IRENE, STEVE, DANA EN MENSE

IRENE IS WEG!

 

Irene van Wyk gewese vrou van die musiekpromotor Louis van Wyk het verdwyn.  Volgens berigte moes sy vir Gitterati verslag doen by die Vonk se prystoekennings by Emperors Palace, sy het haar hare laat doen en volgens wat bekend is was dit die laaste keer dat sy gesien is.  Daarna het sy ‘n sms gestuur om te se dat sy aangerand en “gevang” is.  Die polisie is besig met ‘n soektog na haar.  Ek wens vir Louis en die kinders sterkte toe en ons glo dat sy ok is.

 

 

 

 

 

WAARMAKER – TOER VAN LEWE!!

           

Die rumors oor Waarmaker wat nie verkoop nie is net mooi dit ongegronde malicious rumors!!  In ‘n email wat ek Maandag van Steve gekry het stel hy dit baie duidelik dat Waarmaker die toer van sy lewe is en dat tydens hierdie toer twee van die grootste shows nog gedoen is; Innibos en Aardklop.  Hy eindig die mail soos ek hom ken: “Opgee is nie ‘n opsie nie”  So die van ons wat bekommerd was, Steve is OK en die wat bly was, sorry ouens, opgee is inderdaad nie ‘n opsie nie.  Steve ons is steeds daar en sal daar bly!!

 

MENSE VAN MY ASEM ONGEKENDE SUKSES!!

 

Dana Winner het giste haar kopie van Mense van my asem ontvang en ek is seker sy het dit alreeds klaar gelees.  Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir STRUIK te se julle lewer uitstekende kliente diens.  Marlene Fryer jy is great!! Daar was ongelukkig ‘n fout tydens die bind van een kopie van Mense van my asem, wat ek van weet, Marlene is daarvan in kennis gestel en sy het uit haar pad gegaan om vinnig te reageer.  Dit word min in ons land gesien, so jy verdien vandag se ruiker!

Die eerste oplaag van Mense van my asem van 21 000 is reeds uitverkoop en die tweede oplaag van 20 000 is tans op die rakke.  Mooi so Steve, ek’t nog altyd gese jy’s ‘n uitmuntede skrywer, ok, ek sal weer omstrede wees, dalkkies ‘n beter skrywer as sanger…(jy weet ek se dit met liefde).

 

 

 

TUIS

 

Op die tuisfront gaan dit tans redelik rustig, so rustig soos wat dit kan met vier kinders en drie volwassenes in een huis en dan add ons nog bietjie buite faktore en buite mense wat noodwendig deel is van alles en ons meng dit alles deurmekaar wel, ja…

 

Jammer ek moet hardloop die dag le voor met sy eie eise, hoop julle is vandag suksesvol.

 

 Marlene hier is jou ruiker, geniet die dag.

 

Advertisements

3 comments on “IRENE, STEVE, DANA EN MENSE

  1. pietmyvrou sê:

    More Sê,

    Jis, jy is darem ‘n gelukkige mens om met Steve te kan korrespondeer. Ek sal ook graag bietjie meer oor sy optredes ens wil weet want alhoewel ek al lankal ‘n fan is, was ek nog glad nie by een van sy Waarmaker konserte nie. Waar is hy nou??? Ek is in Brackenfell in die Kaap.

    Ek lees graag blogs en het net per toeval op jou blog afgekom, ek dink amper dis was ‘n link op ‘n ander blog.

    Jou storie is darem baie hartseer. Maar mens sal nogal daarvan hou om die ander partye se kant van die storie ook te hoor. Ek glo altyd dat daar 3 kante aan ‘n storie is, my kant, jou kant en die regte kant.

    Lekker dag vir jou

  2. LYSSA sê:

    baie baie hartseer…dis egter jammer yolanda barnard was nie die keer saam met haar nie.

  3. ingrid sê:

    LYSSA, wat kan ek se, dis baie sad dat Irene dood is, maar wat dit nog slegter maak is dat die media haar nie wil uitlos nie. Plaas hulle haar loopbaan geboost het terwyl sy nog gelewe het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s