Rus in Vrede Trudie

Ons ry werk toe en die lamppale vertel van ‘n aktrise wat in haar slaap gesterf het. Terwyl ek later met Hannie gesels lees ek Beeld en kom tot die skokkende ontdekking dat die akrise Trusie Taljaard is.

Hoe dikwels dink ‘n mens nie soort van dat iemand maar net altyd daar sal wees nie?  Ek dink terug aan my eie ouers en hoe amper as vanselfsprekend ‘n mense hulle aanvaar.  Ons doen dit nie net met ons ouers nie, maar met ons kinders ook en dan soveel te meer nog met ons geliefdes.

Tot eendag, dan is hulle weg vir altyd en dan besef jy daar is soveel wat ek nog wou se.  Beide my ouers is so weg sonder dat daar ‘n kans was vir totsiens se, nie een van hulle het ‘n siekbed gehad nie, hulle was net die een dag nog daar en die volgende weg en dit het lank gevat om te aanvaar dat hulle nie  meer daar is nie.

Ek klim in die hysbak saam met ‘n mamma met ‘n drie jarige seuntjie was ‘n playground accident gehad het en besef weer hoe kosbaar die lewe en kinders sonder enige spesiale aanpassings is.  Hierdie kind is die oggend by die speelgroep afgelaai en later die dag moes die ouers na ‘n hospitaal toe jaag en hulle kind sal nooit weer wees soos hy eers was nie.

Probeer ek jou hartseer en depressief maak op ‘n Maandagoggend?  Nee, alles behalwe ek wil net se wees lief vir die na aan jou en se en wys dit vir hulle.  Moenie wag vir ‘n verjaardag of Kersfees of Valentines dag om te se ek is lief vir jou nie, ons weet nie eers of ons dit nog vanaand sal kan se nie.

Ek onthou hoe ‘n bestuurder een keer vir my ‘n juweel gegee het om aan vas te hou toe sy gese het: “Always ask yourself when you leave your home in the morning and something should happen to you before you can come back, what will the last thing be your family will remember about you.”

Mag jy ‘n mooi dag he en al die mooi herinneringe van almal wat nie meer met jou is nie koester en in jou juwelekissie bere.

ingrid

 

20080915190507563_bnjip6-297x250SA aktrise sterf ‘soos sy geleef het’
Feb 01 2009 09:54:03:710PM  – (SA)  

Philip de Bruin

Die veteraan-aktrise Trudie Taljaard (60) het nie eergisteraand gesterf nie; “sy het net doodgewoon opgehou asemhaal”.

So het me. Sylvia Venter, jare lange vriendin van Taljaard, gistermiddag gesê ná haar afsterwe eergisteraand in ’n sorgsentrum in Johannesburg.

Beenkanker is in Julie verlede jaar by Taljaard gediagnoseer. Bestraling het nie die kanker genees nie.

Haar heel laaste gesprek, sowat vier uur voor haar dood, was oor een van die drie groot liefdes in haar lewe – drama en haar werk as aktrise. “Ons het langs haar bed gesit en gesels oor watter kwaai leermeester sy was vir jong akteurs wat by haar onderrig gekry het. Ons het almal lekker gelag en later het sy nog met haar dominee grappies gemaak.”

Venter het gesê Taljaard het eergister gekla oor ’n pyn in haar skouer en sy het ’n pynstillende inspuiting gekry. “Sy het aan die slaap geraak en net nooit weer wakker geword nie.

“Soos Trudie gelewe het, só het sy gesterwe – sonder ophef en sonder trauma. Ek is so dankbaar dat sy kon sterf omring deur liefde, liefde en nogmaals liefde. Trudie het drie groot liefdes gehad: God, akteurswerk en mense – in daardie volgorde.”

’n Openbare roudiens vir Taljaard sal gehou word “waar almal wat wil kom, welkom sal wees”. Die datum en plek sal moontlik vandag bekend gemaak word. Sy sal veras word.

Taljaard se laaste rol was verlede jaar as Esther in die SABC2-sepie 7de laan.

Sy word oorleef deur haar suster, Santa, en drie dogters – Mar-lene, Justine en Eloise.

 

Advertisements

7 comments on “Rus in Vrede Trudie

  1. Willa2 sê:

    Ja dis nogal hartseer van Trudie Taljaard. 60 is in vandag se lewe nog baie jonk. Mag sy in vrede rus.

  2. ingrid sê:

    Ek stem saam Willa2, mooi dag vir jou verder :l

  3. Is waar, die lewe is kort. Sover ek weet he trudie ‘n rare vorm van beenkanker gehad.

  4. ingrid sê:

    Mooi dag Rosie, dit lyk of jou dae ook lank raak as ek kyk na die tyd wanneer jy gecomment het.

  5. Ogies sê:

    Blote benoudheid – Wat het die seuntjie by die skool oorgekom dat ‘n “playground accident” soveel skake kon verrig?

  6. ingrid sê:

    Ogies, dit is ‘n groot raaisel, daar word vermoed dat hy moontlik ‘n hartaanval gehad het, want hy was besig om by die klas uit te hardloop en het by ‘n trappie afgeval en was dadelik bewusteloos. Daar is nog nie uitsluitlike rede vir hierdie hartseer gevind nie, maar nou na amper vier maande kan hy darem al weer staan vir ‘n rukkie en volg sy ogies prente op tv en reageer hy op bevele van sy ouers en terapeute. Daar is ‘n baie lang pad voor, maar dit word by die dag beter, hy sal seker nooit weer dieselfde wees as voor die insident nie en dit is waarom dit so hartseer is.

  7. Wipneus! sê:

    Dis baie sad 😦 Ek onthou haar veral in Sonkring!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s