Dis amper Kersfees!!!

christmasbeads11Vrinne dis twee slapies voor Kersdag!!  Vir die van ons wat nog werk kan die rustyd seker nie gou genoeg kom nie.  Die ongelukkiges wat oor die naweek ook moet werk, moenie alleen voel nie, ek’s op stand by, so van die 26ste af sal ek met ‘n selfoon aan my sy wees elke oomblik van die dag of nag.

Gister se comments:  Ek glo nie Steve gebruik drugs nie, dit is my persoonlike opinie.  Hy is ‘n kampvegeter teen drugs en ek het ook nie dewlm misbruik probeer afwater deur dit met sigaretrook te vergelyk nie.  Ek weet wel uit getuienis van alkoholiste waarmee ek al gewerk het dat hulle gevoel het dit is moeiliker om op te hou rook as om op te hou drink.  Waarom Platkuif sy posting verander het weet ek nie, dalk is dit omdat dit die einde van die jaar is, maar ek is ook nie regtig lus om met hom in ‘n debat daaroor te tree nie.

Dankie vir julle wat my op hoogte hou van wat oral aangaan, ek kry tans min tyd om op ander blogs rond te kuier aangesien ek nie internet by die huis het nie en ons op skeleton staff werk hardloop ek maar so bietjie rond.

Die ander rede waarom ek nie kan glo dat Steve coke of enige ander drug gebruik nie is sy liefde vir sy kinders en omdat hy reeds in die industrie gesien het wat dit aan mense doen.  Meer as een talentvolle kunstenaar se loopbaan is vernietig agv drank en dwelms.

Ek het ‘n ruk gelede ‘n inskrywing oor of dit reg of verkeerd is om Gay te wees en dit toe net so onvoltooid gelaat.  Aangesien die res van die draft reeds gedoen was gaan ek dit vandag publish, dit sal dan sommer ook sorg dat ek nie ‘n stuk werk halfpad oordra na volgende jaar nie.

Hierdie moes eintlik al verskyn het, maar toe gooi Steve tee en alles lyk bietjie anders:

 

Wat staan nou eintlik in die Bybel oor homoseksualiteit?

Kom ons begin by die begin:

Gen. 2:21-25  Hoeveel keer het ons nie al die woorde gehoor: God het Adam en Eve gemaak nie Adam en Steve nie.  Waaroor gaan hierdie teks nou regtig?  Oor die goedheid van God, nie waar nie?  Net omdat daar staan dat dit natuurlik is vir ‘n man en vrou om kinders voort te bring het sommige mense besluit dat dit beteken same sex couples in onnatuurlik, wat dan van:

o       Pare wat nie kan kinders he nie

o       Pare wat te oud is om kinders te he

o       Pare wat kies om nie kinders te he nie

o       Mense wat kies om ongetroud of selibaat te bly

Maak dit hulle almal dan ook onnatuurlik?

 

Gen. 19:1-14 Hier lees ons van Sodom hierdie verhaal handel nie primer oor seks nie.  Jesus en vyf  ou testamentiese profete praat oor die sondes wat gelei het tot die vernietiging van Sodom:

Esekiel 16:48-49 Sodom en die voorstede was trots het ‘n oorvloed aan voedsel en ander aardse besittings gehad EN gee poging aangewend om die armes te help nie.  Dus is daar net soveel gay as straight mense wat Sodomiete is a.g.v. hulle arrogansie en inhaligheid.

Dit was algemene gebruik vir soldate, rowers en diewe om hulle slagoffers te verkrag en veneder, soos vandag steeds die geval in SA is;  hierdie verkragtingsdaad gaan oor mag en nie oor homoseksualiteit nie.  Daar was wel ‘n gang rape in Sodom en dis belangrik om te besef dat homoseksuele persone net so gekant is teen verkrating as heteroseksuele.

 

Romeine 1:26-27  Paulus sien seks tussen twee persone van dieselfde geslag as verkeerd, kom ons kyk hierna in die konteks waarin dit geskryf is 2000 jaar gelede.

Tydens sy reise het Paulus groot temples gesien wat opgerig is ter ere van seks godinne, maar geen temple ter ere van God nie.  Die klerklike werkers in hierdie temples het aan bizarre seksuele rituele deelgeneem, o.a. orgies waar jong slawe betrokke was.  Die Bybel stel dit duidelik dat seksualiteit ‘n geskenk van God is.  Hierdie mense het van seks ‘n afgod gemaak waar dit net om plesier en lust gegaan het sonder ‘n diepe emosionele band.  Hulle het God ook verwerp wat nie noodwendig die geval met homoseksuele mense is nie, daar is diep gelowing mense wat ook homoseksueel is.  Vir die meeste homoseksuele mense sal dit welliswaar onnatuurlik wees om heteroseksuele verhoudings te he.  Hulle liefde vir mekaar is ook nie gegrond om seksuele lis nie, hulle het net so ‘n diep geestelike en persoonlike band met hul maat soos heteroseksuele mense het.

Ons moet ook onthou dat Romeine 2 begin deur te se dat niemand die reg het om ‘n ander te oordeel nie, Paulus voel baie sterk dat selfs nadat hy beskryf het wat hy waargeneem het dit nie sy of die mens se plek is om ander te oordeel nie,maar God s’n.

1 Korinte 6:9 en 1Tim 1:10 vertel van die liefde wat God van ons verwag om vir mekaar te he en dat ons nie moet oordeel nie.

Die woord Malaokois waarna vewys word in die Grieks beteken call boys of dan manlike prostitute, die volgende woord wat gebruik word arsenokoitai verwys na die mense wat gebruik maak van hierdie prostitute, vandag sal ons hulle dirty old men noem.  In 1958 het iemand wat die vertaling gedoen het besluit hierdie twee woorde verwys na homoseksule mans terwyl daar nie ‘n woord in beide Grieks of Hebreeus bestaan wat vertaal kan word as homosekuele nie.

Daar is nou gekyk na ‘n paar tekste wat tradisioneel aangehaal word om homoseksulaliteit te verdoem, dit is egter belanglik om te onthou dat daar nie deur Jesus, die joodse profete of selfs Paulus verdoemend gepraat word van verantwoordelike liefde tussen gay mans of lesbiese vroue nie.  Elke verantwoordelike gay persoon wat ek ken sal dan ook baie vinnig wees om te se dat losse sedes onaanvaarbaar is en nie een van die gaimg1492y persone wat ek ken sal ooit kinderprostitusie of kinderpornografie goed praat nie.

Wat was die doel van hierdie navorsing en om dit hier te kom neerskryf?  Ek wou ten eerste vir myself antwoorde kry, maar ek wou ook graag veral in die gees van Kersfees dat ons daarna kyk om meer verdraagsaam teenoor mekaar te wees, gun elkeen sy/haar eie siening en waarde sisteem, net omdat dit van joune verskil maak dit nie noodwendig verkeerd nie. 

 

Van vandag af gesels ons net oor rustige mooi dinge, behalwe as iets onverwags gebeur, wie weet?

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s