‘n Wegbreek Middag…

 

Kyk die blomme!

Kyk die blomme!

 

Ek’s terug vir eers.  Sal ongelukkig na vandag eers weer teen Maandag met julle kan kuier, want die res van die week is ek besig en die naweek gaan ek en Hannie bietjie Carnival City toe om Groet die Grotman te kyk.

Ek’s terug vir eers.  Sal ongelukkig na vandag eers weer teen Maandag met julle kan kuier, want die res van die week is ek besig en die naweek gaan ek en Hannie bietjie Carnival City toe om Groet die Grotman te kyk.

 

 Comments:

Dankie Vader ek was nie gister die hele middag by my rekenaar nie. 

Dankie Wipneus ek se weer ek laaik jou, want jy bly by dit waarin jy glo, min mense wat nog weet wat lojaliteit beteken.  Jou blog vandag het my laat dink aan ‘n tannie in ‘n kamer alleen nadat van haar dogters haar weggesmyt het.  Sal julle Maandag vertel, my tyd is ongelukkig nou te min.

Willa2 ek’t jou comment op Wipneus se blog gelees, nee wat, daar’s niks te vergewe nie.

Ricky – welkom, jy het nie nodig gehad om ver terug te gaan in die argiewe om te sien dat hierdie blog lojaal aan Steve is nie, so hoekom het jy dan aangehou lees?  Ek het nie nodig om enige iets aan jou te verduidelik of te regverdig nie, maar any way, die blog het verander na ‘n ondersteuning instrument vir ‘n dierbare jare lange vriend nadat Platkuif, waarmee ek nie ‘n probleem het nie, inligting vir sy Meer Bek as Binnegoed begin versamel het.  Toevallig was daar SSSB ouens wat gevoel het hulle mis vir Steve en wil hulle lojaliteit aan hom bewys.  Ook om daardie rede is daar gereeld fotos van hom geplaas, omdat daar ‘n aanvraag was.  Verder het ek dit duidelik gese dat ek nie wil in cash met sy naam nie en dit is ook hoe dit was, hy is ten volle bewus daarvan dat die blog verander het en toevallig het dit reeds alweer verander en sal dit aanhou verander, ‘n mens noem dit aanpas by dit waarna daar ‘n vraag is.

 

Wel, ek het nie vandag eintlik te veel te se nie, gistermiddag se wegbreek was om meer as een rede nodig, die kinders was ontspanne en ons altwee sien weer kans vir baie dinge.

 

A picture is worth a thousand words…

Rus en vrede, daar sal vir jou gesorg word.

Rus en vrede, daar sal vir jou gesorg word. Rustyd!!

Dis mos die lewe!

Dis mos die lewe!

Ons het water gekry

Ons het water gekry

Kyk wat het ons gekry, alles sal nou beter gaan!

Kyk wat het ons gekry, alles sal nou beter gaan!

Kyk ek dra 'n hele boom!

Kyk ek dra 'n hele boom, Ma!

 

 

 

 

Advertisements

3 comments on “‘n Wegbreek Middag…

  1. Wipneus! sê:

    Pragtige kinders Ingrid!!!

    Geniet julle naweek, ek gaan ook 😉

  2. Ingrid sê:

    Dankie Wipneus.

  3. willa2 sê:

    Stem met Wipneus. Julle kinders is rerig pragtig.
    Dit lyk asof julle dit geniet het. Ek’s bly.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s