Is dit verkeerd om Gay te wees?

6x5udd5pDaar is iets wat my stom slaan.  Ek lees Beeld elektronies so twee drie keer ‘n dag, want hulle update gereeld en as ek ‘n  kans kry gaan loer ek gou wat gaan aan in die wereld.  Woensdag sien ek iets wat my laat wonder, frons en irriteer.  Hulle doen ‘n meningspeiling die vraag:  Is dit verkeerd om gay te wees; die resultate: 75% – Ja; 20% – Nee; 5% – Ek’s nie seker nie; 5848 mense het deel geneem aan hierdie survey.

 

Die vraag wat in my binneste is, is:  Ons bly in een van die elf lande in die wereld waar gay huwelike gewettig is, ons land se grondwet is die mees liberale grondwet in die wereld, ons kom uit ‘n sisteem waar diskriminasie duisende lewens geeis het, waar almal seergekry het en ons sukkel steeds om die spoke van daardie tyd te verdryf, hoe is dit dan moontlik dat in hierdie “verligte” land mense steeds so kan voel?

 

Nou ja, hoe ken julle my ek begin dadelik om uit te vind, is hierde 75% dalk reg?  Die antwoorde wat ek gekry het sal moontlik nie in een dag hier weergegee kan word nie, maar kom ons kyk objektief daarna en verstaan my baie mooi ek sal niks sugarcoat net omdat ek glo in gay regte nie, maar hier is feite:

 

Waar begin ons om te weet of iets reg is of nie?  Die Bybel, so wat se die Bybel nou eintlik oor gay wees?

 

Aanhalings is met erkenning aan Rev. Mel White – hy het reeds 50 jaar ondervinding in teologie, ‘n meesters en doktorale graad en lees dan ook die Skrif in Hebreeus en Grieks.

 

Het jy geweet dat:

  • Jesus het nooit enige uitlatings oor same-sex handelinge gemaak nie
  • Die Joodse profete is stil oor homoseksualiteit
  • Slegs ses of sewe van die een miljoen verse in die Bybel verwys in enige vorm na same-sex handelinge en nie een van hierdie verse verwys na homoseksualiteit soos dit vandag bekend is nie.

 

Die Bybel is ‘n verhaal van God se liefde vir die mens, dit vertel die geskiedenis van hierdie liefde en was nooit bedoel om ‘n boek oor seksualiteit te wees nie.

Daar is ‘n hele paar verwysings na seksuele gebruike wat vir die meeste van ons onaanvaarbaar sal wees, besluit maar self hoe jy hieroor voel:

  • Deut 22:13-21  As ‘n bruid nie ‘n maagd is nie moet sy gestening word
  • Deut 22:22 As ‘n getroude persoon seks het met iemand anders se man of vrou moet beide gestenig word.
  • Markus 10:1-12 Egskeiding word verbied sowel as hertroue van enige persoon wat geskei is
  • Lev. 18:19  ‘n Getroude paar mag nie seksuele omgang he tydens ‘n vrou se mensturasie nie, indien wel sal beide dood gemaak word
  • Markus 12:18-27  Indien ‘n man sou sterf voordat daar kinders uit die huwelik gebore is moet sy vrou om die beurt met elkeen van sy broers gemeenskap he totdat daar ‘n seun gebore is.
  • Deut. 25:11-12  Indien ‘n man in ‘n geveg met ‘n ander betrokke is en in ‘n poging om hom te help gryp sy vrou die ander man aan sy genitaliee moet haar hand moet afgekap word.

Die lys gaan aan en aan.

 

Ons spandeer soveel tyd om te besluit wat die Bybel oor seks se dat ons nie sien wat daar oor God gese word nie.

 

Ek het toevallig gister vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n artikel van Deon Maas in Sondag gelees, uit prensiep lees ek nie graag iets wat hy skryf nie, dis nie goed vir my bloeddruk nie, maar vir die eerste keer stem ek saam met wat Deon te se het.  Onverdraagsaamheid is ‘n massiewe probleem in hierdie wonderlike land en mense swaai te vinnig van een pool na die ander afhangende van wat hulle as polities korrek beskou.  Met die volgende inskrywing sal ek verder na hierdie onderwerp kyk.

 

Comments: Baie dankie vir die comments en mails wat gevolg het op die inskrywings oor Steve en veral Natasha se artikel.  Ek stem saam dat hierdie mense nooit die geleentheid gegun is om deur hulle seer te werk nie.  Dit is ook baie waar dat Steve min indien nie geen simpatie kry nie, ja ek’t ook my tantrums gegooi en geskel, totdat ek besef het hoe seer ook hy gekry het en vir hoe lank dit vir hom uitgerek was.  Almal in hierdie gesin sou baie trauma en pyn gespaar gebly het indien hulle ‘n skoon breek gemaak het, lank terug, maar dan verstaan ek ook dat as jy lief is vir iemand, soos wat Steve steeds vir Natasha is, jy sal baklei om dit te probeer regmaak wat jy gebreek het, net jammer dit is nie altyd moontlik nie.  Ek kan net hoop dat hierdie Kerstyd, wat uiteraard ‘n seer tyd vir almal betrokke gaan wees ook rustigheid en genesing sal bring.

 

 

 

 

Advertisements

19 comments on “Is dit verkeerd om Gay te wees?

  1. Hans Matthysen sê:

    Vir ons as mens om ‘n nageslag te hê, sodat ons spesie kan voortbestaan, is die man vir die vrou daar en die vrou vir die man, en hulle is daar vir die kinders. Ek wonder wat sou gebeur as ons almal “gay” was?

  2. Ingrid sê:

    Jy verstaan nie mooi nie, nog nooit is daar gese dat dit goed sal wees as almal gay is nie. Die punt wat ek probeer maak het is dat elkeen se keuses gerespekteer moet word, dat ons mekaar moet verdra en dat dit nie my plek is om iemand te oordeel t.o.v. seksuele voorkeur net so min as wat ek mag of kan diskrimineer t.o.v. iemand se ras.

  3. Ek het die post en die een hiernaa gelees. Goed gesteel, watn jy waag om dinge aan te raak oor die dinge in die Bybel wat ander mense gerieflik uitlaat, die Bybel se ook ‘n vrou wat menstrueer moet in ‘n ander tent gaan bly en dat ons die skulpvis of vark mag eet nie.
    Maar indien mens ‘n bietjie die argeologie bestudeer van die Bybel kom jy ook agter dat die woord “homoseksueel” ‘n nuwe woord is, wat later in die moderne era inskryf is. Die oorspronklike woord was : “tempelprostituut”, in Hebreeuws en Grieks.

    Laat mens dink oor wat alles mensgemaakte vrese is en wat nie?

    Ek dink mense wat anti-gay is, en soveel teen iets kop wat totaal en al niks met hulle te make het nie, vrees dalk iets? Of dalk is ek verkeer.

  4. Hans Matthysen sê:

    Persoonlik het ek niks teen Gay’s, diewe, moordenaars, leunaars ens. maar wanneer dit my en my naastes negatief beinvloed, dan is ek baie ongelukkig. Mens vind dit dan nodig om mens se keuses te kruisig/op te sê, terwille van ander. Om ander se keuses te respekteur is goed en nodig en net so wanneer mens keuses maak, is dit goed en nodig om ander, asook mens self, te respekteur. Daar is altyd verantwoordelikheid en gevolge verbonde aan keuses wat mens maak. Dit is nie vir mens om ander te oordeel nie en tog is dit nodig om mekaar met liefde te vermaan, teen wat mens skade kan berokken, in watter opsig ook al. Ek dink nie dit gaan oor die woord “homoseksueel” of “tempelprostituut”, want met woordspeling kan mens van amper alles sonde maak of regverdig.

  5. Hans, vertel tog vir ons, hoe op aarde beinvloed gay mense jou en jou naastes negatief. En hoe kan jy namens jou naastes praat? dalk is jou naastes gay?
    Het gay mense jou al benadeel?
    En ja die woord tempelprostituut wat vervang is met die woord homoseksueel is natuurlike baie aktueel, want as dit NIE verander het is, sou dit nie die hele tyd voor mense se koppe gegooi word as sogenaamde sonder nie. Moet nie wegskram van ‘n feit wat ek genoem het nie.

    Met liefde vermaan? Die bybel vermaan jou ook met liefde, wat jy nie druf oordeel nie en jou naaste moet liefhe soos jouself.

  6. Ingrid sê:

    Dankie rosalindfranklin, ja ek dink ook daar is iets dieper agter hierdie comment.

  7. katjiepiering sê:

    Hm, tot dit met jouself gebeur… die val in liefde met gay girltjie, dan dink jy God gave this to me, so it must be good. Die Bybel is soms geskryf deur ‘n klomp … skies , ja hemel… amper vloekis ek..
    Dankietog vir ons grondwet. Zuma sal seker al die gays (en wittes mind you ) in die see in dryf.
    Die we^reld is oorbevolk… soo…. go figure… God’s will. Dis die toekoms. ‘n Gay global gelowig in die groter konteks village.
    Heerlik.
    Groete
    Gay girl

  8. katjiepiering sê:

    *hm bestel my ( gay) novel* by annoraster@gmail.com en lees lekker.. met liefde lig geloof en als *wat mooi is op *ons planeet
    xxxx
    make *love not war
    peace* love
    * * **** *
    Flowe*rchild
    ( ja eks uit die sixties)
    xxxxxxxxxxxxxx
    * * * * * * *

  9. maanmuses sê:

    ek love jou prentjie
    deliocious delila

  10. maanmuses sê:

    The Divinity within me perceives and adores the Divinity within you. Amaste!

  11. Hans Matthysen sê:

    Rosalind, toe ek nog ‘n jong seun in my tienerjare was, het ‘n Gay man van ongeveer 45jr, met my probeer lol. Ek was op daardie stadium nog baie onkundig en gelukkig het ek by my swaar, goeie leiding gekry, nadat ek die insedent vir hom genoem het. Dit bly ‘n gruwel in God se oë, net soos moord, diefstal ens. of jy dit nou wil aanvaar of nie. Jy vaar teen my uit omdat ek vir jou die waarheid wys en blykbaar wil jy nie die waarheid hê nie. Ek ken minstens 10 gay’s waarmee ek elke nou en dan te doen kry, waarvan sommige by my aan huis kuier. Ek behandel hulle nog altyd menswaardig omdat ek hulle nie oordeel nie en hulle as sielle beskou, wat aan God behoort. Ek het nog niemand geoordeel en wys maar net die waarheid. Ek skram nie weg nie, want daar is ander plekke in die Bybel wat God se afkeur duideliker bevestig en wat nie deur woordspeling verdraai kan word nie.

  12. Hans, ek is bitter jammer dat so iets met jou gebeur het. Maar so iemand (die een wat jou gemolesteer het) is nie gay nie, maar ‘n pedofiel.
    Daar is ‘n groot verskil.
    Om ‘n pedofiel te wees is afskuwelik, maar ‘n mens moet dit nie met gay-wees verwar nie. Daar is pedofiele wat met seuns en meisies molestreer en verkrag. Dit het nie met seksuele orientasie te doen nie, maar met mag.

  13. Ingrid sê:

    Baie mooi gestel rosalindfranklin. Dit is so maklik om te besluit dat omdat ‘n man ‘n seun gemolesteer het die man outomaties gay moet wees, pedofiele ly aan ‘n siekte wat nie genees kan word nie, dit is oor en oor bewys dat geen sielkundige behandeling effektief is vir hulle nie, al is daar mense wat beweer dit werk. Om gay te wees is nie ‘n siekte en ook nie ‘n sielkundige afwyking wat nodig het om genees te word nie.

  14. Hans Matthysen sê:

    Rosalind, gelukkig het ek geen skade gely en eerder meer waaksaam en bewus geword van sulke ewels in ons midde. Dankie in elkgeval en ek hoor wat julle sê. Ek dink, die hoofsaak wat die Bybel wil maak, is, dat ons nie slawe word van die vlees, deur losbandig te lewe en om altyd selfbeheersing uit te oefen. Die gevolg van ons keuses kan tot ons en ander se nadeel strek, daarom vind dit afkeur in die oë van God.

  15. monika sê:

    dit gaan nie oor om gay diet wees nie dit gaan oor oor wat jy as mens te voel oor n ander persoon

  16. Ingrid Marais sê:

    Net soos jy daar se, ons is nou al 3 jaar gelukkig getroud en ek kan my nie indink dat ek enige leemtes voel nie.

  17. Ding sê:

    Hmmmm, druk hierdie vir Ding so ietwat dwars in die krop, maar dit is goed om dit te sien – dit is goed om te sien dat daar steeds diegene is wie “gay-wees” gelykstel aan “slawe van die vlees” en “losbandig lewe”. Dit is goed om te sien hoedat veroordeling plaasvind terwyl dit ontken word.

    Om deel te wees van ‘n minderheidsgroep wie deurgaans maar onder een of ander mikroskoop moet lewe, hou ‘n mens op ‘n mens se tone.

    Wat Ding altyd die meeste sal verbaas: hoe is dit dat heteroseksuele mense met, PER DEFINISIE DUS, totale afwesigheid van enige vorm van begrip van iets lynreg as hulleself, sulke kenners op enige gebied, anders as hul eie, kan wees?

    Dit is die tipe vraagstuk wat vir Ding laat kop skud, hoed dieper oor die hoof druk, ver na die horison staar en net se: aaaagwat, mag God elkeen wie in Sy genade dit verdien, seen.

    Kyk my vas en groet my los
    Ding

  18. Ingrid Marais sê:

    Net soos jy seg, as ek nie doen en se en aantrek en soen soos jy nie is ek verdoem en jou paadjie met rose besaai, goue klokkies en ‘n safe quick elevator hemel toe. Soos ek altyd se, my probleem met Christianity is most Christians.

  19. ernst sê:

    ‘n klip in die bos. As die hemelse Vader vir jou se gay is sonde, se jy vir Hom hy verdraai die waarheid, Hy verstaan nie die woord liefde nie. God kan nie lieg nie want Hy is lig,as Hy vir my se dis sonde, is dit, geen oordeel van my. Trek ons dit deur na die N/T. Kerke gee erkening aan sonde, hulle plaas die beeld van die dier vierkantig op die troon van die lewe deur aan hom ‘n stem te gee.(Open. 13)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s