VEELS GELUK VLOOI

u13575088

Ek kry ‘n oproep van my engel af, die skool soek haar en sy kan nie terug bel nie.  Nee wat se die vrou aan die ander kant ek wil eintlik met die ma praat oor Simone, maar daar’s niks fout nie.  Wag, se ek, jy kan met my praat ek belowe jou dis ok.

Simone is gekies as pom-pom girl vir die sport en julle moet a,b en c doen en dit en dat betaal. “Alles reg, mev, baie dankie ons sal sorg dat dit so geskied.”  Hannie bel om te hoor wat gaan aan en ek kan die vreugde en trots in haar stem hoor.

‘n Mens se kinders maak enige iets die moeite werd, selfs die blouste blou Maandag word gevul met nuwe sonskyn deur hulle. 😆

img_44131

 

Lojaliteit …

u120857631“The greatest loyalty in life is, above all, to thine own Self be true.” – Charlie Lewis

“Beginsels is blybaar fleeting, my dear.” – Steve Hofmeyr

Baie interresant hoe fleeting sekere dinge en veral lojaliteit is.  Natasha Sutherland vertel hoe sy nog ‘n oormaat liefde vir Steve het, sy vergelyk haar pyn deur sy verraad met die Sharks wat die Super 14 verloor het:  dit sal vir haar makliker wees om oor en oor na die 2007 super 14-finaal te kyk as om Steve Hofmeyr weer te vertrou”

Tasha, I have never critized you, but do you really think that thumb_natasha1you have never made any mistakes.  Do you really expect readers to believe that you only heard about Janine in the Sunday papers in Jan 2008?

Ja, verseker was dit baie seer, maar kan ‘n mens dit werklik minimaliseer tot ‘n rugbyspan wat ‘n wedstryd verloor het?  Daar was kere wat ek die pyn en angs in haar oe gesien het.  Ek het baie simpatie met haar gehad en dit is vir my wonderlik dat sy haar lewe wil herbou en ‘n nuwe loopbaan wil bou, maar vir hoelank gaan sy nog Steve se naam en sy foute as tag lines vir haar artikels gebruik en die media steeds die kans gee om in te cash op hom.  Net die feit dat sy haar gesig saam met sy naam op tydskrifte verskyn maak dat mense dit koop.

Ten minste kan ons een ding se, Natasha is eerlik as sy se dat sy onskatbaar waardevolle lesse by Steve geleer het en dat hy vir haar ‘n nuwe werled van moontlikhede geopen het.  Daar is niemand wat ooit naby hom gekom het en nie verander daar weg gestap het nie.  Hy is ‘n ewige student van die lewe en soek altyd na nuwe dinge om homself te verryk en sonder om eers te probeer vloei sy innerlike krag en passies uit na almal wat hy aanraak.

Ek hoop en vertrou dat Natasha geluk sal vind in haar nuwe lewe en nuwe loopbaan, die groen muur met die spieels sal sekerlik vir haar ‘n simbool van haar nuwe lewe wees terwyl die spieels haar die kans gee om te sien hoe die metamorphose plaasvind.

 

1792005Steve, jy’s lank genoeg gestraf vir dit wat jy gedoen het, jy het meer as genoeg askies gese, jy verdien ‘n lewe net soos al die ander arme siele wat jy so verontreg het.  Ek gaan nie my mail aan jou hier herhaal nie, maar gelukkig kan jy ook jou kop op hou en ‘n nuwe jaar met nuwe vooruitsigte aan pak…

 

Nuwe week

0139569Ons is aan die begin van ‘n nuwe week, ek hoop dat jy nie vandag so sal voel nie, dat daar iewers ‘n sonstraal deur jou besige dag breek.

Sover lyk dinge darem asof dit onder beheer sal wees hier by die werk, Ouma is terug by die huis, die kinders settle goed in in die skool, so alles bymekaar getel sal dit sekerlik nie te sleg kan gaan nie.

Al wat ek van die lewe vra is in elk geval net genoeg tyd om saam met my kinders en natuurlik my engel te wees.

Geniet die oggend, ons sal later weer koffie drink.

ingrid2