HOE LANK GAAN DIE VERRAAD AANHOU?

More More

Staan nader kry jou beker koffie, daar is ook Milo en selfs ‘n rooichino…

Weens die nuutste verwikkelinge sal daar meer te sien wees oor Steve op hierdie blog as wat die oorspronklike plan was.  As daar van julle is wat graag fotos met ons wil deel is julle welkom om dit vir my te mail ek het ‘n redelike klompie, maar ek is seker almal sal dit geniet om te sien wat het jy.

VIR HOE LANK GAAN DIE VERRAAD NOG VOORTGAAN? 

Daar is ‘n “joernalis” wat onwaarhede mondelings aan Steve se bewonderaars verkoop en sy doel is … ek sal na die naweek meer inligting hieroor gee.  Die rede is dat ek die naweek die kans sal kry om met hom te praat en dat ek ook eers die saak met Steve en sy bestuur wil bespreek.  Al wat ek kan se is dat hierdie persoon weereens woorde verdraai, die eer vat vir goed wat hom nie toekom nie, onder valse voorwendsels ‘n onderhoud met Steve reel en dan die kersie op die koek ‘n bosparra-aliansie vorm. Dit is baie interessant om te sien hoedat sekere mense skielik iemand hulle storie kan verander.  Ek wil nie te veel se nie, soos ek reeds gese het daar is eers ‘n paar goed wat nog uitgesorteer moet word.

Die van julle wat vanaand vir Steve by Kirkwood se wildsfees gaan sien geniet dit en stuur vir ons fotos.

Intussen is hier vir die wat nie so gelukkig is om hom in lewende lywe te sien nie ‘n troosprys.

 

POSTIEWE DENKE:

Dit is soms vir ons baie moeilik om iets positiefs in ‘n slegte situasie te sien, maar dit is tog belangrik dat ons ons denkpatrone moet verander.  Kom ons kyk vandag na hoe die interaksie tussen die bewussyn en onderbewuste werk.

BEWUSTE

ONDER-BEWUSTE

Die onderbewuste bestaan uit alles wat jy al ooit geproe, geruik, gevoel, gesien of gehoor het.  Hiedie impulse is daar gestoor.  Hoeveel keer het dit al gebeur dat jy iets hoor of sien en dit maak jou onmiddellik bly of kwaad?  Soms is die noem van ‘n naam genoeg om jou kwaad te maak. Die rede hiervoor is dat die bewuste ‘n boodskap na die onderbewuste gestuur het wat vra wat beteken Koos – die antwoord kom terug: drie jaar gelede het Koos de Beer jou bedrieg en baie seergemaak, jy was kwaad – onmiddellik is jy kwaad, maar die Koos wie se naam jy so pas gehoor het is eintlik Koos le Roux wat niks met Koos de Beer te doen het nie.

As ons positief dink en positiewe goed praat sal ons positiewe dinge na ons toe aantrek.  Dit kom baie ooreen met wat in die bestseller “The Secret” gese is.  Ek self het ook gedink dis nou net weer ‘n klomp nonsens, maar ek het dit tog ook self in werking gesien.  Dink maar aan mense wat tydens spanbou aksies oor warm kole loop.  Hulle stuur met hulle bewuste aan hulle onderbewuste ‘n boodskap dat die kole hulle nie sal brand nie en dit is so sterk dat dit selfs ‘n fisieke manifestasie het.  ‘n Eksperiment is by die Vrystaatse Universiteit gedoen waar die krag hiervan gedemonstreer is:  ‘n student is geblinddoek en ‘n stukkie staal is verhit, dit is bokant sy hand gehou en vir hom gese dat dit yskoue staal is.  Die stafie is nader aan sy hand beweeg, maar hy het steeds nie sy hand weggeruk nie.  Toe die staal 3cm van sy hand af is het hy die skielik gegryp en vas gehou.  Die dosente het sy hand oopgeruk met die vrees dat hy gebrand het, daar was geen merk aan sy hand nie.  Dieselfde is gedoen met die ander hand, behalwe dat dit toe wel koue staal was terwyl vir hom gese is dit is warm.  Die stafie is in sy hand geplaas en toe dit verwyder is was daar ‘n blaas veroorsaak deur die “warm” staal in sy handpalm.

Dus jou denke en jou woorde het meer krag as wat jy besef.  Dink positief, se positiewe goed, omring jouself met positiewe mense en jy sal goeie goed na jou toe aantrek.

Mag jy vandag ‘n positiewe dag ervaar.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s