Dis nie mishandeling nie?!!!

Weereens lewe ek in my eie fantasie wereld.  Ek het gese ons gaan net oor mooi dinge praat tot volgende jaar – reality check, nie almal het mooi hierdie tyd van die jaar nie!

1574r-24647Sondag aand bel ‘n pa, sy kinders is by hulle ma en word nie goed behandel nie, die mense in die huis het gedrink, die ma het die een kind seer gemaak en wou he die kind moet van die vloer af eet, nog dinge het gebeur, die pa bel die polisie, glo is dit nie ‘n saak vir hulle nie, ‘n maatskaplike werker moet betrokke raak.  Ek is woedend, moet daar nou gewag word totdat een van die kinders dood is voordat die polisie hulle werk sal doen.  Daar staan tog duidelik in die kinderwet dat selfs vermoede kindermishandeling ondersoek moet word!! Ek begin rondvra, almal se ja dit moet so wees, maar in die praktyk werk dit nie so nie, se gat man!  ‘n Kind se lewe is potensiaal in gevaar en jy wil vir my kom vertel van die verskil tussen teorie en praktyk!

Die volgende reaksie is, maar dis nie kindermishandeling nie.  Weereens wil ek op almal skree en lelike woorde daarby, ek gaan kyk wat se childline is kindermishandeling:  Dit is engie interaksie, of gebrek daaraan, tussen ‘n kind en sy ouer of ander versorgers wat veroorsaak dat daar skade aan die kind is wat nie deur ‘n ongeluk veroorsaak is nie en wat negatief inpak op die kind se fisieke sowel as ontwikkeling status.

Wanneer word ‘n kind verwaarloos?000801_0268_0009

o       Daar is ‘n gebrek aan toesig

o       Daar is ‘n gebrek aan beskerming

o       Die kind het nie genoeg klere nie

o       Daar is ‘n gebrek aan onderrig (onderwys)

o       Daar is ‘n gebrek aan hygiene

o       Die kind word ontneem van genoeg slaap

o       ‘n Motor word bestuur met kinders in terwyl die bestuurder onder die invloed van alcohol is.

o       Daar is nie voldoende liefde en sorg nie en die kind kry nie genoeg emosionele ondersteuning nie.

kid161Dit is ‘n wetlike verantwoordelikheid van die ouers om te sorg dat die kind voldoende sorg ontvang.  Indien ‘n ouer bewus is daarvan dat ‘n ander ouer die kind mishandel, op welke gebied ookal, en dit nie aanmeld nie, kan hierdie ouer krimineel vervolg word.  Die gevolg kan wees dat hierdie kind/kinders sorgbehoewend verklaar word en uit die sorg van albei ouers verwyder word.

swm01448Asseblief ek het dit met my oe gesien gebeur, ‘n ma wou nie teen die pa getuig nie en die kinders is in pleegsorg geplaas omdat daar gevoel is dat die ma medepligtig was deur stil te bly.  In ‘n ander geval het die geskeide ma probeer om eers alles in plek te kry voordat sy die kinders wou probeer terug kry om by haar te bly, toe sy wel uiteindelik met maande se bewyse gaan en aansoek doen om toesig oor die kinders is bevind dat sy net so min bevoeg was om na die kinders te kyk as die alkholis pa wat die kinders mishandel en verwaarloos het, omdat sy nie dadelik met die eerste vermoede opgetree het nie, hierdie kinders is ook sorgbehoewend verklaar.  Daar is nog verskeie ander sulke gevalle wat ek self sien gebeur het. 

 

097005Jy kan nie die ander persoon beskerm ten koste van jou eie kind nie, daardie kind het geen verweer teen ‘n volwassene nie.  As jy dan nie gereed is om die kind by jou in te neem nie, vra die hof om die kind tydelik in pleegsorg te plaas, kry jou eie sake uitgesorteer en sorg dat jou kind se verhaal ‘n gelukkige einde het.  Moet nooit dink daar is nog tyd as dit by die veiligheid van kinders kom nie.  Mense asseblief, ek is passievol hieroor, ek het stukkende lyfies gesien, maar dit is nie die stukkende plekke wat ons kan sien wat nooit heel word nie, dit is die emosionele skade wat nie herstel kan word nie.  Moenie wag tot more of tot net nou nie, dit kan te laat wees, asseblief help ons kinders.  Daar is natuurlik ‘n ander rede waarom jy moet praat.  Die vorige kinderwet het gepraat van dokters, verpleegsters, tandartse en onderwyswers wat kindermishandelinge moet aanmeld.  Die bewoording in die nuwe wet is anders: enige persoon wat kindermishandeling vermoed moet dit aanmeld of as hy/sy sou nalaat om dit te doen maak hy hom/haar skuldig aan ‘n misdryf.

 

Asseblief wees lief die kinders in jou sorg, as jy nie meer kan cope nie, daar is hulp.

0143915