WAT SKULD EK JOU?

WANNEER SKULD EK JOU IETS?

 

Sedert Augustus verlede jaar het ek danksy SSSB meer betrokke geraak by verskeie van veral Steve Hofmeyr se fans en iets het my opgeval.

Wat is werklik ons gewone ouens in die straat se verhouding met hierdie mense?  Hoeveel skuld hulle ons en wat skuld ons hulle?

Ek kan onthou dat Steve een keer gese het: “die feit dat jy my cd koop beteken nie dat ek jou ‘n koppie tee skuld nie” (sorry Steve, dalk weereens nie jou presiese woorde nie)  Ek koop Waarmaker of Desertbound en wat moet ek daaruit kry? die genot om nog vir ure en dalk jare lank na die musiek te luister en my eie memories daar rondom te bou – dit is al.  Wat moet die kunstenaar terug kry? die geld wat ek betaal het om sy/haar konsert te gaan kyk of die cd te koop en die appouls wat tydens die konsert daar is.  Ja beslis ook die mooi woorde van die mense na die tyd, maar eintlik is dit net ‘n bonus, net soos wat die handtekening en fotosessies wat dikwels met so ‘n vertoning gepaard gaan ‘n besliste bonus is vir beide partye, maar die kunstenaar skuld ons dit nie, hy/sy skuld ons ook nie ‘n toer deur sy/haar hart of huis nie.

Mense wat my ken weet ek was en is steeds ‘n groot bewonderaar van Ge Korsten en ek het ook iets by daardie wonderlike man geleer, hy het nooit fans as geldmasjiene gesien nie.  As ek vandag moet se watter dinge ek die spytste oor is wat in my lewe weggeraak het dan is dit die versameling aandenkings wat ek van hom oorgehou het, die kers kaartjies van hom en Elna, die handgeskrewe briefies om net hallo te se… Het hulle my dit geskuld? Nee, want sulke intieme vriende was ons nooit, maar dit het tog baie beteken.

Daar het ‘n soort van ‘n kultuur onstaan dat ons die hele tyd voel ons moet vir iemand iets gee om te kan kwalifiseer as ‘n spesiale persoon in selfs ‘n wildvreemde mens se lewe.  “As ek die duurste ingevoerde truffles vir jou gee na jou konsert, sal jy my sekerlik more nog onthou en as ek jou bestuur bel en demand om saam met jou te gaan eet dan beter jy dit doen, want net gister het ek my laaste grocery geld gevat om vir jou tjoklits te koop.”  Vriend wie het jou gevra om dit te doen?  Hoekom moet ons so dikwels dinge met ‘n bymotief doen en as daar dan nie aan ons verwagtinge voldoen word nie, dan is die ander persoon verkeerd, sleg, hoogmoedig en sommer nog baie ander dinge?

Ek verstaan dat ‘n mens graag iets tasbaars wil gee as iemand vir jou spesiaal is en sterre word deur baie van ons as beter as die res gesien, dit is ook reg en mooi dat ons dit doen solank ons net onthou jy het hou skuld aan hom betaal toe jy die kaartjie gekoop het en hy het sy skuld aan jou betaal toe hy vir 90 minute gesorg het dat jy vergeet het van alles wat jou pla.

Sorry as dit dalk na ‘n Sondag preek geklink het dit maak my net hartseer as ek sien hoe mense seerkry deur onvervulde verwagtinge wat aan vreemdes gestel word en hoe hierdie arme doodgewone sterre skuldig voel omdat hulle nie alles vir almal kan wees nie.

    

 

Advertisements

6 comments on “WAT SKULD EK JOU?

  1. Wipneus! sê:

    Ek deel nie my tjoklits!! Ek sal miskien enetjie gee, maar regtig daar trek ek die streep!! 😆

    Mind-u ek is baie lief om geskenke te gee, dis lekker om geskenke te gee!!! Ek hou ook daarvan om geskenke te ontvang (‘n flake sal ook doen 😉 )….. gee en ontvang asb sonder bymotiewe. Mens moet geskenke gee omdat jy graag wil! Ek gee geskenke vir spesiale mense sodat hulle lekker kan voel, dis mos waaroor geskenke gee gaan??? Deel so bietjie “happy” uit!

    Ek het ook nog net eenkeer vir ‘n ster ‘n geskenk gegee!! Niks bymotiewe….dit was lekkerrrrr o bygesê, dit was nie tjoklits 😆 Ek is ook seker daai ster vir wie ek die geskenk gegee het, weet daar was geen bymotiewe! 😛

    Geskenke uitdeel is ‘n kuns, jy moet dit met die regte gesindheid doen…. of los liewer!

  2. Ingrid sê:

    Dankie Wipneus, jou teenwoordigheid hier is ‘n geskenk vir my.
    Geniet jou aand.
    Luv

  3. leona1 sê:

    Hi Da Ingrid,

    Gee asb bietjie meer info oor die Waarmaker show in Krugersdorp die 17de Julie.
    Wil kyk of ons dit kan bywoon.

    Lekker aand verder

  4. 007meisie sê:

    Lo goggas! 😉

    Nes Wipneus daar sê! Ek deel ook graag geskenke uit! Veral as ek iemand baie waardeer of as iemand ‘n invloed op my lewe het wat vir my baie beteken en dit voel of ek met woorde nie kan my waardeering so blywend deurgee as wat die persoon dalk die geskenk meer as 1x sien. Okay ons praat nou nie van tjoklates nie! Maar dis tydelike geskenke tot dit deur die spysvertering is dans die lekker verby! Hehehe!

    Soos ‘n boek, of van daai edelgesteente klippe goette wat elkeen mos ‘n storie vertel! AS die persoon dit sien dan dink hy/sy mos weer aan either die vriendskap of lekker lag saam of die tyd toe hy/sy half dooi in die hospitaal was en die snuggle teddy gekry het etc!

    Dus: Jip – geskenke uitdeel is ‘n kuns! En ongelukkig meer as net soms kry buitestaanders die verkeerde idees en verstaan nie die gesindheid waarmee mens geskenke uitdeel nie!

    Onthou net, soms raak mens best buds met iemand wat jy deur ‘n kennis vir besigheid ontmoet het! Of hoe om ookal, life happens, and let it happen to you!

    Bravo 2 oor en uit!

  5. Wipneus! sê:

    Ek steek hierdie stukkie weg Ingrid…. ek het nou al genoeg gal gebraak gister op my blog!!

    Ek gaan vir my ‘n F*k….. t-shirt laat maak! Uh-uh ek kan duidelik sien, daardie storie wat my ma my geleer het van vloek. Dis ou nuus….. dit werk nie meer nie. Sorry ma!! Ek gaan nou maar die lewe verder deur F*k!! 👿

    (btw Ingrid daar loop nou nuwe stories rond, weird goed, ek het amper van my stoel af geval van vebasing. Hier sal mens moet kophou of jy gaan dit heeltemal verloor. They’re out to get us girl!!)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s