‘n Groot Drukkie vir Steve

img_1987

stevehofmeyerOuens Steve is stukkend oor sy kinders, gaan lees sy site.  Ek wil nie verder oor Esmare praat nie, my vriend jou seer ruk steeds my hart stukkend, of jy dit verdien of nie is nie vir my of enige een van ons om te besluit nie, ek is net so bitter jammer jy’t so seer.

Daar’s comments wat maak nie saak wat ek doen net nie wil verskyn nie, Wipneus kan jy help of is jy al weg met vakansie?

Ek copy en paste dit maar hier sodat julle kan sien ek waardeer dit wat julle se:

Beertjie1

Hi Ingrid, ek lees elke dag maar comment nie altyd nie. Steve verduidelik alles op sy website vanoggend. My opinie, dis jammer die tee was nie warm nie. Ons almal sal breekpunt bereik as daar heeltyd aan jou kinders en familie gekarring word. Soos Dellie sê los Steve en Esmarie uit die situasie uit en kyk hoe sou die mense gereageer het, presies Dellie, so hoekom los Esmarie dan nie vir Steve uit nie, as hy ‘n gewone ou was sou daardie nuus nie eers die koerante gehaal het nie, ongelukkig is hy ‘n celebrity, so hulle is nie gewonde mense nie.

Ons almal was seker al in die situasie waar jy sê as hierdie taxi nog eenkeer voor my inry gaan jy hom stamp, as ons die guts gehad het sou ons dit seker gedoen het, ongelukkig het Steve die guts gehad.

Steve het al mooi met Esmarie gepraat maar dit help nie met haar nie, so hopenlik sal sy nou leer. Dit lyk my sy worry as die Huisgenoot nie verkoop nie want dan sit sy sonder werk. So desperate times, dan doen jy alles in jou vermoe om dit verkoop te kry. Sy hoef nie te worry nie, die volgende een sal goed verkoop want almal gaan wil lees wat daar gebeur het.

Het ons nie al partykeer iets vir iemand gesê en was agterna spyt nie, dis ook maar ‘n vorm van mishandeling, verbale mishandeling maar ons dink nie so daaraan nie, net jammer Steve het dit fisies gedoen, maar sy het dit verdien.

Anlo

Bravo Wipneus! Jy “comment” so na my hart en beter kan ek dit nie sê nie! Dankie ook vir jou Ingrid. Ek lees gereeld julle blogs en geniet dit.

Advertisements

18 comments on “‘n Groot Drukkie vir Steve

  1. Sammi sê:

    Ek sê weer, albei Hofmeyrs kan dankbaar wees vir vriende soos jy, Ingrid.

    Beertjie en Jo stel dit ook goed!

    Nee kyk, soos alreeds vele kere vantevore genoem – ons almal weet dat die rondlopery onsmaaklik is vir normale denkende mense en niemand kan dit goedpraat nie. Maar, waaragtig genoeg is op ‘n punt net genoeg en wanneer die hart vol is van ‘n sekere emosie, gaan dit ‘n uitlaatklep IEWERS moet kry.

    Hierdie tee insident is eintlik belaglik in vergelyking met die media en sommige bloggers se teistering van hierdie man en sy gesin en NATUURLIK speel geld altyd ‘n uiters belangrike rol. Gaan H/G verkoop as hulle ‘n reeks oor Motlanthe doen? Nee, beslis nie – die man het nie daardie magiese persoonlikheid nie. What sells? What’s news?

    Ek kyk net op dashboard en sien die blogs wat die meeste “hits” kry is JUIS daardie wat Steve se naam noem en die media is baie goed daarvan bewus.

    Ek dink mens moet deeglik besef dat die rede wat vir Steve so suksesvol gemaak het, nogsteeds teenwoordig is – sy passie (aura) dit is nou maar so en sal altyd daar wees. Of mens daarvan hou OF nie – die man sal altyd aandag trek.

  2. boendoe sê:

    Ingrid, hierdie is jou blog waar jy Steve besing, ongeag wat ook al. Ek gaan dus my laaste comment hier los, want ek mis bietjie objektiwiteit, en ek glo ook nie jy wil regtig my tipe comment hier he nie. 😉

    Vandat die Janine-bom gebars het, was ek ‘n sogenaamde slak. Ek het ‘baklei’ vir rus en vrede vir die Hofmeyrs. Nou’s ek in ‘n vreemde posisie: ek’s ‘n anti-teegooier slak. En vreemd, ewe skielik is die pro-teegooier slakke ook bitsig teenoor mense soos ek. Weird… 😆

    Jare gelede, toe Huisgenoot berig het oor die Hofmeyrs se troue, en later, oor hul ‘gelukkige’ gesinnetjie, toe was die publisiteit welkom. Geen indringing van privaatheid nie. Nou is die media verantwoordelik dat hy sonder sy kinders en ‘n Krismisboom sit. 😯

    Ek het gaan lees wat hy skryf op sy website, en daai kite vlieg nie by my nie. Eers braak hy gal oor Natasha wat iets in ‘n tydskrif gese het – for goodness sake… dit seker tyd dat sy ook iets se?! Toe verontskuldig hy homself oor die teegooiery.

    As hy nie gehoer en remoer het met Janine nie, kon Huisgenoot se redaksie in vrede hul vrolike, duur ontbyt geniet het. Hy, ‘magiese’ Steve, weet mos nou al teen die tyd dat alles wat hy doen, nuus is. Het hy regtig verwag niemand gaan ‘n woord sprak oor sy egbreuk nie??

    Ek kan verstaan dat iemand lief word vir ‘n ander terwyl hy getroud is. Dit gebeur daagliks. Ek gun al die partye ook tyd om alles te verwerk en uit te sorteer. Vir ‘n bekende soos Steve is dit seker moeilik, indien nie ontmoontlik nie. Dis ‘n prys wat mens moet betaal as jy cd’s en kaartjies wil verkoop.

    Die feit is egter, as HY nie aangejaag het nie, sou dit nie nodig gewees het om tee te gooi nie. Maar net soos hy homself nie kon beheer met Janine en, en, en, nie, so kon hy homself ook nie beheer met die teegooiery nie. Selfbeheer is blykbaar nie sy sterk punt nie.

    ‘n Week gelede sou ek nie kon dink dat ek ooit so kriewelrig teenoor Steve sou voel nie.

    Ten laaste, die anti-slakkers was altyd baie geniepsig teenoor die sg. slakke. Pasop net dat die pro-teegooiers nie in dieselfde slagyster trap deur mense persoonlik aan te val en beledigend te raak nie. Daar mag en moet meningsverskille wees, maar speel die bal, nie die mens nie.

  3. Wipneus! sê:

    Wat kan mens sê as jy Steve se site vanoggend lees. 😦 My hart is seer. Ek hou nie daarvan as ander mense seer het nie, veral kinders. Daardie klein seuntjies kry vreeslik swaar en dit voel net vir my of niemand dit raaksien nie. Geen kind verdien dit nie. En ek wil nie weet wie se fout wat was nie. Ek stel nie belang in detail nie. Hierdie mense kry swaar en seer. En dit wil nie ophou nie!!!! My hart huil vir die hele Hofmeyr gesin, dit is wreed hoe die media agter die skerms tekere gaan. En as mense dit nie kan sien nie, sou ek brille of ‘n Phonak gehoor toestel aanbeveel.

    Ek sê weer mense as julle my wil kruisig oor ek nogsteeds agter Steve staan “so be it” Ek het op my engelse blog alreeds baie lank terug gesê hierdie kinders gaan seerkry. Ek staan nogsteeds by al daardie inskrywings van my! Come hell or high water. Dis aaklig om ander mense seer te sien kry. Een mens se foute word holrug gery, hulle tart hom uit… daagliks …. dis of “Steve en sy mannewales” mense op ‘n high sit.

    Ek is ‘n ma en daarom verstaan ek hoekom Steve juis op daardie stadium so uitgehak het. Hy bly nogsteeds mens, met sy foute en al, en een ding is verseker hy is baie lief vir sy kinders. Ek het ook nog nooit gesê Steve het nie gefouteer nie. Maar wie van ons is sonder foute?

    Die vrou in die bubble en blinkers wil graag vir almal bubbles en blinkers gee, maar die mens is my grootste klip in die pad!! As daar nou iets is wat sad is, dan is dit, dit!

    Ek is ook nie lus om met iemand te stry en baklei hieroor nie. Hierdie is my siening en elkeen is geregtig op sy eie siening.

    Die wonderlikste van my lewe is dat ek darem in die aand agter my teleskoop kan inskuif, en weg kan raak na ‘n ander plek ver van die haat en seerkry van hierdie wêreld. Dis waar ek my bubbles en blinkers vandaan kry!

    Ingrid ek het jou blog reggemaak! Geniet jou naweek 😉

  4. Ingrid sê:

    boendoe, nee man, jy verstaan nie, ek het mos gister gese ek’s vies vir Steve, ek raak ook vir hom kwaad, toe Janine se beweringe in die koerante was het ek lelike dinge gese, die ding is net dit ek kan ook sy seer en meer nog die seer van die kinders verstaan. Ek sien hoe Quinton soms oor sy pa huil en nie kan verstaan hoekom sy pa hom nie wil sien of dan probeer sien nie, dis dan vir my seer gewees toe ek netnou gou iets gaan haal by die huis en hy gaan le op die gras en huil omdat ek weer moes ry. Dalk is my hart seerder vir die kinders se seer as vir Steve s’n, ek’t nog nooit gese dit was reg dat hy buite egtelike verhoudings gehad het nie.
    Hier is beslis plek vir meningsverskille en dis nodig om iemand te he wat die ander kant van ‘n saak sien, soms is ons so in ons eie lewens en eie seer vasgevang dat ons alles deur daardie bril sien dus is ek seker subjektief as dit kom by kinders wat seerkry en ouers wat hulle kinders mis.
    Hoop jy sal wel weer hier kom hallo se. Lekker Kersfees vir jou, dit was lekker om jou hier kon he.

  5. Wipneus! sê:

    Ek stem Boendoe mag maar kwaad wees vir Steve 😆
    Ek wou ook al oor die randjie gery het om hom te gaan wiks of vas te ketting en sy mond met band-aid plaster toe te plak!!!!

  6. Bobbie sê:

    Wipneus, you say you’re a mother. I don’t know if you have daughters but how would you feel if someone threw tea in your daughter’s face? I can see you’re heavily upset with me but I do urge you to read what James Patterson wrote in teh previous comment. I never said you shouldn’t have your opinion, I was just trying to voice mine. You’re clearly not mature enough to handle that. I also think you should read what Dellie said in a previous post. That comment was what I’ve been trying to say all along.

  7. Wipneus! sê:

    Bobbie ek gaan nie verder op jou kommentaar reageer nie. Lui Naspers by jou ‘n klokkie? Ek wil nie weet wat joernaliste sê nie!
    152.111.1.29 Copy [Whois]
    IP address country: ip address flag South Africa
    IP address state: Western Cape
    IP address city: Cape Town
    IP address latitude: -33.916698
    IP address longitude: 18.416700
    ISP of this IP [?]: Nasionale Pers
    Organization: Nasionale Pers
    Host of this IP: [?]: 02cpt-prox03.naspers.com [Whois]
    Local Time of this IP country: 2008-12-19 11:40

  8. Adrie sê:

    Ek het nie ‘n idee hoe vroue regte nou in die storie ingekom het nie. Tee gooi bly onaanvaarbaar, of die gesig aan ‘n man of ‘n vrou behoort het.

    Ek hou nie van Steve nie, ek kan ‘n kleintjie kry as ek ‘n koerant of ‘n blog oopmaak en hy feature. My persoonlike mening moet elke slak se kop teen elke parra se kop geslaan word en dan sal die storie hopenlik end kry. Steve het 5 kinders, nie net twee nie.

    That said, ek hou wel van Wipneus (al suig haar smaak in sekere opsigte). Ek is haar persoonlike lyfwag, al jaag sy strooi aan.

    Bobbie, I am considered to be Wipneus’ granddaughter. I cause chaos wherever I go. This often do upset Wipneus, she is forever trying to straighten me out. If somebody throws tea in my face, even if I do deserve it, she is going to be very upset about it.

    What I am trying to say is that Wipneus will defend anybody she is loyal to. What does loyalty mean if you change it every other day, regardless of the reason? Loyalty is proven over time. Sadly Wipneus has chosen Steve to give her loyalty to. Some will say that I am also not deserving her loyalty. However, we can appreciate that she remain loyal regardless.

  9. Bobbie sê:

    Wipneus, I am well aware that the IP address is easy to find. If I’d really wanted to hide it I would’ve used another computer. That’s not the point at all. The fact that I work at Naspers has nothing to do with my opinion. I’m sorry if you feel that it makes my argument insignificant.

  10. Adrie sê:

    🙄

    My Engels suig behoorlik.

  11. Hmmmm, You just mentioned something about suck? 😆

  12. Bobbie sê:

    LOL @ Adrie. It’s not. And thanks for giving some perspective.

  13. Ingrid sê:

    Kom ons erken mekaar se verskille en mag elkeen van julle ‘n amazing naweek he vol vrede liefde en vreugde.
    Dis nice om te sien hier’s nuwe ounes wat kom kuier het, hoop om julle weer hier te sien. 😆

  14. Bobbie sê:

    Thanks Ingrid. Hope you have a joyous peaceful weekend too. I’m out for the festive season so bye y’all. Despite the stuff that went on here I do wish everyone a Merry Christmas. Till 2009!

  15. doddels sê:

    Hi julle ek weet die tee-storie is nou al uitgekuier, maar luister net hier met watse profetiese woorde het Esmare haar rubriek in hierdie week se Huisgenoor afgesluit: “Maar al is al ons beplanning gedoen vir ons jaareind-tydskrif, hoop ons natuurlik steeds daar breek ‘n lekker groot storie…” Need I say more? Lyk asof haar wens bewaarheid is.

  16. Linda v W sê:

    Ek is en sal altyd ‘n “fan” van Steve bly. As ek in so situasie beland het sou ek seer sekerlik meer aggresief opgetree het as net tee gegooi het, en alhoewel Steve twee keer moet dink voor hy iets in die openbaar doen is en bly hy net ‘n mens wat seer het.

    Hoekom moet hy aan die publiek erken dat hy ontrou aan sy vrou was, hy moet dit net aan sy vrou, homself en die Skepper erken en bely.

    Ek lag in my mou vir die ander blogs wat tot vervelens toe aanhaal dat Steve s^e sy vrou het tot die Kersboom gevat, ek dink nie dis wat hy bedoel nie, net dat die huis sonder in Kersboom vir ‘N GESIN is, maar soos gewoonlik haal die publiek hom letterlik woord vir woord aan.

    Kom ons gun Steve sy seerkry en heelword.

  17. Dellie sê:

    Boendoe, amen op jou kommentaar.

    En nou waai ek rerig – het nog klere om te pak voor ons see toe gaan! En raai wat? Ek gaan vere voel vir celebs en hulle strooi. Ek het actually ‘n lewe, en ‘n son en ‘n strand wat my roep… hoor julle dit? Dis die branders wat fluister “Dellie, ons mis jou, kom hiernatoe…”

    Happy holidays, almal! 😆

  18. IdaJvr sê:

    Comment by platkuif
    2008-12-21 00:15:03
    fok Gulpie,eK IS AL GOED GATVOL VIR AL DIE KAK WAT DIE MAN KWYTRAAK.GERUGTE/RUMOURS WIL DIT VOORDOEN DAT HY SO HIGH IS VAN DIE BRANNAS EN DIE COKE (POEIERVORM), DAT DIE ARME SIEL NIE WEET OF DIT DINSDAG OF DINGAANSDAG IS NIE.GLO HEELTEMAL GEKITE GEWEES TOE HY DIE TANNIE MET DIE TEE GEGOOI HET.PATEET. EK LEES GISTERAAND SE CONCERT INNIE KAAP WAS WEER GECANCEL…SEKER GAAN KERSBOOM KOOP SHOPPING GEDOEN.EN IN MY 2009 KRISTALBAL SIEN EK HOE ;N MANLIKE JOERNALIS IN 2009 VIR GULPIE GAAN HARD BLIKSEM…OF DALK SOMMER ‘N VROULIKE ENETJIE.MAAR GEMOER GAAN HY G

    Ek is heel moerig oor dit stuk wat mnr. Platkuif op sy blog geskryf het , die mannetjie is siek in sy kop ek is woedend dat iemand so iets kan uitdink en dan kamtig sê “Rumours” sê , watse rumours wat hy self uitdink??

    Jammer Ingrid dat ek dit hier plaas maar ek is kwaad, en ook vir die storie in Rapport deur Gavin Prince geskryf, hy haal selektief deeltjies aan van Steve se skrywe, sodat dit heel anders moet klink. nou wil hulle nog sê dat die Media so onskuldig is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s