Stats

Dagsê

Bosveld girl die een is spesiaal vir jou.  Ek kon nie veel inligting kry wat ouer as 2007 is nie, dit wil lyk of daar nie toe veel stats gehou is nie, ook asof die grootste teiken toe die olifante was en die fokus nie so sterk op die renoster was nie, maar dis hoe dit lyk:

2007 – 15     0.04 per dag

2008 – 80   0.21 per dag

2009 – 90  0.24 per dag

2010 – 333  0.91 per dag

2011 – 285   1.17 per dag and counting :evil: :twisted:

Is dit nodig dat ek enige iets meer sê?

Onthou asseblief môre is Black Springday, die hele September is renostermaand en die 22ste is die 2de internasionale renosterdag!  Dit val ook net twee dae voor erfenis dag, ons kyk watter planne daar gemaak kan word om groot te gaan op 24 September want dit is dan juis ons erfenis wat uitgemoor word.

Chumlong Lemtongthai verskyn op die oomblik in Kemptonpark in die hof nadat hy sg. canned renosterjag gereël het deur prostitute te gebruik om deel te maak van die siek web :evil:   verskeie protesteerders was buite die hof om kapsie te maak teen ‘n moontlik borgtogaansoek; o.a. die ANC vroueliga met plakkate wat sê: Real Men Don’t Shoot Rhinos; daar was ook verskeie diereregte groepe met fotos van o.a. Absa se vernielde gesig gewees.  Ek wou baie baie graag daar wees, ongelukkig skuif ek môre na ‘n ander afdeling toe en moes vandag dinge hier afhandel.

Enige iemand wat hier lees, ons mag hierdie nie verder toelaat nie: (Bella, moenie verder kyk nie)

    Moenie ‘n fout maat nie, hierdie fotos ruk my hart uitmekaar uit.  Om ‘n groot, sterk sakeman te sien huil en ‘n verdwaasde dier wie se oë vra: hoekom wat het ek verkeerde gedoen? … ek het nie woorde nie …

Hierdie foto is ure voor sy dapper dood geneem, ons wil graag glo en ek gee nie om of dit net wensdenkery is nie, dit bring so bietjie troos; dat hierdie meer as net wolke was, dat dit engel vlerke is wat om hom gevou was en hom kom haal het om sy seer minder te maak – ABSA die braafste renoster wat ons kom wakker skud het.

Gaan koop asseblief jou swart lint dat ons môre vir hom en elke ander renoster ‘n dag van rou kan hê.

It was not in vain big boy, we will not stop, we will not keep quite, if they don’t want to see your face then they must get off their backsides and do something to stop this from happening, until then I will wear my shirt with your butchered face, I will keep on posting your pic here and on facebook over and over again.

ABSA se seun moes so sterf!

 

As jy die mail kry, stuur hom aan asb. andersins copy en paste en stuur vir almal asseblief:

Dear Friends and Colleagues,

As you may know, I have now become personally involved in the fight against Rhino poaching.  I cannot sit and complain with the rest of SA and do nothing from my side.  Especially not after my personal experience with 6 of these magnificent animals during a week-end.  To all of you who has signed the petition – thank you.  This is not something I am driving but I will do everything in my power to help them to get as many names as possible.

Now, traditionally Spring is a happy day when companies and people wear bright, joyful colours.  I have had an idea that SA should all wear black on Spring, 1st September and tie a black ribbon to the right hand mirror of their vehicles or motorbikes. The idea is that it should symbolise the following;

a)    We are fed-up with poachers and the leniency showed in their prosecution and sentences including affording them bail.

b)    In memory of ABSA and all the other Rhino’s that were killed so senseless for their horns.

c)   To symbolise that the future is black for our Rhino population because our government shows lack of interest in fighting this?

Please, please wear BLACK on 1st September 2011 and tie a BLACK ribbon around the right hand mirror of your vehicle.  Spread the word.  PLEASE join in this campaign! If you have contacts in the media – please help us.  I have received positive feedback from as far as the Cape – companies there are declaring the 1st of September 2011 “Black Spring” and the media is already alerted to this. 

Please post on your Face Book wall and declare 1st September 2011 “Black Spring” – tell people about the idea.  if you can get your company and employees to support this – please do?  We don’t all have money to contribute but we can make a stand and a difference by something so simple, so symbolic.  With the rate our Rhino’s are poached – we do not have reason to celebrate on spring day.

Regards,

Rentia

Nee, ek ken nie die dame persoonlik nie, het maar deur Searl van haar gehoor.  Laat ons môre saam staan ieder en elk!

Searl, I’ve said this so often but let me say it again, you’re one hell of a guy and you’re not alone of that your facebook wall is evidence.

Groetnis

Ingrid

This entry was posted in Rhino.

4 comments to Stats

  1. Bosveldgirl says:

    Ingrid, dankie vir daardie stats. My hart pyn en ek is so BEFOK oor die slagtings waarvan ons DAAGLIKS lees! Magteloos, moedeloos is meer van toepassing oor dit waaroor ons geen BEHEER het nie!

  2. ingrid marais says:

    Jy’s welkom, al was dit nie lekker om hieroor te skryf nie is dit baie nodig vir ver te lank was net die mooi renostertjie in die groen veld gesien en is die wrede waarheid diep gebere omdat dit nie mooi was nie – dit het nie beyeken dit is nie besig om te gebeur nie.

  3. Skoor says:

    Jissie dis verfokkenskriklik hierdie kiekies! Ek wil nie meer dood sien nie, en hier kom kuier ek, en loop vas in die bloederige spul.

    Ek stem dat EK die fokken poachers se eie horings vir hulle sal verwyder. Niks sal my soveel genot verskaf nie. Bloei sommer dood. Stronte!

  4. ingrid marais says:

    Sorry Skorie ons het vir so lank die mooi renostertjie in die grone grassies ding gedoen en mooi gevra om hulle nie seer te maak nie en al resultaat wat ons gekry het was hierdie bloederige gemors; so now it’s business unusual since business as usual failed big time.
    Ek’s bly jy het kom inloer, hier sal darem nie elke dag bloed wees nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s