JA ONS IS GATVOL VERBY

DIE GESKIEDENIS IS NIE EENSYDIG NIE:

 

Onthou jy nog?  Waar was jy in Jaunarie 2007?  Dit was toe Steve saam met Afriforum die monument onthul het wat gepoog het om die ander sye van die geskiedenis waarvoor Freedompark staan uit te wys.

In 1999 het Nelson Mandela gese: “…the day should not be far off, when we shall have a people’s shirne, a Freedom Park, where we shall honour with all the dignity they deserve, those who endured pain so we should experience the joy of freedom”

In 2007 was dit duidelik dat die wonderlike monument toe nie die dignity van almal wat pyn moes verduur vir vryheid beteken het nie.  Dit was nodig dat iets gedoen moes word en daar was min mense wat die guts gehad het om dit te doen, maar een persoon is nie bang om te se waarvoor hy staan nie en saam met Afriforum het Steve Hofmeyr ‘n monument opgerig om balans te verkry.

Steve: “vir almal wat geval het in diens van hul land… ook die wat nie op die vryheidspark-muur verskyn nie.  Sodat on die duur vryheid nooit mag vergeet nie van alle ideiologiee, tale, credos en kulture en hul onderskye bydraes tot ons ryk Suid-Afrikaanse erfernis nie. Almal. Nou.”

Saterdagaand in Nelspruit se Steve: “As jy gatvol is dat jou taal die skuld kry vir alles, se JA, as jy gatvol is dat net jou monumente verskuif word se JA…”

Vandag se ons JAAAAAAAAAAA!!!!! ons is gatvol verby, dit is tyd dat ons opstaan en saamstaan vir dit wat ons vir ons belangrik is. 

Vrydagaand compromise Kurt Darren deur Engels te sing nadat hy ‘n ooreenkoms gehad het om Afrikaans in Londen te sing ter ere van Madiba, die vraag kom voor hoeveel druk gaan ons ons taal verraai?  Kurt se hy is nie ‘n politikus nie, die 46664 konsert is nie veronderstel om iets met politiek te doen te he nie, dit doel is veronderstel om mense bewus te maak van HIV en fondse in te samel vir slagoffers van die siekte.  Nou my vraag word Afrikaanssprekendes nie deur HIV geraak nie, is dit weereens ‘n bewys dat Steve reg was toe hy gese het dat die fokus van 46664 en die kunstenaars wat daaraan deelneem lankal nie meer HIV/AIDS is nie.

Ek ry Saterdagoggend deur Pretoria en kan dit nie weerstaan om vir my kinders en Johanna en haar kinders Freedom Park te gaan wys nie.  Die ander sye van die geskiedenis, hulle het reeds die Uniegebou en Voortrekkermonument gesien.  By die ingang gebruik ek die kans om hulle te verduidelik waarom daar twee monumente binne 1km van mekaar is en hoe belangrik dit is dat ons ander dit gun waarin hulle glo.  Waarom kan die hele prentjie nooit gewys word nie?  Suid-Afrika het Afrikaners wat hier bly en ‘n moerse aandeel in die land se sukses het, dit is tyd dat die wereld dit aanvaar en dit sal net gebeur as ons bereid is om vir hulle te se: Hier is ons en as ons taal nie goed genoeg is vir julle nie dan gaan julle ons ook nie op julle verhoe kry nie!!

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s