HAPPINESS IS …

 nikolaus1

butterfly-9116Ek kry die gedig by iemand en dit tref my, wat is die lyn wat die meeste uitstaan nadat ek die gedig een keer gelees het:  happiness is being proud of who you are.  Hoeveel keer dink ons nie dat om gelukkig te wees moet ons ander gelukkig maak of tevrede hou.  Die naweek wat verby is was vol krissise soos gewoonlik, ons het nou al daaraan gewoond geraak as jy 6 passievolle mense in een huis bymekaar gooi is dit net logies dat daar vonke gaan spat en as 4 van die ses nog onder 10 jaar oud is, is dit soveel erger.  Dan kom al die buite invloede by en voila die konkoksie kan baie maklik deur Koeberg gebruik word om krag op te wek, maar weet jy wat is die wonderlikste van hierdie mense om my.  Teen die einde van die dag, maak nie saak hoeveel gese is nie, ons weet dat ons saam deur alles gekom het tot nou toe en dat ons nog verder saam sal staan.

Hannie sms, bel my gou asb, ek staan by die bestuurder se PA op daardie oomblik en nog voordat ek tot in my kantoor kon stap stuur sy ‘n please call me, my eerste reaksie is: Wat het die kinders gedoen, seker Quinton wat van die dak af geval het of so iets, want hy is erg wild.  Ek bel en sy het uitstekende nuus gekry en wil dit net gou met my deel.  Ek sal maar eers gaan hoor en dalk kan julle more saam bly wees, Wipneus, jy sal veral bly wees, my punt is dit, ons het tussen al die dramas groot vreugdes ook gesmaak hierdie naweek, Amber moes aanvaar dat ons nie meer Sondagmiddag Emmerentia dam toe kon gaan nie, want die kar het gebreek en dus ‘n onvoorsiene uitgawe veroorsaak, sy het nie eers daaroor geneul nie, al het sy my later woedend gemaak toe sy op haar boetie skree.  Vrinne hoe leer jy ‘n negejarige om op te hou om op almal te gil.  Mooi praat het ek probeer, dreig en slefs slae ook.  Die oomblik as sy vies raak skree sy op almal, storm by die deur uit en klap deure, is ek dalk net oningelig, is dit normale gedrag, dit voel so asof sy veronderstel is om eers so te reageer wanneer sy tiener is.

 

what happiness is

 

happiness 5000-318
is bliss
happiness,
is when you get a new puppy
happiness,
is when you get married
happiness,
is when you go on you first date
happiness,
is making your own decisions
happiness,
is graduating
happiness,
is getting you first jobladybug
happiness,
is falling in love
happiness
is being proud of who you are

happiness
is bliss
happiness,
is glowing
happiness,
is fun
happiness,
is an amazing feeling
happiness,
is when you smile all day
happiness,
is giving someone a hug just because you can
happiness,
is that light in your eyes
happiness,
is what makes the world go around
happiness,
is bliss
Sam Byron

Advertisements

5 comments on “HAPPINESS IS …

  1. doddels sê:

    Ingrid doen jouself ‘n guns en lees in die nuutste Finesse op bladsy 18 Natasha Sutherland se nuwe rubriek. Ontsettend goed geskryf en die pyn wat jy daar tussen die lyne raaklees, breek mens se hart. Ek raak sommer van vooraf kwaad vir Steve. As dit net die een misstap was sou mens dit dalk nog kon verstaan, maar om Natasha se woorde te gebruik “Ek moes uitvind dat my berugte popster-man in ware popster-styl ‘n hele reeks affairs gehad het”. Feit is hy sing nog vir my blêrrie mooi en hy’s vir seker ‘n hoogs intelligente mens. Dit maak dit des te meer onverstaanbaar dat iemand so intelligent so stupid kan wees. Hy’t geen respek vir haar gehad nie, want hy kon ewe vroom langs haar in die bed klim nadat hy haar ure vantevore op die mees intiemste manier verraai het.

  2. Ingrid sê:

    Dankie doddels, ek sal een kry oppad huistoe. Kyk mense moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het nog nooit goed gepraat wat Steve gedoen het nie, om iemand willens en wetens seer te maak is gemeen, daar’s nie ‘n ander woord daarvoor nie. Al waaroor ek baklei is die feit dat almal om hom verder seer kry elke keer as hierdie dinge die media tref. Natasha is ‘n amazing vrou dit was nog elke keer wat ek met haar gepraat het ‘n voorreg om ‘n vertrek met haar te kon deel. As kunstenaar en veral op ‘n professionele vlak sal ek altyd vir Steve opstaan, want dit waarvoor die publiek betaal gee hy hulle en veel meer.

  3. Ingrid sê:

    Ok ek het die artikel on line gelees, ek sal more hieroor gesels. Tash, you know that I have always called you a lady, another big hug to you.

  4. willa2 sê:

    Baie mooi gediggie.
    Ingrid, ek hou styf duimvas vir jou vir daardie goeie nuus.
    Lekker dag vir almal.

  5. Wipneus! sê:

    Hellooooo, I’m back 😆

    Ek is baie bly vir jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s