SERVER PROBLEME – STEVE JY’S STEEDS DIE BESTE

Goeie Dag Vriende

Ek is jammer vir die lang stilte.  Ongelukkig het ek gesukkel met Vodacom se konneksie.

Ek sal seker maak dat ek minstens drie keer per week blog van vandag af.

Baie dankie aan die van julle wat vir my email gestuur het.  Ek waardeer dit.

Ek het vandag die twee weke “kursus” voltooi in die kliniek.  Gisteraand was egter vir my ‘n laagtepunt.  Die personeel was so gaaf om vir ons ‘n afskeidsbraai te reel, maar skielik het dit my ontstel dat almal so opgewonde was om huistoe te gaan en dit is die een plek waarheen ek nie wil gaan nie.

Daar sal die probleme wat my tot hier toe gedryf het weer geface moet word en tans het ek net nie die krag daarvoor nie. 

Ek het ook skielik pateties gevoel dat ek die enigste een is wat niemand het wat sal bly wees as ek by die huis aankom nie. Nee, kom ek stel dit reg, my kinders sal bly wees, maar soms het ‘n mens volwasse geselskap nodig.

Na ernstige oorweging het ek met die seen van my sielkundiges en psigiater besluit om my kinders met ‘n shuttle Bloemfontein toe te laat kom en saam sal ons dan vir twee weke weg gaan om mekaar weer te vind, so ons klim 01h00 op die bus Johannesburg toe, van daar vir ‘n paar dae Magaliesburg toe, Nelspruit toe vir Innibos en terug Joburg toe vir die laaste paar dae waar ons saam met van die SSSB ouens sal kuier.

Iemand vra ek moet vertel van die Kris Kirstofferson show.  Manne en Manninne dit was ‘n belewenis.  Ek het wel aan die begin gese hierdie blog gaan nie oor Steve wees nie, maar sekere dinge moet gese word.

“Steve jy het geen gelyke nie!”  Ek kan nie glo dat iets beter as Waarmaker kan wees nie, maar hierdie show was uit die boeke.  As Vodacom my sal toe laat sal ek vir julle fotos hier plaas.  Steve lyk goed, klink goed en is meer ontspanne as wat ek hom in ‘n lang tyd gesien het.  

Ongelukkig is altwee die katte wat hy net na sy ontslag uit die hospitaal gekry het dood, maar met behulp van die SSSB maters kon ons vir Benjamin ‘n katjie gee wat groot vreugde veroorsaak het.

Ek sal in die dae wat kom met julle van die inligting deel wat ons in die twee weke hier behandel het, aangesien ek uit die emails sien dat daar ‘n behoefte daarvoor is.  Die groepe was nie werklik besprekings oor ons eie ervarings nie, daar was baie skryfwerk gedoen waartydens jy jouself en jou emosies geanaliseer het, maar dit wat geskryf is is met niemand gedeel nie, jy kon uit vrye keuse dit later met jou terapeut bespreek as jy wou.

Hou volgende week hierdie spasie dop as jy belangstel in die groeiproses waardeur baie van ons op die oomblik gaan. 

Ek het toe die blog begin is vir Harvey gese dat ek gelukkig sal wees as ek een mens kan aanraak en ek hoop dat dit wel sal gebeur.

Groetnis en jammer weereens dat ek so ‘n swak gasvrou was.

Ingrid

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s