Wie is jou gasvrou? Is daar ‘n verskoning vir wreedheid, Vierjarige rook dagga! Steve lyk goed! ‘n Fees in Nelspruit

Welkom terug.  Gister het ek my begin af vra, wat het jou besiel?  Maar danksy ondersteuning van Harvey se kant af het ek weer beter gevoel.  Thanks Harvey!

Baie dankie vir julle wat gister kom inloer het.  Kom gesels saam, asb. dis belangrik dat ek hoor wat dink julle en hoe voel julle oor sake.

 

WIE IS JOU GASVROU?

Vandag wil ek net gou vir jou vertel wie ek is, sodat jy darem weet saam met wie jy kuier.  Ek is in die eerste plek nie ‘n joernalis nie.  Het nog altyd gehou van skryf en nog net vir die plaaslike koerantjie ‘n paar dinge geskryf.  Ek is opgelei as ‘n verpleegsuster en is tans deel van die bestuur van ‘n piepklein hospitaaltjie wat moet kyk dat kwaliteit gesondheidsorg gelewer word. Dus kan ons verwag om dalk oor swak en hopelik goeie hospitaaldiens te chat.  Veral hier sal dit vir my belangrik wees om julle views te hoor.  Ek is passievol oor veral klientediens en dat ‘n pasient meer as net ‘n blindederm is wat in ‘n kamer le en van vergeet word.

Ek het twee great kinders ‘n meisiekind van 8;  wat lewe vir dans, kuns en drama, die ander is ‘n seun van vier wie se antwoord op die vraag wat wil jy eendag wees as jy groot is die volgde was: “Brian Habana”. So ons sal oor kinders praat, oor alleen groot maak van kinders en ek sal julle raad nodig he, oor kuns, skole en natuurlik rugby.

Gister se inskrywing is aan iemand opgedra wat vir my en my kinders oneindig baie beteken het veral in die laaste vier jaar toe ons deur ‘n baie moeilke tyd gegaan het, so ja, ons sal soms oor Steve praat en ook oor ander kunstenaars. 

Hoop jy voel tuis en onthou hierdie is ook jou blog.

 

IS DAAR ‘N VERSKONING VIR WREEDHEID?

 Wat hierdie Andrew Jordaan aan Sheldean gedoen het is onvergeeflik.  Die feit dat hy glo volgens sy pa ‘n moeilik kinderlewe gehad het gee hom nie die reg om ‘n onskuldige dogtertjie te verkrag, dood te maak en haar lyk soos ‘n stuk gemors weg te gooi nie! Dink net wat sal gebeur as ons elke keer gaan se ag shame hy’t swaar gekry in die verlede so dis maar ok dat hy ander laat ly? Enige iemand wat so iets aan ‘n klein dogtertjie doen moet gestraf word met ‘n martel toestel uit die middeleeue.  Selfs om hom te hang sal nog te genadig wees.  Ek weet die regstelsel moet hom ‘n kans gun, maar as dit my kind was sou ek wou gehad het dat hy so gestraf moet word.

 

VIERJARIGE ROOK DAGGA!

Tydens ‘n seminaar gister in Pretoria is bekend gemaak dat kinders van so jonk as 4 jaar al dagga rook.  My vraag is waar is die kind se ouers?  Hoe is dit moontlik dat jou 4 jarige kind dagga kan rook en jy weet dit nie?  Ek belowe jou ek weet hoe besig ‘n ouer kan wees, maar daar is tog veranderings in die kind se persoonlikheid en slefs ook fisiek.  As Quinton skielik met rooi ogies rondloop en giggel of oormatig baie slaperig is en na iets anders ruik sal ek dit tog sekerlik agterkom, selfs al kry ek net kans om ‘n baie kort rukkie met hom te spandeer.

Wat het geword van ons verhouding met ons kinders? 

STEVE LYK GOED!

 Dit is wat mense gesien het toe hulle Steve se Kris Kirstofferson tribute bygewoon het by Emperors Palace.  Baie bly om dit te hoor en vir almal wat so loop en hartseer in sy lewe soek;  Natahsa was saam met hom daar! Mooi so julle ek weet dit sal nou net beter en beter gaan. 

 

‘N FEES IN NELSPRUIT

Die InniBos nasionale kunstefees is vyf jaar oud en vier dit behoorlik.  Vanaf 25 tot 29 Junie word hierdie fees in Nelspruit aangebied en daar gaan groot name wees. Onthou jy nog vir Daddy Cool, Ma Baker, Rivers of Babylon en nog soveel meer?  Wel Liz Mitchell, Marcia Barrett, Maizie Williams en Bobby Farrell, beter bekend as Boney M sal daar wees om die verwagte skare van 100 0000 mense te vermaak.  Saam met hulle sal daar natuurlik ons eie groot sterre wees soos:  Steve Hofmeyr, Patricia Lewis en Eden.

‘n Propvol en opwindinde program word beplan gaan loer gerus by: www.innibos.co.za.

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s