Steve sings Kirstofferson goud binne vier weke!!!

Dagse

 

Ek het in die week so ‘n bietjie met vriend Platkuif deur cyberspace gechat.  Dit was na aanlieding van die epos 20081008192908stevekindwat ek geplaas het oor die kinderverkragter.  Hier is van die mails wat tussen ons geruil is.

 

Ek was onder die indruk dat vrind Kuif vir my kwaad is, maar soos julle kan sien is daar no hard feelings.  Ek het toe ook die vrymoedigheid geneem om met Steve Hofmeyr se bestuurder Lindi du Preez te skakel om te hoor of daar nie tog maar ‘n kans is dat Steve ‘n ete vir bosparra se missing children projek kan doen nie.  Hier is haar antwoord.  Ek het die email adresse uitgesny omdat dit nie so ‘n goeie idée om adresse en telefoonnommers te publish nie.

 

Steve is betrokke by so baie projekte – ek wens hy kon help maar hy het ook net soveel tyd en kan ook net soveel doen.   

Ek het dit so verduidelik maar natuurlik het ons geweet dat dit so verdraai sal word dat hy nie WIL help nie!   

Dalk volgende keer.   Enige iemand wat weet – weet hy help waar hy kan.

Lindi


From: Ingrid Jevon
Sent:
01 December 2008 03:09 PM
Hello Lindi

Almal weet ek en Platkuif baklei al van SSSB dae af oor Steve, maar ek wil tog die mail vir julle aanstuur, is daar geen way wat Steve hierby betrokke kan raak nie, dit sal vir baie kinders baie beteken.

Groetnis en lekker kerstyd

Ingrid


From: Platkuif

Sent: 01 December 2008 14:51
ek word nie vies nie.

het nog nooit enige negatiewe ding oor jou gese nie.

die feit dat jy en steve pelle is, is irrelevant…almal kan nie van almal hou nie.en by the way, die laaste tyd gee ons die arme man ook ‘n break.ek kry hom jammer.ek dink nogsteeds hy ‘maak die waarheid onduidelik’…maar tyd het maar ‘n manier om homself en leuens uit te sort.

ons het selfs probeer om steve betrokke te kry by die projek.daar is mense wat 15 000 sou betaal het vir ‘n lunch..en al daai geld sou vir die projek gegaan het…maar nou ja.each to his own.

eendag as jy weer in die pta/cent area is, dan gaan drink ons ‘n koffie…dalk verstaan ons mekaar beter daarna.

groete

p

 97817702204921Ek gaan nie tyd mors om Steve se liefde vir kinders en sy bereidwilligheid om te help waar hy kan hier te besing nie, been there done that en julle wil ook nie elke dag dieselfde storie hoor nie.  Ons weet almal dat Steve agteroorbuig om behulpsaam te wees. Dus is ek seker as dit vir hom moontlik was sou hy ook hier betrokke geraak het.  Dankie Lindi vir jou flinke terugvoer.  Sommer so terloops Platkuif is nie die enigeste persoon wat sogenaamd vir my kwaad was nie en waar dit toe duidelik geword het dat dit nie die waarheid was nie, Frank Botha sou ook glo vies gewees het, hoekom weet ek nie, maar selfs dit was toe van alle waarheid ontneem, o ja, so sou Steve self ook glo  vies wees, jammer om die persone wat in hierdie droomwereld lewe teleur te stel, maar dit is toe nou ongelukkig nie so nie.

 

Veels geluk Steve met die verkope van Kirstofferson, dis is wel waar dat dit nie so ‘n kommersiele produk is nie, maar dit praat hier diep binne ‘n ou se hart met jou!

Steve Hofmeyr verras oor sukses met CD
Dec 03 2008 09:17:02:530PM  – (SA)  

Die sanger-akteur Steve Hofmeyr se jongste CD het binne vier weke goue status bereik.

Dié CD, waarop Hofmeyr liedjies van die Amerikaanse sanger Kris Kristofferson sing, het dus reeds die 20 000-merk verbygesteek.

Hofmeyr sê die gewildheid van die CD is vir hom ’n verrassing omdat “dit ’n veel minder kommersiële projek as my Toeka-CD’s of my huldeblyk aan Neil Diamond is”.

Hofmeyer se outobiografie, Mense van my asem, is op pad na ’n verkoopsyfer van 40 000. – Philip de Bruin

 3975426

 

Advertisements

7 comments on “Steve sings Kirstofferson goud binne vier weke!!!

  1. Wipneus! sê:

    Steve doen ongelooflik baie vir verskeie sake. Mense weet nie eers van alles waar hy betrokke is nie, hy adverteer dit nie! :mrgreen: Hy kan ook nie orals wees nie.

    Sy Kristofferson dvd is fantasties :mrgreen: Baie mense gaan dit by my kry vir kersfees 😆

  2. Ingrid sê:

    Soos altyd praat jy die waarheid! Ek het ook die cd vir iemand belowe, ek is seker almal wat die dvd in hul kous kry sal baie bly wees, want dit is iets wat sal aanhou gee vir ‘n lang tyd.

  3. Ingrid sê:

    goeie vraag, wonder of iemand ons dalk ‘n idee kan gee.

  4. willa2 sê:

    Sasports: Gaan liefs nie kommentaar lewer nie, my kennis van krieket is te min. 😆
    Wipneus: So jy is die persoon wat 19 999 DVD’s gekoop het. As ek dit geweet het dan het ek sowaar nie 1 gekoop nie, maar my adres vir Krismisvader Wipneus eerder gestuur 😆
    As iemand my losgulp noem en terselfder tyd vra vir hulp, sal ek so verstom wees, dat ek hom ingebare taal sal beantwoord. Gelukkig aard Steve nie na my nie. 😆

  5. Ingrid sê:

    willa2 ja, ek het lankal begin wonder oor mense se motiewe. Iemand het my vandag weer verbaas hoe gou hulle van deuntjie kan verander as hulle iets van jou wil he. Jy’t nogal ‘n punt beet ek moes ook daai Krismisvader gekontak het, ek het nog net die cd gekoop, sal maar wag vir payday vir die dvd, gelukkig is die memories van die shows nog hierbinne my kop gebere.

  6. willa2 sê:

    Ingrid, jy moet onthou, jy is vir my en Wipneus 1 voor. Ons het nie die show lewendig gesien nie. So ons moet met 2de beste tevrede wees. Ek het vir manlief gese dis sy kersgeskenk die dvd. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s