STEVE JY LYK AMAZING!!!

‘n Klip in my skoen so groot soos ‘n rots

 

Dit is Saterdagaand en soos gewoonlik kyk ek gou wat het die eletroniese media te berig.  Tussen al die negatiewe dinge van ou mense wat beroof, vermoor, ontvoer en bedrieg word en jong kunstenaars wie se verhouding daarmee heen is terwyl die media hande klap en juig is daar ‘n opskrif wat positief klink, at least iets goeds wat gebeur het.

Die opskrif:  Steve met sy ronder wange steun Joe F by CD-bekendstelling – gavin prins
OK, dis mos hoe ons hom ken hy gee om vir nuwe talent, maar all that glitters is not gold.

Lees jy die artikel word dit vinnig duidelik dat Gavin nie kan wag om insiuasies te maak en vinnige skerp steke in te kry nie:   Rokjagter? Media-hater? Vryheidsvegter? Of sommer net plein Jacob Zuma se nuwe beste vleisbraaivriend.                                                 

Firkin was stampvol en die bebaarde Steve stap tussen ’n klomp mense deur. Hy het skaars in die BBP-deel van die kroeg gaan sit of die vroue het begin toustaan vir sy handtekening en wie weet wat nog.                                                         Feesgangers by InniBos het begin gekla dat ou Stefaans so maer lyk ná sy operasie. Hello? Wys vir my iemand wat ná drie dae se hospitaalkos vet by die huis aankom. Maar by Firkin kon jy duidelik sien daai wange begin weer rond word.

Daar word beweer dat Steve R120 000 per optrede vra, Gavin ek weet nie wie is jou informant nie, maar dalk moet jy eers uitvind watter dwelms hy/sy gebruik.  Steve se fooi word aangepas by groote van die venue.  Dink net ‘n bietjie as hy R120 000 vir ‘n plek vra waar daar net 450 mense kan sit wat gaan daai mense dan per kaartjies moet betaal sodat die organiseerde ook nog wins kan maak?

Steve het wel gewig verloor tydens sy verblyf in die hospitaal, maar by Innibos was daar beslis nie ‘n uitgeteerde maer Steve op die verhoog nie!  A picture speaks a thousand words:

 Mei 2008 Kirstofferson 2008 Inni bos 2008

Krugerdorp 2008

Mooi so Steve dat jy die jong ouens ondersteun en help waar jy kan; in die besigheids wereld word gese dat die merk van ‘n ware leier is hoeveel ander se potensiaal hy ontwikkel het tot leiers in eie reg – hierdie selfde reel geld in die vermaaklikheids wereld en aan daardie standaard gemeet is Steve groter as wat ons ooit kan beskryf.  Mooi so Steve!! Jy lyk goed, het so gelyk tydens Kirstofferson, Innibos en beslis ook hierdie week!

 

 

Advertisements

One comment on “STEVE JY LYK AMAZING!!!

  1. Wipneus! sê:

    Hi Ingrid

    Dankie vir die! Ek het nogal gewonder hoe dit met hom gaan.

    Sorry ek was nie so gereeld hier nie, ek was afgepp en het dit op my blog uitgehaal 😳 Ek lê laaaaaaag. 😆
    My humeur hardloop my soms vooruit. Ughhhh!! bad times, die kant!

    Mooi bly

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s