Sluit jou tronkdeur oop, net jy het die sleutel

honestyDankie vir die laaste paar comments, julle verbaas my, maar maak my ook baie bly.  Die ondersteuning wat ons steeds daagliks van “vreemdelinge” kry is verstommend.

 

Daar was ook mails wat vertel het van mense wat nie uit die kas uit wil klim nie en die seer wat daar rondom gaan. Dalk was dit vir my maklik om te se kyk mense ek het lief geword vir ‘n vrou en ek is nou gelukkiger as wat ek ooit was, deels omdat ek nie werklik familie het vir wie ek dit sal moet verduidelik nie, aan die ander kant ook omdat ek in die kunstenaars gemeenskap, veral in Bloemfontein, gebly en tussen hulle beweeg het, waar daar ‘n redelike groep gay persone is.  Ek het ook uit die aard van die saak my kinders groot gemaak met die wete dat daar soms mans is wat verkies om met mans te trou en so ook vrouens wat dieselfde doen.

 

Ek weet nie eers hoe om hierdie dinge vir myself te verduidelik nie, want tot Augustus hierdie jaar het ek nog nooit ‘n homoseksuele verhouding gehad nie, daar het ‘n oomblik gekom waar mense vir my aseksual geword het, ek het van altyd af geraas as die kinders praat van moffies, dit is ‘n woord wat ek vandag steeds nie kan tolerate nie, net soos lesbian het dit amper vir my net so erg soos die gewraakte k woord geword in hierdie land.  Vir te lank is hierdie woorde gebruik om mense seer te maak en te verneder. 

 

0325354Ek voel bitter jammer vir diegene wat weet dat hulle gay is en dit wegsteek vir ander en baie hard probeer om dit te verander, vriend dit gaan nie verander nie.  Aanvaar wie jy is, jy sal gelukkig wees en almal om jou sal ook gelukkiger wees, want hulle gaan jou vrede aanvoel.

 

Kom ek vertel julle van Hannie, want ongelukkig het ek nooit die ervaring gehad dat ek nie heteroseksueel wil wees nie.

Hannie het deur jare gegaan waartydens mense vir haar gese het sy is gay en haar eerste reaksie was: “As jy dit weer se klap ek jou.”  Sy het in meer as een heteroseksule verhoudings betrokke geraak om te probeer bewys dat almal verkeerd is, sy wou so graag wees soos wat almal haar vertel het ‘n vrou moet wees, maar in haar hart was sy ongelukkig.  Sy is dan ook later getroud en het pragtige kinders, maar sy was sielsongelukkig en die grootste rede was omdat sy vir haarself meer as vir ander gelieg het, sy het in totale ontkenning gelewe.  Die dag toe Eugene haar gese het hy is gay en gaan met Bennie trou het sy besluit om nooit weer met hom te praat nie, sy was kwaad, as1086hisros_037nie soseer omdat hy gay was en dit erken het nie, maar omdat hy die kans gekry het om gelukkig te wees en te wees hoe hy wou en sy kon nie, sy het nie ‘n manier gesien om uit die web of deception te kom wat sy vir haarself gespin het nie.  Saam met die veroordeling van gays het daar ook die spinoff gekom van jy trou nie met iemand van ‘n ander ras of kultuur nie en dit het seer tussen haar en Cornel veroorsaak.

Die dag toe hierdie wonderlike vrou besluit het om te aanvaar wie sy hier diep binne is het haar lewe verander op soveel vlakke.  Die eerste ding wat gebeur het is dat sy vrede gemaak het met Eugene en Bennie, hulle is tans ons dierbaarste vriende, sy kon ook weer die bande met Cornel herstel, want binne haarself kon sy erken dat mense verskillende is en dat elkeen respek verdien, al verskil hy/sy van jou.  Mense wat haar lanklaas gesien het kon dadelik opmerk dat sy gelukkiger is, rustiger en meer tevrede. 

Verseker was dit nie maklik om vir die wereld te se sy is gay nie, nee eintlik om dit vir haar familie te  vertel.  Sy ervaar steeds teenkanting daar was selfs mense wat haar fisies van hulle weggestoot het.  Die gevolg van hierdie seer is dat ons,  ons in ons eie heelal terug getrek het met net die wat ons aanvaar soos ons is naby ons, ons vertrou bykans niemand nie, daar is slegs een vriendin wat in hierdie maande vir my soos ‘n suster geword het waarmee ek praat, sy staan bankvas agter ons met dieselfde lojaliteit waarmee sy agter Steve staan, as julle gedink het ek is lojaal dan het julle nog nie hierdie vrou gesien nie. 

As daar dus iemand is wat hier lees en wat bang is om uit te kom, dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar jy gaan gelukkig wees, jou lewe gaan verander, jy sal nooit weer hoef te maak of iemand vir wie jy ontsettend lief is net jou vriend/in is nie. 0318908 Jy sal nie kan glo hoe bevrydend dit is om jou geliefde se hand te kan vashou wanneer jy wil nie en nie bang te wees ‘n familielid of kollega kom dalk om die hoek gestap nie.  Moet dit nie aan jouself of die mense om jou doen nie.  Praat met mense, gaan vertel vir diegene wat die naaste aan jou is.  Ons staan aan die vooraand van ‘n nuwe jaar, maak dit die beste jaar van jou lewe, sluit jou eie tronkdeur oop en wees vry.  As jy eers met iemand wil gesels hieroor, plaas ‘n comment onder ‘n skuilnaam, ek sal jou mail net dalk kan ek iets se om jou te help.  Dit is ook baie belangrik om ondersteuning te he nadat jy vir mense vertel het.  Hulle sal natuurlik geskok wees en ons almal hanteer skok nie dieselfde nie, maar doen dit vir jouself, jy verdien vryheid.

u139479781

Advertisements

2 comments on “Sluit jou tronkdeur oop, net jy het die sleutel

  1. Wipneus! sê:

    Hi Ingrid, Ek het nou lekker gelees aan al die inskrywings, dis soos storieboek lees 😛 (Ek spring net so dan en wan voor my rekenaar in om my blogs ‘n revamp te gee, kry nie baie hiervoor tyd, as ek werk nie)

    Almal verdien ‘n plekkie in die son maak nie saak wat hulle voorkeure is nie. Dit het niks met ander mense te doen nie. Elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk maar ander mense moet jou ook “space” gee om jou geluk na te jaag! Hier is nou waar die probleem kom, mense gun ander mense nie “space” nie! Hulle druk altyd hulle neuse in of wil seermaak. Jy moet leef volgens hulle reëls. Dit kan mos nie, kon ook nog nooit nie.

    Een van my eie reëls in die lewe is, dat ek nooit mag oordeel as ek nog nie self daar was nie. Hoe kan jy jou opinie lug as jy geen ondervinding het van ‘n saak nie? Chill, maak los die boude en go with the flow!! 😆

    My beste vriend Cobus is gay! Ag liewe… ons is so lief vir die mannetjie en sy maat. Cobus sal die wêreld omkeer om my gelukkig te sien! Natuurlik het ons al baie diep gesprekke gehad rondom die “gay” topic. Mense is wreed! As jy my nou al op my kwaadste wou sien, moes jy daardie dag by gewees het toe iemand ‘n negatiewe opinie gelug het en hom baie seer gemaak het. Ek was willer as die wildtuin! Ek skrik eindelik vir myself! whahaha

    Ek is bly julle het geluk gevind! Ek besef ook dat dit nie nou vir julle maklik is nie. Maar soos Johann Symington sê: “Aan storms gaan jy nie ontkom nie, trek jou dansskoene aan en dans dat die stof so staan”

    Mag 2009 vir julle ‘n goeie jaar wees en my wense is dat julle weer met al julle geliefdes sal herenig!

    x x

  2. Ingrid sê:

    Dankie Wipneus, ek se mos as jy lojaal is aan iemand sal jy vir altyd daar wees. Mooi laaste twee daggies van 2009 vir jou, more skryf ek oor iets wat my omtrent so wild maak soos wat jy moes gewees het -ek wil nog net gou ‘n paar feite bymekaar kry, voor ek weer emosionele rubish praat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s