Die moed om voort te gaan

Dagse

Net ‘n vroee vinnige post.  Ek is vanoggend vroeg oppad Pretoria toe om te probeer om deur die beurokratiese red tape te probeer kou.

Ek lees tans I Have Life – Alison’s Journey wat handel oor die trauma waardeur Alison gegaan het nadat haar keel amper heeltemal afgesny is en haar maag oop gesny is en sy vir dood gelaat is deur twee mans.

Sy het bokant haar omstandighede uitgestyg om die positiewe in alles raak te sien.  Nadat sy meters ver moes voortstrompel om hulp te verkry kon sy net aan haar ma dink en hoe dit haar sou seermaak dat haar dogter alleen moes sterf.

Sy het positief gebly en haar positiewe denke het haar aan die lewe gehou en inspireer om voort te gaan. 

As jy tans deur ‘n krisis gaan wat vir jou voel dat dit te veel is om mee te cope kan jy gerus dink hoe erg Alison se situasie was en hoe sy deur alles gekom het en steeds positief ander kant uitgekom het.

Mag jy ‘n mooi dag he vandag en onthou daar is altyd iemand wat omgee.

Ons drink weer more saam koffie.

 

  

Advertisements

4 comments on “Die moed om voort te gaan

  1. Wipneus! sê:

    Baie mooi positiewe boodskap. Alison se storie is inspirerend!! Hoekom lyk die mannetjie hierbo so kwaai 😆
    If looks could kil whahahaha

  2. Xanika sê:

    Ek lees nou eers van bosparra se planne. Kan hulle Steve nie net uitlos nie – wat het hy hulle aangedoen!

    Alison se storie behoort vir ons almal ‘n voorbeeld te wees. Maar veral vir my, ek kan tog so maklik kla as alles nie verloop soos ek dit wil hê nie…

  3. Wipneus! sê:

    Ingrid iemand het my gevra om hierdie boodskap vir jou te gee, ek steek dit maar weer weg, het nie jou e pos adres om dit vir jou aan te stuur nie.

    Mooi dag,
    groete

    ~~~~

    “Ingrid…

    Thanks vir jou teenkanting teen platkuif… ek dog ek staan alleen..

    Se vir Steve… hy moet vasbyt…. dit pla sy ondersteuners nie…

    Ons is jammer ander mense maak Steve so seer, maar wat hy doen pla ons nie,
    wat hy se… is wat ons na luister….

    Ek wil nie weet wat hy gedoen het nie, ek wil nie hoor wie skinder nie… ek
    soek Steve se insig op die lewe… sy spoegblog… sy musiek…

    Groete”

    ~~~~~

  4. bierpens sê:

    Hi Ingrid…

    Bly om te sien daar is nog iemand wat opstaan vir geregigheid…

    Sterkte… se vir Steve … hy moenie stress nie…. elke hond kry sy dag…. Ons sal hom altyd ondersteen…

    Groete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s