JAMMER ALMAL

Dagse Vriende

Ek vra groot omverskoning dat ek vir twee maande “weg” was.  Groot chaos het geheers in en om my lewe, ek is tans besig om alles te herbou.  Dankie aan die van julle wat steeds hier kom loer het, die mails van julle af is amazing.  Ek kon gister eers weer op die net gaan en was verbaas om te sien julle het nie vergeet nie.  Baie dankie vir julle, dit beteken baie, veral nou.

Die wat gewonder het dit gaan goed met Steve, hy en Tasha is steeds saam, anders as wat sekere blogs graag wil he julle moet glo.  Kyk uit vir sy boek wat Saterdag die rakke tref dit is eerlike leesstof.  Sy hele doel was om al sy vyande onkant te van deur eers te se die boek kom Kersfees uit en dit toe sommer nou al beskikbaar te stel en hy het geslaag!!  Mooi so Steve, dis hoe ons jou ken en hoekom ons jou liefhet.

Laat asseblief van julle hoor en dankie vir julle liefde.

Ingrid