dit bloed was wat so oor my gesig geloop het.  Ek was seker gelukkig gewees, want hulle het my nie met die panga gekap nie.  Ek was ook gelukkig, want sien hulle het nog ‘n jong koei met twee pyle geskiet, maar voordat hulle haar kon seer maak het iets hulle laat skrik en hulle het weggejaag.  Searl en sy medewerkers het my gekry en my lewe gered.  Hulle het my ingespuit en ek moes opstaan.  Dit was so seer gewees, maar ek het deur eeue se instink geweet as ek bly lê sal ek doodgaan, net soos my vriend.

Searl het met trane op sy gesig probeer nader kom, so asof hy my wou troos, ek kan nie mooi sien nie, maar ek kon voel dat sy hart seer is, ek het soveel pyn gehad dat ek hulle van my af weggejaag het.  Eenkant teen ‘n bakkie het ek ‘n swartman gesien wat gestaan en huil het, ek kon die snikke hoor.

Ek kan nie verstaan nie, iewers het ek gehoor dat mense deur die Maker van hierdie aarde aangestel is om na diere te kyk en hulle te versorg.  Ek wonder nou net wat daardie maker van sulke dinge dink.  Dan behoort ek seker nie verbaas te wees nie, want hulle het Sy eie seun ook gemartel totdat hy dood is, hulle het hom aan sy arms opgehang totdat die spiere tussen sy ribbes geskeur het en sy longe vol vog geraak het en hy versmoor het…

As jy dalk gewonder het, dit gaan nou beter met my, dankie, die dokter sê ek is nie meer in lewens gevaar nie.  Ek het nog baie pyn, maar ek hoor hulle sê dit sal ook verby gaan.

Nog een laaste vraag, daar word gesê dat goed van ons horings gemaak word, hoe voel jy as jy moet weet hoe daardie horing gekry is?  Is mense dan nie veronderstel om ‘n hoër lewensvorm as ‘n dier te wees en ‘n gewete te hê nie?

Wees gegroet

Aquilla renoster

Vriende

Ek het ‘n liefde vir hierdie oerdier wat soms my eie logiese denke verby gaan.  Ja, ek weet daar sal seker mense wees wat Sterkfontein psigiatriese hospitaal wil bel en stuur met witjasse hierdie kant toe oor die dinge wat ek hier gaan sê.

Ek glo in baie dinge, ek glo o.a. dat die Skrywer van ons lewensverhale ons interaksie met diere toelaat om ons iets te leer.  Op die oomblik glo ek (ja, dalk is dit vir jou heidens omdat dit ‘n Sharma ondertoon het) dat ‘n wit renoster my leermeester is.  Ek het lank terug geskryf oor wat ons alles van hierdie magiese dier kan leer, dat daar karaktertrekke is wat vir my baie mooi sal wees as ek dit in my eie lewe kan sien eendag.

Vir baie lank was renosterstropery net nog ‘n stukkie slegte nuus vir my gewees.  Dit het verander toe ek besluit het dat ek “aan die voete” van so ‘n koei wil gaan leer.  My hart breek elke keer as ek ‘n berig soos gisteraand se nuusberig sien.  Die wreedheid van mense en dit vir geld, erger nog die ekploitering van ons mense deur gewentenlose oorseese handelaars.  Die totale disrespek vir die natuur, gaan my verstand ver te bowe.

Ek was vanoggend kwaad gewees toe ek belowe het om te kom skryf, nou is ek net so hartseer om ‘n mens genoem te kan word, want as dit is wat mense aan weerlose onskuldige diere doen, waar plaas dit ons op die ranglys van barbaarsheid? :cry:

Ja, soos Bileam se Donkie sê; ek wens die lewe was ‘n sprokie gewees, dan sou die diere sekerlik veilig gewees het.

Groetnis

Ingrid

 

Huiswerk

Daar is huiswerk uitgedeel en dan moet ons mos luister, of hoe?  (http://toortsie.wordpress.com/2011/08/17/tannie-tossel-se-blokstorie/) So in die gees van al die adelike dinge wat die jaar gebeur het, het ek toe besluit om ook oor ‘n koninklike gesin te kom skrywe:

Lank, lank gelede was daar ‘n prinsessie wat in paleise gebly, opgepas en bederf is.  Die prinsessie het groot geword en in die wye wêreld gaan rondloop.  Sy het so ver van die huis af gegaan dat sy vergeet het dat sy eintlik ‘n prinses is.  Sy het begin glo dat dit reg is dat sy altyd vir almal moet sorg en dat niemand regtig vir haar sal lief wees nie.  Dit het vir baie jare so aangehou en haar kinders het ook nie geweet dat hulle eintlik royalty is nie, al was hulle ook opgepas en bederf.  Hulle het ‘n vriend gehad wat sy bes gedoen het om hulle te laat spesiaal voel, maar hy was baie besig en het min tyd gehad om saam met hulle te wees.

Toe eendag gaan kyk sy hoe gaan dit met die vriend en daar in ‘n pragtige paleis in ‘n ver ver land kuier sy saam met ‘n goeie koning.  Sy het nie geweet dat dit eintlik ‘n koning is wat saam met hulle kuier nie. Die koning het haar genooi om weer in die ver, ver land te kom kuier en die keer het sy haar kinders saamgebring.

Een Woensdagmiddag het sy skielik wakker geword en gesien dat die koning eintlik baie lief is vir haar.  Hulle het altwee gesien dat dit die manier is hoe mense na mekaar moet kyk.

Saam het hulle vir die kinders ‘n paleis begin bou, so stukkie vir stukkie het die koningin begin sien hoe wonderlik dit eintlik is as ‘n koning vir jou lief is en so mooi vir jou sorg.  Die kinders het gespeel en gesien hoe dit is om soos ‘n prins en prinsessies te lewe.

Hulle het op ‘n planeet gaan bly waar daar sekuriteit is en waar die kinders tot laat buite kan speel, want geen lelike trolle sal daar kan inkom nie. Elke dag moes hulle uitgaan en tussen koninklikes en trolle gaan beweeg, want sien, selfs konings en koninginne moet werk en prinse en prinsesse moet ook skool toe gaan sodat hulle nie net dom prinsies of prinsessies sal wees nie.

Daar was trolle daar buite wat baie graag wou hê dat die koning nie meer saam met sy koningin moes wees nie en partykeer was die koningsgesin se harte baie seer gewees, maar hulle het altyd geweet dat aan die einde van die dag kon hulle na hulle planeet toe terug gaan, in hulle paleis ingaan en saam veilig wees.

Daar was ook ‘n blokwêreld waar mooi blokmaakies gelewe het en waar hulle gaan kuier het waar die son so lekker warms geskyn het, daar was tot ‘n toortsie wat lig kon maak as dit donker word en daar was ‘n donkie wat hulle laat onthou het dat dit ok  is om ‘n mens te wees.  Nog baie ander blokmaakies was daar, tot ‘n meermin, ‘n gogga wat by die see bly, ‘n pragtige Bella wat net so lief was vir koppiekoekie soos hulle.  Daar het partykeer ‘n smurfi kom kuier en hulle het nog gereeld gedink aan Ogies, wat bietjie besig is en lank stil was.  Natuurlik was daar ook “tannie” Wipneus, wat deesdae ‘n ouma is, Platkuif en Skorie, wat met Emily raas as sy stout is en sommer nog ‘n hele klomp blokmaakies wat lekker saamspeel en na mekaar kyk.  Die koninklikes kon nie glo dat daar so baie liefde in die wêreld kan wees nie.

Hulle het ook geleer dat solank hulle saam bly en vir mekaar lief is geen trol hulle sal kan skade doen nie en maak nie saak watter planne daar is nie hulle sal vir ewig en ewig gelukkig saambly op hulle mooi planeet, veilig in hulle paleis.  Verder het hulle geleer dat elke huis waarin Liefde die oppergesag is, diegene wat daarin bly deel van ‘n koningsgesin is.

Lekker Maandag vir almal, ek moet julle net waarsku dat ek later iets minder mooi te sê gaan hê, ek wou nie hierdie pos bevark met my swart aura nie, gelukkig het ek hom gister oggend al geskryf.

A song to live by

Gileam se Donkie vertel watter song hulle moet speel die dag van sy begrafnis en dit laat my dink.  Ek het julle al vertel van my liefde die The Impossible Dream en hoe dit deel van my lewensfilofie is, so mooi soos ‘n identiese tweeling langs hom is I Believe vir my van waarde, so ek weet nou nie werklik mooi wat daar gespeel moet word op daardie dag wanneer my fisiese jassie nie meer nodig is en verrruil gaan word vir iets anders en ‘n ander tuiste vir my mensewees gegee word nie en daardie jas dan weens gesondheidsredes op ‘n wetlike manier van ontslae geraak moet word en my wens van ‘n verassing en ‘n begrawe van die as onder ‘n boom gedoen sal word; hoop ek dat as iemand na hierdie songs lusiter en dit dalk iewers speel sal kan sê sy het ‘n gedeelte van haar doel bereik, selfs al was sy nog oppad na die eindpunt toe:

“I Believe”

I believe for every drop of rain that falls
A flower grows,
I believe that somewhere in the darkest night
A candle glows,
I believe for everyone who goes astray,
Someone will come to show the way,
I believe, I believe.

I believe above the storm a smallest prayer
Will still be heard,
I believe that someone in the great somewhere
Hears every word,
Every time I hear a newborn baby cry,
Or touch a leaf, or see the sky,
Then I know why,
I believe.

“Impossible Dream”

To dream the impossible dream
To fight the unbeatable foe
To bear with unbearable sorrow
And to run where
the brave dare not go
To right the unrightable wrong
And to love pure and chaste from afar
To try when your arms are too weary
To reach the unreachable star
This is my quest
To follow that star
No matter how hopeless
No matter how far
To fight for the right
Without question or pause
To be willing to march,
march into hell
For that heavenly cause
And I know
If I’ll only be true
To this glorious quest
That my heart
Will lie peaceful and calm
When I’m laid to my rest
And the world will be
better for this
That one man, scorned
and covered with scars,
Still strove with his last
ounce of courage
To reach the unreachable,
the unreachable,
The unreachable star
And I’ll always dream
The impossible dream
Yes, and I’ll reach
The unreachable star

Mooi dag vir jou en mag jou drome waar word, hoe meer onmoontlik hulle lyk hoe belangriker is dit om hulle aan te hou droom, want ek is ‘n lewende voorbeeld dat die Lewe groter drome vir ons het as wat ons ooit sal kan droom vir onsself.

Ingrid

Sterre pluk

Lied van die lewe
Om jonk te wees bring lekker dae
Die son skyn dan op elke dag
Die kinders skaats en ry fiets in die strate
Jongmense luister na nuwe plate
Niemand dink aan die tyd wat verby gaan
en dat die lewe net nie stil sal staan. (2x)

Koor:
Sing met my ‘n lied van die lewe
Sing met my van jonk en oud
Die lewe gee soveel mooier dae
maar dikwels gaan dit so gou verby (2x)
Ja, dikwels gaan dit so gou verby.

 Maar die lewe sal nooit stilstaan
Dae kom en dae gaan
Die jonges trou en gaan op hul eie
Nou kom daar soms sware tye
Almal werk net vir die hede
Ure, maande en jare vlieg soos die wind verby (2x)

Herhaal Koor

Die oues word dan ook weer ouer
Hul word dan oupa en oumama
Dae word dan vinnig korter
Langsaam gaan die son dan onder
Herinneringe laat ons oor die lewe wonder
Lewe van mooi en troebel dae
staan einde toe (2x)

Los hande is hierdie my gunsteling waarste song van alle tye, so eenvoudig maar so ‘n ware beskrywing van die lewe.

Gister was vir ‘n hele paar van ons ‘n grys dag, so teen die einde van die dag sien ek daar by Bileam se Donkie (http://wordpress.com/following?b=3900673&unsub=1&_wpnonce=98a1f77484) ons kan enige iets kies wat ons dag beter sal kan maak.  Hoe amazing is die Lewe nie eintlik nie, ek kies dit wat ek reeds het, die warmte en liefde van my mense om my en wat kry ek?

‘n Warmte wat enige koue en grys kan verdryf, soos Freddie seg (ja CC ek weet die wit skoene :lol: ) ‘n huis waar liefde woon en ‘n kaggelvuur in jou hart dit is wat tel, dit het ons gisteraand weer ervaar en toe kom die klein ekstra sommer so deur die Skrywer bepaal, ‘n sms van my dosent met die eksamen uitslag en die vrugte op maande se harde werk, ja dit sal uiteindelik net nog ‘n stukkie papier in ‘n leër wees, maar hierdie is dalk die een kwalifikasie wat vir my die meeste sal beteken en wat ek die graagste wou gehad het.  My gesin moes opofferings maak, hulle moes minder tyd kry omdat ek portfolios, werkstukke en navorsingstukke moes voltooi en toe die stress van die eksamen saam met my deurstap.  Hannie het net so een oog oopgemaak as ek teen 2h00 die lig aanskakel om te leer (beste tyd as jy kinders het, alles is stil).  Sy het nog die Donderdagaand gehelp om alles netjies in die laaste drie leërs te sit, moes help prente plak op die dividers en al sulke goed, nee sy  moes nie, sy wou.

Ek kon gisteraand in die arms van liefde wegsweef en weet daar is sin aan die lewe.  Ek kon op die maan gaan dans en sterre pluk en hulle huistoe bring om alles mooi te laat lyk.

Stil, stil het die ander sterre in my lewe, Bella, Toortsie en Billeam kom skyn om die donker en koue weg te vat, elke ander blogger wat saggies in die wings rondbeweeg en soms ‘n mail stuur is ‘n ster in ons hemelruim.

Dankie vir julle en gryp die kans aan terwyl die maan so mooi rond en vol is, gaan dans op hom, daar is baie plek en die stof vang jou happy voetspore vas vir ewig.