Die grootste skat.

Vriende

As iemand vanaand vir jou moet vra wie is die belangrikste in jou lewe.  Ek glo die meeste van ons sal dadelik antwoord my kind.

In Maart vanjaar vra iemand vir Steve watter lied hy as sy gunsteling beskou, sy antwoord sonder om te huiwer, was: “die wat vir en oor my kinders geskryf is” en spontaan begin hy sing:

Voor my hierdie oe

Elke oogknip vat jou te lank weg                     

Voor my hierdie mond

Wat woorde deur my hart kan vleg

En as jy my sou beindruk

So ek weet wie hier voor my staan

Sal my wereld sonder jou vergaan

Sonder jou vergaan

Voor my hierdie neus

Wat sag moet raak as ek wil weet

Hoe dit voel om jou in te neem

En ‘n oomblik binne my te leef

Voor my hierdie kind

‘n kiekie waar ek myself droom

In ‘n tyd toe ek soos jy jonk was

 En ‘n appel naby aan ‘n boom                 

Naby aan ‘n boom

Voor my hierdie kruis

Van hande wat ek moet laat gaan

En eendag in jou eie huis

Die kind in jou moet leer verstaan

Die kind in jou moet leer verstaan

Die kind in jou moet leer verstaan

Die kind in jou moet leer verstaan – S. Hofmeyr

Kan die onskuld van ons kinders nie die oplossing vir al ons probleme word nie.  As ons met die liefde waarmee kinders mekaar lief het en so maklik soos hulle kan vergewe sal baie trane en bitterheid gespaar word.

Lekker aand vir almal.

          

 

Advertisements

3 comments on “Die grootste skat.

  1. leona1 sê:

    Lo Ingrid,

    Dit is so waar wat jy hier se, en dit maak net soveel sin. Is een stunning song hoor!

    Lekker aand
    🙂

  2. Wipneus! sê:

    Mmmm is ‘n mooi “song” ♪

    Ja Steve is lief vir sy kinders en sommer al die ander kinders ook. Kyk nou net die oulike Laaities en Ladies CD wat hy gemaak het!!

    My Ouma het altyd gesê ‘n man wat lief is vir Kinders en Diere het ‘n hartklop daar in sy borskas 😉

  3. neykie sê:

    Jy praat die waarheid, kinders kan nou baklei en 5minute later speel hulle weer heerlik saam. Wipneus, een liedjie wat Steve op laaities en ladies sing. “die foto van ons moet jy goed bewaar” dink ek en hy sing hom saam Simon

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s