JUSTICE FOR ALL?

450px-justice_statueNa die dag wat ons gister gehad het is dit net natuurlik dat ek vandag oor Justice sal gesels.  Vrinne, so trek ek en Hannie toe mos nou gisteroggend na 115 Market Street toe vir die aanhoor van haar skeisaak.  Al die vorms is voltooi, die nodige kennisgewings is uitgestuur per gerigestreerde pos soos deur die hof bepaal ens, maar daar is reeds in oorleg met die maatskaplike werker besluit dat sy sal vra vir verwysing na die gesinsadvokaat aangesien daar sake t.o.v. die kinders uitgesorteer moet word.

 

Ons arriveer en kyk op die lys watter hof, ok, hof A 9h00.  Teen 9h00 sit ons toe mooi kierts regop op die harde houtbankie en wag vir die regter, sy verskyn so 9h30 en begin met haar dagtaak.  Soos die gewoonte is word mense met regsverteenwoordiging eerste gehelp, maar elke keer wanneer iemand se selfoon ‘n geluid maak word die hof verdaag vir +/- 15 minute en so stap die tyd aan.

 

Ek kry die geleentheid om ‘n vinnige konsultasie met ‘n baie gawe advokaat te he wat saam stem met die advies van die ander dame en so wag ons nou maar onse beurt af.  Teen 14h45 word die saaknr. geroep.  Uitstel word gegee om die saak na die gesinsadvokaat te kan verwys.  Van een kantoor na die volgende totdat al die nodige vorms weereens voltooi is, nou na die 427px-luca_giordano_013gesinsadvokaat se kantoor oorkant die hooggeregshof.  Ons kom daar in gestorm, bang die plek gaan toemaak, want dis reeds amper 16h00, en so ken ons mos almal staatsdepartemente.  Vinnig op na die 13de vloer; “We’ll open a file and phone you for an appointment” vertel die dame agter die toonbank, so hier gaan ons weer terug en tot by die huis.  ‘n Hele dag afgestaan daaraan om te hoor: “We’ll phone you to make an appointment”  Werklik in vandag se ekenomie, is daar nie ‘n ander manier om sulke dinge te laat gebeur nie.  Toe die saak begin is het die klerke wat die vorms voltooi het geweet daar is kinders betrokke, toe die man die aansoek om gedeelde toesig en beheer teen staan, het hulle weereens geweet daar is kinders betrokke, toe Hannie sy verweer teenstaan het hulle dit weer geweet en steeds kon niemand se: “Die saak moet na die gesinsadvokaat verwys word nie”

 

Ek gaan lees op oor Justice en dis wat ek kry:

Justice is the concept of moral rightness based on ethics, rationality, law, natural law, fairness and equity. A conception of justice is one of the key features of society.

 

Nou vra ek myself die vraag as dit is hoe dit in ons howe gaan hoeveel geregtigheid of Justice is daar en dan wonder ons hoekom die regsproses so lank neem.  Die regter het dit dan ook duidelik aan een van die prokureurs 150px-giotto_-_scrovegni_-_-50-_-_injusticegestel dat ‘n dagvaardiging vir ‘n egskeiding na ‘n jaar verjaar, kan die rede waarom dit gebeur dat sake soveel keer uitgestel word dalk wees omdat die persone wat die inligting moet deur gee nalaat om dit te doen of wag vir die volgende ou om iets te se?

 

Rustige dag vir almal en mag jy gelukkig genoeg wees om ‘n bekwame prokureur te he, want ek het ook gesien dat daar gister mense was wat astronomiese bedrae geld kry en steeds nie weet wat hulle doen nie.

 

Advertisements

7 comments on “JUSTICE FOR ALL?

  1. beertjie1 sê:

    Ingrid, hou baie van jou blog, lees jou comments altyd daar by Frank. Baie interessante blog, soos jy seker weet het ek die facebook account http://www.facebook.com/group.php?gid=9264258662 net nadat Steve sy blog toegemaak het. Sal defnitief meer hier lees noudat ek jou blog raakgeloop het.

  2. Ingrid sê:

    Welkom beertjie1 goed om jou hier te he, ek sal gaan loer op facebook.

  3. netjane sê:

    Vreemd dat die dagvaarding nie sommer met die uitreik slag gesinsadvokaat toe gestuur is nie… CDC aangeleentheid?

  4. Ingrid sê:

    Netjane, klink of jy weet van die dinge, ek kon ook nie mooi verstaan nie, want toe ek geskei is was die gesinsadvokaat van dag een af betrokke en die regter het meer as een saak uitgestel omdat daar nie ‘n verslag van hom was nie en dit nogal in Umtata, mens verwag soortvan dat dit hier meer effektief sal wees.

  5. netjane sê:

    Ja, Ingrid, ek’s ‘n prokureur, hanteer egter nie egskeidings nie. Ons is maar net gewoond om uit te reik by HGH, oor die straat te stap en in te gee by gesinsadvokaat. Dis eintlik die hof se werk om die goed by die gesinsadvokaat af te lewer, maar nou ja. Justice for all, en al daai tipe dinge! 😉

  6. gerba sê:

    Ingrid, is dit met jou wat Frank so kwaai is oor bekgevegte en waaroor gaan dit jong? lyk my n hele hoop van ons het iets gemis?

    Nice blog by the way, het nogals lekker gelees. Moet se, jys n steve supporter tot die dood toe. ken jy hom persoonlik?

    lekker dag

  7. Wipneus! sê:

    Sterkte vir julle met die saak Ingrid! Ek hoop die dinge gaan gou uitgesorteer word 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s