HALLOWEEN – PAMPOEN NAWEEK!!

Vrinne

Dis einde van die maand, naweek en halloween alles in een! So vandag niks ernstigs nie.  Die wat depressed is omdat die budget nie wil werk nie, hou moed, eendag…

Geniet julle naweek en rus lekker, ek’s nie so gelukkig nie, moet maar werk, gelukkig het ek werk, so laat ek ook ophou kla.

Die wat Amerikaanse waardes aanhang geniet die pampoene en dinge en mag die kinders nie te hiperaktief raak van al die soetgoed nie.

Wees veilig en geniet die mense vir wie jy lief is.

 

 

 

 

PAMPOENKOEKIES:

BESTANDELE:

500ml fyngedrukte gekookte pampoen

1 eier, geklits

62 ½ ml koekmeel

10ml bakpoeier

1 ml sout

Olie vir braai

Opdiening:

Kaneel suiker en suurlemoen skyfies

METODE:

Meng pampoen, meel, bakpoeier en sout saam.

Voeg die eier by en meng goed. 

Maak seker die olie is warm in die pan, bak lepels vol tot beide kante bruin is.

Bedien warm, besprinkle met kaneelsuiker en ‘n skyfie suurlemoen.

 

         

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s