DD/BP/WIPNEUS EN ANDER BLOGS

Ek kry iets in my inbox wat vra, lees jy ander blogs?  Beslis ja, ek kuier elke dag by Frank Botha se missing-childrenDaaglikse Dosis, het al bietjie baie te se gehad daar op tye, (amper was dit ook nie so nie, daar was ‘n tyd dat ek ook gedink het Frank is ‘n skurk, maar nou ja moenie alles en almal glo nie); Wipneus se onder die maan en sterre bring altyd biejtie normaliteit en vrede; Zee se scribbles; White Knight se op soek na die waarheid en natuurlik Sammi se pasebekkie is almal onder my favorites gefile, ag en dan net vir good measure gaan loer ek in by Kuifie en sy vrinne op bosparra.  Julle kan gerus gaan loer waarmee is hulle besig met die BP/MC projek, dit verdien beslis ondersteuning.

Dan kyk ek sommer so impulsief na ander blogs ook, gewoonlik link ek sommer so van julle ouens af na hulle toe, maar hierdie is my gereelde kuierplekke. Verdraagsaamheid is baie belangrik en ek vind dit dalk makliker omdat hierdie nie ‘n kommersiele blog is nie en ek nie nodig het om te kompeteer met ander ouens vir ratings en hits ens nie.

 

Ek het reeds gister op Daaglikse Dosis die debat rondom die fel van ‘n oordeel geniet.  Baie waar woorde wat daar in ‘n boek geskryf is:  Met die maat waarmee jy oordeel sal jy geoordeel word”  Ek sien dit dan ook elke dag meer en meer gebeur waar ek bv besluit iemand doen iets onvergeefliks en net more kom ek in ‘n situasie waar ek presies dieselfde optree en dan eers sien dat die ander persoon ‘n baie goeie rede gehad het om dit of dat te doen.

 

Iemand baie dierbaar, wat ek nie sal blootstel nie, vra gister in ‘n mail hoe dit gaan met ons:  Almal wat graag wil weet, dit gaan goed, ons is gesond, het ‘n blyplek, pragtige kinder swat baie lief is vir ons en ons het mekaar en word elke dag liewer vir mekaar, deels omdat ons gedwing word om in ons eie heelal te lewe en slegs op mekaar en natuurlik Eugene en Bennie aangewese is vir ondersteuning beweeg ons steeds nader aan mekaar.

    bennie-eugene  img_2146  100_56611

 

Ek kan ongelukkig nie vandag aandag aan blogging gee nie aangesien ek elders besig sal wees, ek hoop julle geniet mekaar se geselskap.

butterfly-8585

Hierdie posting moes reeds gister verskyn het, maar weens onvoorsiene omstandighede het ek nie by ‘n rekenaar uitgekom nie.  Ek sal later vandag vertel wat alles gister gebeur het.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s