Mense van my Asem verkoop nie – Ha ha ha

Skielik het vandag se topic verander nadat ek in my inbox gaan loer het.  Ek het ‘n rukkie gelede besluit om nie sommer weer oor Steve Hofmeyr te skryf nie, maar werklik.  Wat het die man aan die gemiddelede ou in die straat gedoen?

 

djm_pretoria153_010Eers het die rumors gehardloop dat die mense verlede naweek die gronde van die Voortrekkermonument verlaat het toe hy op die verhoog verskyn, ek het met onafhanklike persone gepraat en hierdie foto wys dat nie een mens met ‘n sambreel onder die arm weghol nie!

 

Daar was selfs gese dat tydens die Rittelfees geboe was toe sy naam aangekondig word, wel die wat Pasella gekyk het kon sien dat dit nie so was nie, die mense het dit geniet om hom te sien optree.

 

Nou is ons weer terug op die out rant waar beweer word dat Mense van my Asem nie verkoop nie en stof opgaar op die rakke, nog erger word daar beweer dat die media weier om reklame te doen vir die boek. 

 

97817702204921Ek het weer my huiswerk gaan doen en ek wil dit baie duidelik stel dat ek nie met Steve oor hierdie sake gepraat het nie, die inligting kom van ander bronne wat geen wins kan maak hieruit nie.  Nie een van hierdie bewerings is gegrond nie!

 

Ek’t so pas hierdie email van STRUIK ontvang: Die gerugte is absolute nonsens. Ons het 20 000 eksemplare van Mense van my Asem gedruk en verkoop en verlede week n herdruk van nog 20 000 in ontvangs geneem. Die boek  verkoop soos soetkoek. Vir die laaste 4 weke al is dit die topverkoper in SA. Ons het ook uitstekende media dekking gehad. Ek het geen idee waar die gerugte vandaan kom nie, maar dit is van alle waarheid ontbloot!

Baie dankie julle ouens is great en hulle reaksie uitstekend!

 

20081120171525danaensteveOnthou sommer ook om Steve se Kirstofferson CD of  DVD of dan sommer altwee as jy wil te kry en te sien watter uitmuntende ster hierdie is.  Hy is dan ook vanaand saam met Dana Winner op Sweepslag op SABC 2 om 19h30, kyk gerus, dit sal verseker die moeite werd wees.

 

Van al hierdie dinge kan ek net een ding se en ek haal Kirstofferson se:  Jesus was a Capricorn aan:

’Cos everybody’s got to have somebody to look down on, 3975426

 Who they can feel better than at anytime they please.

Someone doin’ somethin’ dirty, decent folks can frown on.

If you can’t find nobody else, then help yourself to me.

Help yourself, brother.

Help yourself, Gentlemen.

Help yourself, Reverend.”

Van die eerste keer wat ek Steve hierdie song hoor sing het was my kommetaar, dit kon net sowel vir hom autobiografies gewees het, want as daar niemand anders is wat die skuld kan kry nie, dan gee ons dit maar vir Stefanus Johannes Hofmeyr.

 

Verstaan my asseblief baie mooi, as jy gedink het hierdie posting gaan oor Steve is jy verkeerd, dit gaan oor onregverdige aannames wat gemaak word, mense wat onnodig seergemaak word en mense wie se loopbane ten alle koste deur ander vernietig moet word.

 

‘n Spesiale vriendin stuur vir my email waarin sy vertel hoe sy gehoor het van iemand wat veronderstel is om verantwoordelik te wees wat ‘n belofte gemaak het dat hy nie sal rus voordat hy Steve se loopbaan vernietig het nie, wel ou maat jy gaan nog lank vat en baie moet sukkel om dit reg te kry, so rus sal jy nie gou kan nie.

 


Geniet jou naweek en hopelik kan ons onthou wat my ouma altyd gese het; as jy nie iets goeds van iemand kan se nie, bly dan liewer stil.  Die wat die naweek in Rustenburg by die Platinumfees gaan wees, geniet jou gate uit!!

 

Advertisements

10 comments on “Mense van my Asem verkoop nie – Ha ha ha

  1. Wipneus! sê:

    Hier kom rant en rave ek ook so voor die naweek! whahaha 😆
    Wat is ‘n week nou sonder ‘n rave …. ROFL

    Die mense wat so klippe gooi het groter geraamtes in hulle kas. Finish en klaar ek laat my nie anders oortuig nie.
    Ek kan amper ‘n waarborg gee daarvoor!
    Hulle is kinds man!
    Almal het foute – Steve is net mans genoeg om sy foute te erken. Jy kry dit nie sommer maklik nie!

    Dan oor daardie persoon wat so obsessie het oor Steve, natuurlik het dit my baie gepla. Ek was op ‘n mission en het alles van hom uitgevind….. “boring karakter” is al wat ek kan sê!! As my man so “boring” en agterbaks is hardloop ek so vinnig weg, ek sal lyk soos ‘n verskietende ster.
    Wat dit nog snaakser maak is dat daar mense is wat aan hierdie persoon se lippe hang…. uh-uh mens moet waak saam met wie jy uithang …. Ek is baie versigtig vir snaakse karakters!! 🙄
    “Agterbaks” – wag net vir Desember dan sal ek jou weer aan die woorde herinner…… Daar is nou eers ander dinge wat aandag vereis!! whahahaha (Ek hou dit van die kantlyn af dop)

    Ek haat dit as mense ‘n ander mens vertrap wat alreeds swaarkry. (Dit hoef nie noodwendig eers Steve te wees nie) Maar my Teddie sê daar is “no way in hell” dat hulle Steve se loopbaan kan verwoes nie. As jy goed is, is jy goed!! 😆 Hulle is jaloers, in ‘n erge graad! Hulle maak my bang!! 😯 Hulle het dit ook nie in hulle om dit te kan doen nie, die bewyse is alreeds daar! 🙄

    En wees verseker Steve kry nie die helfte so swaar soos Natasha en die kinders nie. Steve baklei nogsteeds vir sy huwelik hy het dit vanoggend op RSG gesê!!! Ag was dit nou ‘n nice interview met Steve, Ingrid ek het my oor omtrent teen die radio gehad dat ek tog nie iets moet mis nie 😆

    En as ek nog eenkeer die woord Gulp moet hoor as hulle oor Steve praat, gaan ek sowaar “kits” en 5 valoids moet pôp. Dis so boring en agterlik! Dit klink so agtertangs 🙄 Ughhh! hoe ril ek nou vir hierdie karakters!

    En dis tjol dat mense laasweek met die show by die Voortrekkermonument geloop het. Iemand wat glad nie ‘n Steve “fan” is nie het my verseker dat dit bollie is…..

    Jy sien Ingrid dis ook hierdie verdagte jaloerse karakters wat hierdie stories versprei! Oh pleeeze, ek moet nou ‘n nasie bou met die mense? Behoede my dis hoekom ek eerder deesdae wegkruip!!!

    Liewe aarde mense en “kinders” word groot, gun die man sy private lewe. Hy skuld ons niks!!! Hou op skinder…. want dit is wat hier aangaan…. dis ‘n klomp stories en skinder wat Steve se huwelik bedreig!!!

    Soos Wipneus altyd sê: Jy bly nogsteeds my gunsteling Afrikaanse sanger!

    Viva Steve Viva!!!!!

  2. Wipneus! sê:

    Wow ek het ‘n hele blog geskryf 😆 Sorry 😳

  3. Wipneus! sê:

    En as jy nou nog walgliker wil sien gaan kyk Bosparra
    http://www.bosparra.com/?p=10862
    Nie dat ek eers vir hulle wil hits gee nie. Hulle verdien dit nie!!!
    Dis ‘n walglike site hierdie!! 👿
    Walglik, afgryslik en onopgevoed.

    Dis pure jaloesie wat weer hier uitspring oor Steve op RSG was vanoggend.
    Kan niemand die konneksie maak nie!!! whahahaha Ek watch die storie!! Ek het mos gesê dis obsessies!! Hierdie mense kort dringend terapie, dringend. Hulle moet weg gebêre word! Waar het jy gesien mens sit so lelike prentjie om te spot oor ‘n ernstige operasie. Swak! Geen normale mens doen die goed nie. En dit is ‘n feit! DIT IS ABNORMAAL!!!
    Kan niemand sien wat ek sien nie? Mens het ‘n verstand gekry om te gebruik!

    Dis ook hoekom die MC projek so gemors is, want hoe de hel kan jy aan die een kant goed doen en aan die anderkant maak jy seer en breek af!!! As ek ‘n ster is sal ek my glad nie met hierdie site assosieer nie! Ek het darem my trots!!!! Mens moet hierdie mense laat weet waarmee hulle, hulle ophou! 👿

    En as die girls dan nou so agter Steve aan hol ….. word wakker ………dan het hy nie ‘n gulpie nie, maar ‘n “Gulp”!! Kom by manne maak reg daai inskrywing!!!! 🙄 whahahahaaaaaaaa ROFL

    Ek kan nie aanhoudend my pêrels vir die swyne gooi nie.

  4. Ingrid sê:

    Dankie Wipneus, ek’t sommer geweet jy sal ‘n staatmaker wees!! Ek stem saam met alles wat jy se, wat ek nie verstaan nie is dat dit my minder as 5 min gevat het om die korrekte inligting te kry en uit te stuur en nie een ander kastige etiese persoon kon dit doen nie.
    Lekker naweek, Vriendin

  5. Jo-Ann Schou sê:

    Hey!

    Ek weet nou nie van verkope nie. maar wat ek wel weet is dat Leserskring uit voorraad was en ek moes wag vir die tweede lot. Ek het myne gelees. Ek het my indrukke gedeel op FaceBook – http://apps.facebook.com/facebookshelf/books/2374206-steve-hofmeyr-mense-van-my-asem?ref=review-created-feed

    Ek is nie ‘n groupie nie. Ek sien Steve in die lig van hy verskaf ‘n poduk aan die Afrikaanse mark en hy lewer op sy belofte. Punt. So ek sal hom bly ondersteun soos enige diensverskaffer wat my tevrede stel,

    Wat hy andersinds aanvang is sy indaba. Ek sal nie ‘n klip optel, of simpatiekaartjies pos nie. Dit is veronderstel om die partye se privaat driehoek te wees en dit is net te danke aan die media dat dit so ‘n sirkus is. En daardie media sluit vandag ‘n paar bloggers in wat natuurlik uit verskillende hoeke “rapporteer” en “propageer” in die naam van vryheid van spraak.

    Nietemin, ek dink ook die boek vlieg; dit is goed bemark. Die aanhangers koop dit omdat hulle altyd alles koop, die teenstanders het dit dalk gekoop om te delf vir sleaze, ek het dit gekoop omdat ek op nr 99 moes verhoed dat ek Leserskring se Kroonboek kry en die eerste boek wat voor my besige oë verby gegeskuif het in die feeder was die een en toe reken ek “why not”… Nou het ek ‘n lekker kronologiese rekord van sy loopbaan. Net soos met my rugbyheld, Monty, s’n.

    Nou gaan ek Steve Biko lees…. cheers!

  6. boendoe sê:

    Ag, man, vergeet die klomp wat ou Steve se downfall wil bewerk. Dit gaan meer as ‘n paar patete op ‘n patetiese blog vat om dit te doen.

    Ons het Steve saam met ons gevat op ons mini-toer deur Angola, en hy het gesing in Malange, in Ebo, by die Calandula watervalle, by Pedras Negras de Pungo Andongo. Somehow voel ek onoorwinlik as ek deur hierdie land ry en Afrikaanse musiek luister. En Steve is steeds die koning van Afrikaanse musiek, al is sy persoonlike lewe ‘n mishoop.

  7. Bottertjie sê:

    Ag, dis sommer tjol, man! Dis ‘n klomp jaloerse mense wat nie omgee om pyn en vernedering te saai nie, wat so klomp bollie verkondig! My sus was by die Voortrekker-ding en sy sê die mense het MAL gegaan toe hul hom sien. Ag, vok die mense(jammer vir die taal). Hulle moet ‘n lewe kry!

  8. mynameisbotha sê:

    Sien gerus ook http://boskakkerinterrupted.wordpress.com

    van hoe Platkuif van Bosparra .com bereid is tot ‘n lunch met Steve.

  9. roer sê:

    You go girl!

  10. forafrica sê:

    ja die ding met lunch saam steve kom nou al lang pad saam…

    ek het ‘n voorgevoel dit gaan gebeur…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s