Dis Naweek!!

Nuwe meters vir dronkryers
Nov 06 2008 11:26:05:690PM  – (SA)  

André Damons

andre.damons@beeld. com

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het gister hul alkohol-toetssentrum bekendgestel wat dronkbestuurders se alkoholvlak onmiddellik kan bepaal.

Dié Drager Intoximeter Alcohol Evidential Test Centre in die JMPD se kantoor in die middestad sal voortaan 24 uur per dag, sewe dae per week oop wees en die metropolisie hoop om die aantal dronkbestuur-skuldigbevindings met tot 90% op te stoot. Die sentrum sal die naweek in gebruik geneem word.

Die sentrum beskik oor agt Drager-alkoholmeters wat iemand se alkoholvlak met ’n asemtoets kan meet sonder dat ’n bloedmonster geneem word. Uitslae word onmiddellik uitgedruk en hofsake sal nou binne ’n week afgehandel kan word. Vyf uitdrukke word gemaak waarvan een gegee word aan die bestuurder, een aan die beampte wat die toets gedoen het en twee aan die metropolisielid wat die verdagte gearresteer het. Een sal ook in die dossier geplaas word.

Dié toestelle kos R75 000 elk. Agt metropolisiebeamptes sal die sentrum beman.

Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gaan hulle dié feesseisoen baie meer dronkbestuurders vasvat.

“Die doel van die sentrum is om onmiddellik verdagtes se alkoholtoetsuitslae te kry. Die Drager-toestel gaan dit onmiddellik beskikbaar stel en ons hoop dit sal ’n impak op die aantal ongelukke hê.”

Minnaar het gesê dit was moeilik om van die aantal dronkbestuursake rekord te hou wat in die hof was omdat die wagtydperk vir bloedtoetsuitslae so lank geduur het. In die verlede was die wagtydperk tussen 12 en 18 maande.

Volgens Minnaar is die toestel deur die wetgewer goedgekeur.

Prof. Marinus Wiechers, oudhoogleraar in die regte, het gesê die uitslae van die toetse kan wel in die hof as bewyse gebruik word.

“Sodra dit in die hof gebruik word, gaan dit deur die verdediging aangeval word. Daar moet dus bewys word dat dit wel betroubaar is,” sê Wiechers.

 

safetyad1Ek sien hierdie berig in Beeld vanoggend en onthou skielik wat verlede Vrydag gebeur het.  Ek staan in Brixton polisiestasie se aanklag kantoor en wag vir iemand.  ‘n Dame vertel vir die konstabel dat ‘n manspersoon wat teenwoordig is vermoedelik onder die invloed van alkohol is en nie ‘n geldige bestuurslisensie besit nie.  Glo dit as julle wil, die konstabel vra nie eers die man of dit moontlik waar is of om sy lisensie vir haar te wys nie, sy laat hom doodeenvoudig toe om in die spitsverkeer 16h45 Johannesburg se strate in te vaar!! Hoe streng is ons wetstoepassing en hoe veilig is ons op ons paaie indien daar so min deur ‘n geregsdienaar omgegee word.  Sy’t nie eers nodig gehad om die verdagte te gaan soek nie, hy het voor haar gestaan.

Wees veilig die naweek en sorg vir jouself, want niemand anders gee oenskynlik om nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s