APPOLLO EN AQUILLA

Ek kuier tussen die blogs rond en dis ongelooflik hoe mense se waardesisteme verskil.  Dink ‘n bietjie hoe verskil dit selfs soms binne ‘n gesin.  Laat my toe om julle ‘n verhaaltjie ter illustrasie te vertel.  Maak gesrus ‘n eksperiment daarvan en vra jou kollegas of dalk selfs jou familie om die karakters van die “beste” tot “slegste” in te deel en kyk net hoe verskillend dit gaan wees, luister ook na wat die rede is waarom iemand nr. 1 en iemand anders nr. 5 is.  Gelukkig is hierdie een van daai, daar’s nie ‘n verkeerde antwoord en niemand is verkeerd nie, dinge.

 

Daar was eendag ‘n baie ver afgelee area met twee nedesettings weerskante van ‘n groot onoorkombare rivier.  Die mense kon mekaar sien, maar nie by mekaar uitkom nie.  Soos wat kinders maar is het die kinders altyd op die oewers gespeel en ‘n manier gekry om met mekaar te kommunikeer.  Een aand is daar in die een dorpie ‘n dogtertjie genaamd Aquilla gebore en dieselfde nag aan die ander kant van die rivier ‘n seuntjie – Appollo.  Soos dit tyd verby gaan het die twee met mekaar “gesels” en saam gespeel.  Eendag het Appollo na die stadsvaders gegaan en hulle gesmeek om ‘n plan te maak sodat hy fisies vir Aquilla kan ontmoet en aan haar kant het Aquilla dieselfde gedoen.  Na ‘n jaar en ‘n dag is ‘n brug voltooi en kon die mense van die land van Appollo en die land van Aquilla saam kuier.  Daardie aand het Appollo en Aquilla baie gelukkig gaan slaap, want hulle het geweet dat hulle mekaar more weer sou sien en dat hulle droom om eendag te kan trou waar gaan word.

Die oggend toe hulle opstaan het hulle tot hulle skok agtergekom dat daar deur die nag ‘n groot storm was en dat die brug beskadig is.  Hulle het weer met die stadsvaders gaan praat, maar hierdie keer was die antwoord dat dit te veel tyd en energie sal neem om die burg reg te maak.

Aquilla het langs die riviers gesit en huil toe Sinbad die skipper daar verby kom.  Hy wou weet wat fout is en sy het hom haar storie vertel.  Sinbad is ‘n geharde sakeman en het ‘n geleentlheid gesien.  Hy het belowe om Aquilla oor die rivier te neem na Appollo as sy die nag saam met hom sal deurbring.  Aquilla het gese dat sy dit nie kan doen nie, maar vir hom haar kosbaarste besitting ‘n sy serp sal gee.  Sinbad het belowe om tot die aand te wag en as sy dan nie van plan verander nie sal hy weggaan en sal sy vir ewig weg van Appollo moet lewe.

Aquilla het na die wyse ou dame in die berg gegaan en gevra wat haar te doen staan.  Die wyse ou dame het gevra hoe oud sy is en ter aanhore daarvan dat sy 22 jaar oud is gese sy moet haar eie besluite neem en die gevolge daarvan dra.

Aquilla was desperaat om by Appollo te kom en het Sinbad se aanbod aanvaar.  Die volgende oggend het sy vir Appollo in sy eie land gaan ontmoet.  Die vreugde was groot totdat Appollo gevra het hoe sy daar gekom het.  Aquilla was eerlik en het hom alles vertel.  Appollo het haar van hom weggestuur en gese hy sal haar nooit kan vergewe vir wat sy gedoen het nie.

Pierre wat ook in die land van Appollo woon het haar hartseer langs die rivier gekry en gevra wat fout is.  Hy het toe met Appollo gaan praat en hulle het ook handgemeen geraak.  Appollo wou steeds nie vir Aquilla terug neem nie.  Pierre het onderneem om vir Aquilla te sorg en haar te help in die vreemde land van Appollo en hulle het lank en gelukkig saam gewoon.

 

Ons vind vyf mense in hierdie verhaal, hoe dink jy wie het die beste opgetree, tot by nr 5 wat duidelik die grootste skurk is?

 

Lekker dag vir julle.

 

PS Ek sien dat daar mense is wat voel hulle het Steve gemis toe hy in die Kaap was, ouens hy’s nog nie klaar met julle nie! gaan kyk bietjie by www.stevehofmeyr.co.za

 

 

 

   

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s