Bala Boeties julle mag maar!!

img1708

Dis ampertjies Kersfees!!! Vrinne is die kinders opgewonde, al het ek ook baie mooi vertel dat Kersvader ‘n swembad vroeg gebring het en dalk net ietsie kleins nog sal bring blink daai ogies darem vir jou!!

 

Kersfees het vir my ook vroeg gekom.  Dankie Bala Brothers.  Kyk as daar nou iemand is waarvan ek ‘n fan is dan’s dit nou Zwai Bala, ek like daai outjie iets ysliks.  Hulle nuwe CD is op die rakke, of liewer was op die rakke, toe ons begin soek daarna kan jy hom nerens meer kry nie, elke plek vertel dieselfde storie, uitverkoop, sorry sold out, sorry we will only be getting more after Christmas.  Ek gaan vertel die ouens daarvan en wat maak die amazing manne, reel dat een by my afgelewer word.

 

14_a053Toe ek iemand wou kies om veral vandag oor te gesels het die lewe weereens sommer self vir my gekies.  Hierdie drie boetjies verdien elke stukkie reklame wat hulle kan kry.  Waar kom my liefde vir die Balas vandaan, ek weet nie, dalk omdat ons almal van die Oos-Kaap af kom.  Hulle is gebore in Kwa-Nobuble buite Uitenhage. 

 

Het ek gese dat Zwai my gunsteling is?  Dit is ook nie nodig om julle van hom te vertel nie.  Zwai is bekend vir sy verskyning op TV, DJ, liedjie skrywer, musikant ens. ens. ens. ons het hom selfs op Strictly come dancing gesien.  The Dread maestro is hoe ek Zwai altyd sal onthou.

 

15_a0601Loyiso Bala was gekies as die land se sexieste man in 2008, wel girls kyk maar of julle saam stem, ek verkies om nie kommentaar te lewer hierop nie!  Loyiso het dan ook ‘n baie sterk solo loopbaan.

 

16_a018Die twee boeties het vir kleinboet Phelo nader gehark om die gewilde en suksesvolle Bala Brothers te vorm. 

 

 

 

19_bala20brothers20aB3 was hulle eerste album en as hy nie in jou CD versameling is nie, mis jy iets groots.  Ek kon nog nie iemand hoor wat You raise me up sing soos hierdie drie manne nie.  Nou kom verstom hulle met ‘n Afrikaanse album uit die boeke!!

Manne julle mag maar.20_balabrothersstromevanseen240

 

Julle beskikbaarheid, liefde vir musiek en vir julle gesinne spreek uit elke ding wat julle doen.  Soos gese het kom ek van die Oos-Kaap af en ek kan net dink hoe trots uMama op julle is. Go home boys go en mag hierdie Kerstyd vir julle vol liefde en vreugde wees en mag 2009 bring dat julle sterre net nog helderder skyn!!

 

Aan elkeen wat hier kom kuier het, al het jy net vinnig kom loer en nie gebly vir koffie nie, mag more vir jou vol liefde en vreugde wees en mag daar strome van seen na jou kant toe kom.  Ons gesels weer die 26ste.

Advertisements

3 comments on “Bala Boeties julle mag maar!!

  1. Wipneus sê:

    Geniet julle kersdag Ingrid. Baie geseënde Kersfees vir jou en jou geliefdes!!!

  2. Ingrid sê:

    Baie dankie Wipneus, dieselfde vir jou, Teddy en almal om jou!

  3. Lwazi sê:

    Thanks for the blog 🙂 I hope you had a blessed Kersfees Have a fantastic New Year

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s