Boring suburbia …

Hello julle, is suburban lewe boring?  Dalkies, maar tot dusver nie myne nie.  Hierdie jaar was nie genadig met my gewees nie, jy’t begin soos geen ander nie.  Kans vir asemskep is min.  Wipneus sms Saterdag net toe ek dit die nodigste het, ek 😥 dat ek nie tyd kry vir blog nie.  Daar’s tye wanneer prioriteite moeilik raak om alles te dek wat gedoen moet word, maar ek wil nie graag die blog afskeep nie en dit is wat tans gebeur.  Die maak nie saak hoeveel mooi planne ek maak nie, iewers ly die skipbreuk, time management, ouens wie van julle het lus om my dag vir my ingedeel te kry dat daar tyd vir alles en almal is?

Ek soek nie verskonings nie, kom ons kyk liewer of my nuwe planne nie dalkies beter gaan werk nie.  Julle vriendskap en omgee beteken vir my baie en daar was swaar en seer dae waar julle my/ons deur gedra het en soos enige ander vriendskap verdien julle nie om afgekseep te word nie.

0832674Hierdie is veronderstel om die maand van liefde te wees en dit is dan ook nodig om nie net romantiese liefde te deel nie, maar ook ons vriende en ondersteuningbronne te koester en spesiaal te laat voel.

Nee, doddels ek het nie Sarie gelees nie, browse gewoonlik elektronies deur so ‘n paar pubilikasies, daar’s min tyd vir lees deesdae :roll:, maar ek kan glo dat Karien stunning gelyk het sy is ‘n formindabele vrou wat amper eie handig vyf seuns groot gemaak het, Steve snr. was baie weg van die huis af en hy is vroeg in die seuns se lewe oorlede, dit alleen se iets van haar innerlikke krag.  Ek weet ook hoe lief Steve vir sy ma is en hoe spesiaal hy vir haar is.  Alles wat gebeur het, het hierdie hele familie seergemaak, dalk een van die redes waarom ek juis meer iets wil se hieroor nie.  Ek hoor dat daar nog dinge is waaroor joernaliste inligting bymekaar maak en hoop net dat hulle almal baie gou ‘n kans sal kry om heel te word.  So iets het altyd ‘n rippeleffek en kring soms wyer uit as wat ons dink.  Ek se weer ek het nie gelees nie, maar ek glo Karien sal by haar seun staan, maak nie saak wat nie, sy het ‘n lojaliteit teenoor haar familie wat baie van ons kan skaam maak.

waarmaker-steve-poster-pic-sonder-woorde

Ek kon toe darem uiteindelik weer die drafts access, tegnologie sal seker altyd iets gedoen kry om dinge deumekaar te maak, ja, ek wil mos nie hoor om eers op word te werk en te copy en paste nie.

ingrid3

Advertisements

2 comments on “Boring suburbia …

  1. Willa2 sê:

    Ingrid sterkte met daardie “time management”.
    Dis vrek warm hier by ons in die Kaap. Ons kla as die suid-oos waai, maar ai as hy gaan le dan vrek ons van die hitte. Ons is ook nooit te vrede nie ne 😆

  2. ingrid sê:

    Willa2 hoop dit koel so bietjie af daar 😉 , dit het vanoggend ook gelyk na ‘n koel dag kinders tot met truie skool toe gestuur, en nou is dit warm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s