‘n Ballerina wat ‘n drie druk!!!

Hoekom was ek vandag so stil?  Het julle dalk gedink ek maak soos my webmaster en los julle en dit sommer so sonder magic?

schoolconcert

Nee, die kinders en werk hou my besig tot so ‘n mate dat ek soms wonder hoeveel ure in een dag kan inpas.

Na vergadering, opleiding skedules ens wat alles voor 13h00 ingepas moes word het ek gou gery om die kinders te gaan haal.  Die drie kleintjies het ‘n spesiale oudisie by die SA Ballet en Teater skool gehad.

Praat van deurmekaar.  Quinton vertel opgewonde in die kar van die drie wat hy vandag by die rugby gedruk het en dit terwyl hy oppad is om ballet te doen.  Wel die goeie nuus is dat hulle al drie toegelaat is tot die beginners groep.  Nou kom die regte uitdaging, vier keer ‘n week moet iemand dans in Braamfontein, iewers moet ek genoeg ure gewerk kry om my baas gelukkig te hou.

weidemanPokkel het eers nie gedink die pink poppies wat met hulle leotards en rompies daar rond staan is oulik nie, maar na die uur lange sessie het al drie gese hulle wil weer gaan.  Ek was Andries Weideman (nee hy’s nie familie van Esmare nie) baie dankbaar toe hy se hulle moet Vrydag terug wees.  Eerlike waarheid te se het ek elke keer wat ek ‘n deur gehoor het verwag dat hy met Quinton aan die nek daar gaan aankom en se hy ontstig die hele klas, vat hom net weg.  Wys jou nou net die klein skurk het toe nog versteekte talente ook.

Die skool het ‘n baie hoe standaard, al hulle dosente is profesionele dansers wat tans nogsteeds dans.

Dus as jy iewers in die toekoms ‘n ballerina sien wat ‘n drie druk, moenie worry nie, dis maar net een van onse kinders wat gehoor het van beproef alle dinge en behou die goeie.

Lekker en hopelik ‘n rustige aand vir jou.

rj20apr

  • The SABT School at the State Theatre: 012 392 4163 (Mon -Thu, 14:30 – 17:00)
  • The SABT School at the National School of the Arts, Johannesburg: 011 877 6899 Fax: 011 877 6900
  • or email Andries on andries@saballettheatre.co.za

andriesskool

ingrid7

 

Advertisements

8 comments on “‘n Ballerina wat ‘n drie druk!!!

  1. Ogies sê:

    Dans is vir my vreeslik terapeuties. Ek’t formele dans onderrig tot in matriek gehad. As daai gogga jou eers gebyt het, los hy jou nooit weer nie. Geluk met die kids se prestasies.
    LOL @ ballerina wat drie druk!

  2. Willa2 sê:

    Baie geluk en sterkte met al daai tydsbeplanning.

  3. ingrid sê:

    Ja, dit is nogal iets waaroor ek sterk voel. Amber dans ook al vandat sy ses is, het in graag R begin met ballet en selfs toe sy in die kunste adkedemie was, was dit een van die reels, sy weet om nie eers te probeer onderhandel nie, sy kan enige ander buitemuurse aktiwiteit los, maar nie haar dans nie. Dis nie dat ek haar in ‘n rigting in dwing nie, maar na die dae waarin sy net wou ophou is dit nou een van die dinge wat sy die meeste geniet. Dit is ook een aspek waarop ek bereid is om te sorg dat daar geld is om dit te betaal. Mense se vir my daar is goedkoper dansskole in Johannesburg, maar van die ouers het ook eerlik gese dat die standaard van onderrig wat hulle kinders by van die ander skole gekry het nie dieselfde is as wat Andries hulle bied nie. Selfs Amber kon kom vertel dat sy dinge doen wat sy nog nooit in haar drie jaar van dans gedoen het nie, hulle filosofie is ook een waarmee ek kan saamleef, dans is nie ‘n komptisie nie, dis ‘n leefstyl. Dit help nie jy het elke Eistedfod gewen nie, want die dag wanneer jy nie ‘n oudisie slaag nie voel dit of jy ‘n totale mislukking is.

  4. ingrid sê:

    Baie dankie Willa2 sien jy nou ek sal sekerlik ‘n groter dagboek moet kry 😆

  5. Wipneus! sê:

    Ek sien jy is net so besig 😉 Die jaar het ons gevat en hardloop met ons! LOL

    Baie geluk, ek sal op die uitkyk wees vir daai ballerina wat ‘n drie druk :mrgreen:

  6. ingrid sê:

    Ja, jy moet onthou toe hy vier was vra die juffrou eendag wat gaan jy wees as jy groot is? Die antwoord sonder om ‘n oog te knip: “Brian Habanna” 🙂

  7. Ai hoe ver wat jy my nou terug. Toe ek geswot het in Gauteng het ek baie staatsteater toe gegaan om ballet te kyk, die meeste wat ek nog by die ballet uitgekom het.
    Was so mooi ek mis dit. Ons het so baie van ons beste dansers verloor oorsee. ballet sal altyd vir my mooi was.

  8. ingrid sê:

    Praat jy nou die waarheid. Hoop jy sal gou weer ‘n kans kry om ons kunstenaars te sien. Mooi naweek verder 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s