VERHOUDINGS…

Ons lewe in ‘n tyd en spasie waar verhoudings aangeval word.  Ek was gister aangeval oor my assosiasie met ‘n mede blogger, Frank Botha.  Ek het nog nooit gese Frank is my beste vriend, dat ek hom elke dag mail, bel of sien nie.  Ek het bloot gese dat ek Frank se blog lees, so ook ander en ek comment daar net soos op ander plekke.  Ja ek het Frank al gemail, ons het al ontmoet en gechat die wat mooi leer lees het weet dat ek Frank dankbaar is omdat ek en Hannie saam is, net soos vir Steve en Stoffel. Is dit reg om aannames te maak oor iemand se vriendskap met iemand anders?  Wat het geword van freedom of association?  Omdat jy iemand nie like nie of nie hou van wat hy doen nie mag niemand van die ou hou nie, werklik mense ons lewe in ‘n land met moontlik die mees liberale grondwet ter wereld, net jammer die mense op voetsoolvalk, ons, wil dit nie aanvaar en toepas nie.

 

Ek hou nogal van luister en toe hoor ek iets anders:  As jy in ‘n verhouding is moet die ander persoon van elke woord weet wat jy se of skryf en elke oomblik van elke dag weet presies waar jy is en waarmee jy besig is, Hello, hoe prakties is dit nou eintlik?

 

Ja, ek print elke dag die blog en vat hom huistoe, daar verslind Hannie hom en bewaar hom daarna, persoonlike emails word ook saamgevat, as ons saam is sal ek maklik my selfoon vir haar gee om ‘n sms te lees, veral as dit van Bennie of Eugene kom, toevallig weet ek dat hulle ook hulle mail en smsse met mekaar deel, soveel so dat ek nou al begin het om email vir die een te stuur en vir die ander te cc, sorry ouens ek doen dit nie met smsse nie, dit kos ekstra geld.

 

So nou’t ek bietjie loop lees oor verhoudings, want ek dag toe ek’t dalk die kat aan die watsenaam beet.

 

GESONDE VERHOUDINGS:

  • 800px-laughing_coupleMaak mense gelukkiger en verminder stress
  • Is realisties en flexible
  • Beteken deel en neem
  • Sluit selfsorg in
  • Maak gebruik van fair fighting skills

 

TIPS:

  •  
    1. wees realisties- niemand kan alles altyd doen soos jy sou wou nie
    2. praat met mekaar – moenie wag tot volgdende maand om oor die kos te kla wat te sout was nie en moenie met jou vriende praat oor jou maat se foute voordat jy nie eers met jou maat gepraat het nie
    3. wees buigsaam, situasies gaan verander pas daarby aan en aanvaar dat jou maat ook soms gaan verander, dit betken nie jy is nie meer belangrik nie
    4. sorg vir jou self – jy kan nie deel dit wat jy nie het nie, herlaai bietjie jou eie batterye
    5. wees betroubaar – as jy iets belowe het doen dit of verduidelik uit jou eie waarom jy dit nie gedoen het nie
    6. fight fair – wat in die verlede gebeur het behoort tot die verlede, moenie ou koeie uit die sloot gaan grawe nie, handhaaf oop kommunikasie en gee die ander persoon ook kans om te praat
    7. wys jou warmte – studies het getoon dat die mees gewaardeerde dscf1906kenmerk van ‘n gesonde verhouding warmte is
    8. behou balans – moenie jou lewe oorvol maak sodat jy later nie meer kan asemhaal nie, ‘n gesonde verhouding is nie versmorend afhanklik nie
    9. dis ‘n proses – gesonde verhoudinge vat tyd en word net beter met die tyd
    10. wees jouself – dink net aan die KFC advertensie waarin die meisie moet besluit wat om te bestel en haarself afvra of sy vir die res van haar lewe ‘n vegetarier kan wees

 

Hoop jou verhoudinge is die naweek gesond en gevul met warmte, liefde en eerlikheid.

flower_and_butterflies-3254

P.S. Asseblief mense, hierdie is op niemand persoonliks gemik nie.  Van die dinge waaroor ek praat is wat ek in my daaglikse werksituasie hoor en sien gebeur.  Ek val niemand aan nie.  Vriendin, jy’s reg dit is amper Kersfees, maar oral is gevegte besig om totaal hand uit te ruk, niemand word ‘n kans gegun om vrede vir hom/haarself of hul gesin te soek nie, kom ons probeer dan net vir vandag in vrede met mekaar lewe.  Welkom Gerbra, goed om jou hier te he.

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s