Gee my ‘n bom om drie joernaliste mee te gooi!

Ok ek’s terug in my kantoor so vir ‘n rukkie. 

 

Wipneus, ja, ek weet hy skryf en praat al weer, ek kies tans om eerder my mond te hou oor wat hy te  se het, van die dinge moet ek nog so bietjie oor besin voordat ek iets kwyt raak wat eerder nie nodig was nie.

 

Julle weet ek is ‘n stoere Steve aktivis en baklei al baie lank vir hom.  Daar was dae wat ek self graag ‘n koppie tee in die drie joernaliste se gesigte wou gegooi het en dalk selfs nog meer aan hulle gedoen het.

 

cam-001Kyk man as jy weet iemand like jou nie,nog meer haat jou eintlik, bly uit sy/haar pad uit.  Daar was hierdie naweek iemand in my huis wat ek tans dalk fisiek sal aanrand as ek van aangesig tot aangesig met die persoon moet kom.  Gelukkig was dit moontlik om die situasie te vermy aangesien my gelieffde as ‘n skild tussen ons gedien het. 

 

My eerste reaksie vanoggend was, ag nee, Steve wat het jy gedink.  Nou ja so ken ons hom ook, hy dink nie aan die gevolge nie, hy’s impulsief en passievol, twee van die redes waarom hy kontroversioneel en geliefd en ja ook gehaat en berug is.  Wat ek nou vra is:  Esmarie jou blerrie fool wat het jy gedink gaan gebeur, dat hy jou gaan omhels en bedank omdat jy se lewe help vernietig het?

 

Die volgende vraag:  Het die media sy lewe opgeduiwel of het hy dit self gedoen deur die keuses wat hy gemaak het?  Een van sy gunsteling segoed is after all:  ek moet keuses he.

 

Ja hy het dom dinge gedoen en die media het ingecash daarop, maar verantwoordelike verslaggewing was nog nooit in die woordeskat van Esmarie Weideman, Yolanda Barnard of Gavin Prins nie.  Ek het veral ‘n issue met die manier waarop Huisgenoot aan en aan en aangehou het om selfs sover te gaan om “sielkundiges” te kry om sy persoonlikheid te ontleed.  Die van julle wat van SSSB se dae af kom sal weet hoe kwaai ek toe met Esmarie was en ek staan steeds by was ek gese het.

 

Dink ek Steve het rus en stilte nodig, ja beslis, maar ek weet hy sal dit nie doen nie, hoe besiger hy nou kan wees hoe beter sal dit vir hom wees.  Ek weet dit is vir hom loutere hel om by die huis te wees sonder sy kroonjuwele.  Hierdie man se hart was seer as hy vir Ben moes koebaai se om kaffee toe te gaan, nou is sy seuntjie nie daar om na hom toe te hardloop en sy armpies met dieselfde passie wat sy pa in sy hart het om hom gooi nie.

 

Nee, wat Wipneus gelukkig het ek toe nie die dinge gese wat ek wou oor party van Steve se antwoorde nie, sien jy nou hoe bly is ek weer dat ek nie 20 jaar oud is nie, dan het ek dit laas week al verkondig. 

 

Al wat ek nou voel is seer vir ‘n man wat sy kinders met sy hele hart lief het en nie Kersfees by hulle kan wees nie, nie soos verlede jaar en soveel keer vantevore saam met hulle op Pennington se strand kan speel nie, Kersoggend die garage deur kan oop maak en blink ogies kan sien as daar twee nuwe fietse staan nie.

 

F*k jou Esmarie

F*k jou Gavin

F*k jou Yolanda

F*k jou Janine

F*k Jou Nelmarie

F*k julle almal wat 5c uit hierdie man uit wil maak ten koste van sy kinders, julle klomp h**re het saam met hom geslaap, julle het geweet hy’s getroud en het kinders, hoekom het jy “dame” nie jou bene toe gehou nie, nee nou wil jy graag nog he die wereld moet die trofee sien wat jy gewen het.  Girl jy’t niks gewen nie, jy’t jouself verloor en ‘n man stukkend geslaan, erger nog nie net ‘n man seer gemaak nie, sy vrou en kinders moet deur hel gaan.

 steve-se-fotos-155

Advertisements

4 comments on “Gee my ‘n bom om drie joernaliste mee te gooi!

  1. doddels sê:

    Ag toe nou Ingrid. Dis deur sy eie toedoen wat hy sit waar hy sit. Dalk moes hy aan sy seuns se “blink ogies” gedink het voor hy met soveel girls in die bed gespring het. Toevallig gaan ek vanaand na sy show op Hartenbos kyk, so ek bly ‘n fan van die man se musiek, maar ek het nie simpatie vir hom nie. Hy verdien oor en oor wat nou na sy kant toe kom. Al vir wie my hart breek is sy vrou en kinders. Dit is ook net so min die joernaliste se skuld dat hy op skei staan – net sy eie. Feit van die saak is eenvoudig: Hy moes nie sy vrou verneuk het nie punt.

  2. Ingrid sê:

    Weet jy dit is so, maar wil jy nou se dat die girls onskuldig is. Al wat ek se oor die media is dat jy eenkeer oor ‘n ding skryf en dis klaar, hoekom aan gaan daarmee net omdat daar nie ‘n ander manier is om jou tydskrif te verkoop nie. Ek het ook al gese dat Steve ‘n laakbare gemene ding gedoen het, maar moes Natasha en die kinders se neuse vir maande lank daarin gevryf geword het, kyk na die feite, niemand kon na 2006 vertel hoe sy saam met hom geslaap het nie, die ou het probeer om sy act reg te kry, hoekom hom nie ‘n kans gun nie?

  3. Wipneus! sê:

    Ek sê weer hierdie saak het baie kante. Hulle staan nou op skei, daar is baie mense wat hieroor feeste hou! Sommige mense verlekker hulle mos in ander se seerkry. Hulle sal nog self ook inspring en seermaak of dit nou hulle plek is of nie.
    Ander wou seermaak en het koerante of tydskrif toe gehardloop. Nie dat dit gehelp het nie, daardie mense se name is nou so sleg. Dis eindelik jammer, ek is seker daar was ander maniere om revenge te neem. Dan weer het ‘n ander man sy blog se hits gepush met hierdie stories! 😉
    So kan ek aangaan.

    Natasha het van hierdie dinge geweet voor dit die media gehaal het, sy het dit self gesê. Die feit dat sy in die finesse artikel noem, dat daar met die hele sak patats koerante toe gehol is, vertel vir my daar is meer as wat ons lees of aflei! Ek het van toeka se tyd op my engelse blog gesê die mense moet ophou met hierdie storie want Natasha en die kiddies kry seer. Daar is ook grootouers wat seerkry. Hierdie kersfees gaan vir al die Hofmeyrs hartseer wees. Wat is my aandeel hierin, die feit dat ek daai vervlakste Huilgenoot, Beeld en Rapport gekoop het!

    Ek sê altyd mens moet jou in ‘n ander se skoene plaas. Hoe sou jy gevoel en opgetree het? En terwyl jy jouself nou so lekker in die ander se skoen plaas moet jy nie vergeet om te onthou dat die mens is die wreedste ding wat nog ooit die aarde getref het nie!!!!! Sou jy dalkies ‘n koppie tee laat vlieg het, ek sou! 😳

    Ek neem niemand se kant nie. Want hierdie mense is nogsteeds lief vir mekaar. Liefde is nie ‘n kraan wat jy kan oop en toe draai nie.

    Sterkte vir julle Ingrid!!!

  4. Ek is net dankbaar bly dat ek maar net ek is en dat die media nie in my doen en late belangstel nie.

    Ek sal altyd onthou wat die rooikopvrou van die Huisgenoot die aand met ons bloggachino gedoen het. Iemand het aan iemand anders gestamp toe die fotograaf ons gevra het om te staan vir ‘n foto en die ou tannie het haar handjies gewring en vir haar kollega gesê “hier kom ‘n fight, hier kom ‘n groot fight” (wat toe nooit gekom het nie).

    Kyk, as enigiemand, maak nie saak hoeveel die son waarookal uit skyn nie, my met tee gegooi het, sou ek ook my maniere vergeet het en ‘n stoel oor sy kop gebreek het. Ek dink net dat die uitdrukking van verbasing tweedelig was – een van “hoe kon hy” en onmiddelik die besef van “scoop, surkulasiesyfers!!”

    Een ding kan van Steve gesê word…. never a dull moment! Hy het sy bed gemaak en hy het geweet hy is in die hoofarena van die sirkus, so, net soos destyds met Diana, het hy geweet die media kan hom bemark en die media kan hom slag. Dit is mos darem nou ook niks nuut nie. Dit is baie jammer dat daar soveel mense saam seerkry,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s