Grys Dinsdag

Toe ek vanoggend se opskrif gekies het, het ek nog nie geweet presies hoe hierdie dag gaan verloop nie.  Nou verstaan ek waarom ek dit Vriende genoem het.

 

Ek kry ‘n sms van ‘n wonderlike vriendin, nee ons sms mekaar nie elke dag nie, email ook so wanneer die tyd daar is, lees mekaar se blogs en het nog nooit eers regit koffie gedrink nie, maar die sms lees so:

 

“’n Stilte is beter as ‘n ewigheid van woorde.  ‘n Glimlag se meer as ‘n boek vol komplimente.  So as jy wonder of jy vir my spesiaal is, bly ek stil en glimlag!”

 

abf000761Daar was geen manier waarop sy kon weet presies hoe my gemoed skielik verander het nie.  Vanoggend was ek vrolik en opgewonde en kon nie glo dat iemand van my ouderdom nog kan voel asof jy op die wolke sweef nie, toe sommer net so skielik is dit asof dinge verander en daar wolke voor die son inskuif.  Die rede, nee daar’s nie eintlik een nie.

 

Ek hou ‘n groot deel van myself in ‘n koekon toe waar net die baie na aan my toegelaat word en die oomblik wanneer mense daar oortree word ek ‘n skilpad en trek baie diep in hierdie dop in.  Dit mag vir julle snaaks klink komende van iemand wat haar diepste harts dinge soms aan die hele wereld vertel, maar soos ek se daar’s ‘n stukkie wat nog net een of twee mense ooit gesien het of van weet.f0014834

 

As mense dinge se wat my gesin kan benadeel wil ek hulle vat en diep die berge in hol en in ‘n hut gaan bly waar ons net almal saam kan wees.

 

Die ander ding wat ek graag gedoen het wanneer ek so voel is om ‘n Daniel Steele boek te gryp of gou by die book exchange te gaan kry en langs die see te gaan sit en lees of net te sit en skryf totdat die wind en branders alles tot ‘n balans laat saam kom het.

 016973bl

Gister was Wipneus se Maandag blou, seker vandag my beurt om ‘n grys Dinsdag te he.  Wat doen jy wanneer jou dag so grys is?

  1005232

 

Advertisements

13 comments on “Grys Dinsdag

  1. Willa2 sê:

    As my dag grys is, gaan stap ek ‘n lang ent langs die see. Die branders het altyd ‘n kalmerende effek op my.

    Julle het my nou rerig bekommerd. Dit begin klink soos ‘n epidemie en ek’s bang ek trek Donderdag. Miskien moet ons maar “fast forward” na Vrydag of beter nog na “payday”.

  2. Wipneus! sê:

    Hei nee vriendin, ek is vandag weer op my stukke!! As ek so af raak …. dan sluit ek my af, en kruip in ‘n hoekie weg!! Ek konsentreer baie hard om na ‘n ander wêreld te gaan!! 😆

    Die rede: my tong verander binne sekondes in ‘n Minora blade en na ek so gehap het voel ek altyd so skuldig en sleg!!! Dus dis beter om weg te kruip voor ek my naam met ‘n plank slaan!!!

    Gister was dit baie rof hierdie kant, kan jy glo dat hulle gister-aand 6 uur besluit om die airconditioners te kom installeer wat Saterdag gedoen moes word. Werk moes klaar en ek kon nie werk nie. Hulle boor en kap die hele buurt wakker!!! Vreeslike blou Maandag gewees, ek hoop ek spring dit die res van die jaar vry!!!! :mrgreen:

    Vanoggend 5 uur toe moes ek deur die stof en klippe beur om die gemors op te ruim!!! 😆
    Maar Mense ek sit vandag heerlik in my vrieskas en werk! Dis yskoud, my ma loop glads met ‘n trui rond!! whahahaha en ek voel on “top of the world” in hierdie yskoue winter weer!!! Ek stel daai aircon op die koudste tempratuur!!! Geen “menopouse” vrou kan hierdie hitte uitstaan nie 😆

  3. ingrid sê:

    Willa2 Klink na ‘n goeie plan. Geweet jy’s ‘n slim vrou. Lekker aand 😆

  4. ingrid sê:

    Wip neus, dalk het jy so pas die rede vir my frustrasie raak geskryf. Hulle verf hier buite en is besig om die venster rame af te skuur, tussen die paint stripper en die geraas en gebabbel in tale wat ek tog nie eers verstaan nie het ek nou al ‘n lieflike kopseer. Daar’s ook nie tyd vir so iets nie, moet vanaand skool vergadering gaan bywoon.
    Mooi aand, bly jou goed lyk beter :mrgreen:

  5. Wipneus! sê:

    Dis daai paint stripper wat jou hoofpyn gee!!! Gee hulle die Clint Eastwood kyk, hopelik skrik hulle en praat sagter!!!

    Lekker aand vir julle!!! 😉

  6. Ek sien maar die grys vir wat dit is, soms is die grys nie so sleg nie. Dit is maar wat ek doen.

  7. ingrid sê:

    Mooi so; if life gives you lemons make lemonade. Goeie attitude om te he 😉

  8. Ogies sê:

    As die wêreld om my druk dwing ek myself om my seëninge te tel. My kinders, my ouers, my man, my God. Hulle dra my deur die storm en ontmoet my altyd daar waar ek is.

  9. ingrid sê:

    Baie dankie Ogies, ‘n baie mooi manier om die negatiewe vinnig te laat vlug. Mooi sonskyn dag vir jou 😆

  10. katjiepiering sê:

    Knip ‘n uiltjie

  11. ingrid sê:

    O ja hulle is, ek was nou net by ‘n bekendstelling van ‘n buitemuurse program by ‘n kleuterskool. Dit was geskeduleer tydens die tydgleuf wat gewoonlik pouse is, die arem outjies kon nie verstaan waarom hulle nie hulle broodjies en koeldrank kan kry nie en moet wag. 😦

  12. merriemuis sê:

    Ek is mal oor die gesegde wat jou vriendin vir jou ge-sms het!!

  13. ingrid sê:

    Dankei merriemuis, ja sy’s ‘n ster!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s