Die lewe loop in snaakse kronkelpaadjies, so ook social networks, baie van hierdie paadjies eindig op plekke of vat afdraai paadjies na plekke toe wat jy nooit sou verwag het nie.
Niemand weet wat om die volgende draai in daardie kronkelwoud voorlê nie, wat ons wel weet is dat alle gelowe een ding in gemeen het: wat jy saai sal jy maai en al daai cliches is eintlik baie waar.
Ek sien mense se seer, elke dag, Hermien, ek’t jou comment geantwoord – sterkte vir jou, kry asseblief hulp al is dit net vir jou eie sielerus, maar veel meer nog vir jou kind se toekoms ook, dis baie belangrik.
Ek verneem dat daar iemand is wat weereens ander mense se blogs gebruik om dinge oor my te sê, kom ek maak dit vir jou maklik behalwe die feit dat jy my nommer het (jy’t hom mos net nou die dag nog uitgedeel) en my email adres het en dan nog sommer weet waar ek werk ook, so jy kan hierheen ry as jy sou wou rig ek ‘n ope uitnodigning aan jou: mail my – ingridmarais@yahoo.com . Verder het jy toegang tot die comment knoppie op hierdie blog, soos enige ander persoon, net soos almal wat nie gereelde comments lewer of intekenaars is nie sal jou comment in elk geval eers deur my gesien word. Jy is welkom om my te haat, net soveel soos jy wil, guess what, dit doen niks aan my nie, net so min as wat die bedelaar in die straat se skelwoorde, omdat ek hom nie geld vir gee vir sy drughabit nie iets aan my doen nie. Dit mors wel jou eie energie, bevark jou eie aura en trek negatiewe goed na jou toe aan. Dit is sad en pateties om elke keer iemand anders se blog te probeer gebruik om iets oor my te probeer sê, want weet jy wat ek het nie jou of enige ander persoon se validasie nodig nie. Net vir die rekord die persoon het sy mening uitgespreek, ons het dit soos volwassens bespreek en elkeen loop sy eie paadjie met sy eie kronkels, so daar was toe nie eintlik iets om oor lekker te kry nie.
Sorry blogmaats, net so klippie wat ek uit my skoen moes kom skop. Gelukkig is ek op ‘n plek in my lewe waar ek nie meer so totaal afhanklik is van aanvaarding en goedkeuring nie, die wonder van ouer word, ‘n seening wat ek baie keer wens ek al gehad het twintig jaar gelede, maar ek is steeds dankbaar vir elke les wat ek geleer het op my paadjie tot hier en ek sien uit na elke nuwe les wat die lewe my nog gaan leer – a work in progress, dit is al wat ek wil wees.
Mooi week vir ieder en elkeen van julle.


Begin die trolle waaragtag hier ook kop uitsteek? Wat de hel gaan met Suid-Afrika se mense aan?
Dominee, trolle die sal daar altyd oral wees, ek hou van jou woorde oor respek, goeie raad daai aan almal wat dalk so effe anders dink as die ou langs jou.
Ai…ai…ek kan maar net my kop skud vir die mense. Mooi Ingrid.
Sterkte, Ingrid. Wat hul nie besef nie is dat hul hulself die meeste skade abndoen.
Dankie Bella, net soos jy daar sê Toortsie, jou toortsie skyn so mooi en helder op soveel plekkies doen so voort
O genade, ek dog al die bloggers is vriendelik en positief! Dis goed dat jy die wat nie so is nie, sommer dadelik op hulle plek sit en jou nie aan hulle negatiwiteit steur nie.
[...] blokmaatjies besluit: Tot hier toe en nie verder nie!!! Hulle het Trol in ‘n lokval gelei. Bossie Blomme het vir Trol genooi vir groen koeldrank en roomys. Pikkels en Murphy het ook saamgekuier. Hulle het [...]
Hallo Tannie Tossel, so bly Toortsie het my nou op jou spoor ook gesit!
Maankind, sien daai liggie skyn oral oor
Gogga, net soos die ou lewe vat dit almal om dinge interessant te maak. Ongelukkig gebeur dit soms, soos met ‘n goeie vriendin dat selfs mense wat nie deel van die blog familie is skade aanrig en sadness saai.