Jesus vir jou kind

mushroom_gnome_violin_fairies_dancing_un

Ek “blaai” so tussen die blogs rond en daar by vrind Platkuif se plek sien ek dat die Ingilse nie meer ons ou geliefde sprokies vir hulle kinders wil vertel nie, dis nie polities korrek nie, te veel geweld, te swart ens. ens. ens.

Kyk as ek my kinders in ‘n wereld vol feetjies, dwergies, Kersvader, tandemuis en al daai goeie ouens kan hou sal ek dit vir solank moontlik doen.  Hulle glo steeds baie hard in Kersvader selfs ten spyte van die verteleninge van groter kinders dat daar nie so iets is nie, het die kleintjies baie opgewonde vertel wat die vet oom vir hulle gebring het.

Moenie ‘n fout maak nie, my kinders weet baie goed ons vier eintlik Kersfees omdat Jesus vir ons gebore is, die nativity scene kry meer aandag as die boom met sy blink goeters en hulle weet goed van Paasnaweek en waaroor die eintlik gaan.  Dan was hulle darem ook gelukkig genoeg om reeds twee keer in ‘n passiespel in Lady Grey te kon optree.  Quinton het verlede jaar amper vir “Jesus” om gehardloop so vinnig wou hy by hom kom om hom te druk.  Ek het verduidelik dat dit eintlik Stefan was wat net gemaak het of hy Jesus is vir die konsert, sy antwoord was: ” Hy was net so lief vir my soos Jesus, want hy’t my nie weggejaag nie.” Sien hy’t gehoor toe ek met die regiseur praat en vir hom vertel hoedat Stefan sekondes voor hy op die verhoog tyd gemaak het om aandag aan Quinton te gee.  Dit is al wat ons kinders wil he dat ons soos Jesus sal tyd maak om vir hulle aandag te gee, vir hulle word jy dan die verpersoonliking van Jesus se liefde, want vir ‘n vier jarige is dit baie moeilik om die abstrakte konsep van Jesus is lief vir my, maar ek kan hom nie sien of voel nie te begryp. 

Mag jou kind hierdie naweek en elke dag hierdie jaar Jesus in jou oe en hande sien en voel.

Advertisements

3 comments on “Jesus vir jou kind

  1. doddels sê:

    Nou wat gaan vandag hier om die kombuistafel aan Ingrid? Die koffie het al yskoud geword en jy’s nog steeds nie hier nie? Sal maar weer die ketel gaan aansit.

  2. Ingrid sê:

    Groot askies ons server was af en dit het IT die hele dag gevat om iets reg te kry.

  3. Willa2 sê:

    Ek sal die koekies bring … 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s