Ek vertel verder …

2804464050046172793s600x600q85Ok, ek’s terug, so effe uitgerafel, maar ons moet aangaan.  Om hieroor te skryf is dalk goeie terapie, maar ook terselfdertyd is dit nie maklik om alles weer te herleef nie.  As dit by timing kom is dit dalk ook nie nou die beste tyd vir my om hieroor te praat nie, maar dalk moet ons nou maar een keer huis skoon maak en klaar kry.

Ek het gister gese dit het op Kersdag gebeur dat ek daarvan gehoor het, eintlik het dit ou kersdag gebeur, maar sy’t my eers Kersfees daarvan vertel, in haar vierjarige woorde met al haar vrees het sy kom se dit is wat met my gebeur het en ek is bang dit sal weer gebeur, want pappa moes my oppas terwyl jy gewerk het en hy’t dit nie gedoen nie.  Quinton was 4 maande oud en ek was oppad werk toe.

Die grootste gevoel was een van skuld, ek moes nie my kinders by die huis gelos het en gaan werk het nie.  Daar was hoeveel keer wat ek hulle wel saam gevat het, maar dit was moeilik om te werk en nog oor hulle ook te dink, veral met so ‘n klein baba by jou.  Ek probeer dit nie rasionaliseer nie, ek probeer net se as dit met jou gebeur is dit nie jou skuld nie, soos die een maatskaplike werker vir my gese het: Dit sou steeds gebeur het, al was dit ook in die groen badkamer terwyl jy in die huis was, dit is iets wat op julle pad geplaas is en waardeur julle moet kom.

Wel van die suster af is ons toe terug werk toe, die volgende oggend het ek gesorg dat die slotte aan my deure vervang word en dat my eks man nie weer vertrou word om na die kinders te kyk terwyl ek werk nie.  Ek het my baas mooi gaan vertel dit is hoe dit sal werk, as die kinders nie in die dagsorg is nie sal hulle saam met my werk toe kom.

Daar was nie ‘n maatskaplike werker op Aliwal wat spesifiek opgelei is in spelterapie nie, maar daar was wel een in Burgersdorp 60km weg, ek het op die eerste werksdag van Januarie ‘n afspraak gemaak en die kind na haar toe gevat.  Sy’t die nodige toetse gedoen en bevestig dat die kind die waarheid praat.

Op grond van al hierdie dinge het ek ‘n prokureur gekontak en ‘n interdik teen my man (ons was toe nog nie amptelik geskei nie) gekry, want as hy toegang tot die kinders kon kry en hulle veral saam met hom sou mag geneem het was die kanse goed dat sy weer blootgestel sou word.

‘n Gesinsbeskerming bevel werk soos volg:  jy gaan polisiestasie of landdros hof toe en doen aansoek vir ‘n beskermings bevel, ‘n tydelik bevel word toegestaan wat vir 2 weke geldig is, waarna die persoon teen wie jy die bevel kry die geleentheid het om dit in die hof teen te staan.  Ek het die tydelike bevel gekry, maar toe die 2 weke verby is het die landdros dit ter syde gestel en bevind dat dit ‘n “saak vir die kerk en nie die reg is nie”!  Die feit dat my man gereeld onder die invloed van alkohol was en ‘n gevaar vir die kinders was, was nie vir hom belangrik genoeg om hom onbeperkte toegang tot my kinders te belet nie!

Daar is ook bevind dat die kind nie ‘n betroubare getuie is nie en daarom kan daar nie ‘n saak teen die persoon gemaak word nie.  Die ander rede waarom ek nie geskree het dat die saak moet voortgaan nie, hulle wou dat ek haar na die aanklag kantoor neem en so ‘ klag le terwyl hierdie kind tussen al die mense moet staan en haar storie vertel, daar was nie ‘n manier waarop ek dit aan haar sou kon doen nie.  As enige een van julle al in ‘n aanklag kantoor gestaan het en gesien het hoe dronk mense baklei, vol bloed daar in strompel, op die SAPS lede vloek en skel ens, is ek seker jy sal ook nie jou bang 4 jarige dogtertjie daarheen vat nie.

So het die tyd verby gegaan, ek het my nie gesteur aan wat die landdros gese het nie en geweier dat my man die kinders sien as ek nie by is nie.  Dit het geweldige konflik veroorsaak omdat hy my gereeld geskel het en beskuldig het dat ek hom nie sy reg tot die kinders gun nie.  Daar was dae wat hy in die nag by my huis aangekom het en op ons geskree het, ek sou die polisie bel en hulle sou hom wegvat na sy vriende toe waar hy verder sou drink en weer terug kom.

Teen Julie 2004 het hy ‘n bevel gekry wat my verplig het om hom toe te laat om die kinders saam met hom te vat, maar hulle mag steeds nie by hom gaan oorslaap het nie, omdat ek kon aanvoer dat Quinton nog nie ‘n jaar oud is nie.  Teen die einde van Augustus 2004 het hy die kinders weer op ‘n Saterdag kom haal en saam werk toe gevat, die Maandag na hulle terapie sessie, Amber het steeds een keer per week terapie gekry, het die terapeut kom se iets het gebeur.  Sy’t die vorige week aanbeveel dat hierdie die laaste sessie sou wees omdat daar sulke goeie vordering gemaak is. 

Ek het probeer uitvind wat gaan aan, maar sy wou niks se nie.  Ons het huistoe gery en in die oprit het ek iets baie onterapeuties gedoen, maar ek was so desperaat en bang, ek het geweier dat die kind uit die kar uit klim voordat sy my vertel wat gebeur het.  Sy het vertel wat by haar pa se werk gebeur het en ek het half histeries na die dokter toe gery.  Die ontvangs dame toevallig ‘n vriendin het geisen sy moet vinnig ‘n plan maak.  Op ‘n klein plekkie met twee dokters wag jy soms lank om iemand te sien. Daar was ‘n predikant van Lady Grey en sy’t gevra of ek met hom sal praat.  Hy’t met die kind gepraat en was bereid om te getuig in ‘n hofsaak.  Ons eie predikant was bang om betrokke te raak want hy wou sy “wonderlike” gemeentelid  beskerm.

ingrid11

 

 

Advertisements

8 comments on “Ek vertel verder …

  1. Willa2 sê:

    Ek kan nie anders as om te huil nie. Hoe kan ‘n mens so iets aan ‘n 4 jarige kind doen??? Hoe kan ‘n mens nie ‘n 4 jarige kind glo nie??? Hulle weet tog nog nie van sulke dinge nie. Hoe kan ‘n mens weg kyk en jou rug draai op so iets en vanaand rustig slaap???
    Julle is in my hart en gebede. Sterkte Ingrid! Ek is bly julle is weg uit daardie dorp. Mag die son net altyd oor julle skyn.

  2. ingrid sê:

    Dankie Willa2 jy’s ‘n ster soos altyd, julle liefde en ondersteuning hou ons warm wanneer die seer weer nader kruip.

  3. doddels sê:

    Ingrid was dit jou eks man wat haar gemolesteer het, of een van sy vriende?

  4. doddels sê:

    Bwahhahahaha! Ek sien die eenvoudige Huilgenoot het ‘n artikel die week oor Steve. Daar het egter ‘n drukkersduiwel ingesluip en die opskrif lees: Steve moet behandel word vir ‘n bloedkont in sy been. Hilarious!!!

  5. Ogies sê:

    (((((Ingrid)))))

  6. ingrid sê:

    Jammer Ogies, moes net eers die emosies so bietjie uitsort…

  7. Adele sê:

    Ek het die storie gelees. Ek wil graag net se dat ek by ‘n man woon wie se gewese vrou my haat! Sy haat my soveel dat sy al enige iets gedoen het om my weg te kry van haar gewese man. Die ergste van alles is dat sy ‘n beskermingsbevel teen my 9jarige seun gekry het en dat haar rede was dat my seuntjie haar 7 jarige dogterjie onsedelik betas het. Dit is alreeds ‘n jaar en 5 maande wat ek met my kind in die winkelsentrums moet gaan rondloop as die man by wie ek bly se kinders by hom kom kuier. Ergste van alles is dat die dogtertjie in haar sielkundige verslag gese het SY HET GEJOK EN NET ‘N GRAPPIE GEMAAK. Maar hoe kry ek my seun se naam herstel? Ek is nie eers die RESPONDEND NIE EN KAN GLAD NIE BAKLEI VIR MY KIND NIE!

  8. ingrid sê:

    Adele, dit is skokkend. Ek is so jammer om van jou seer te hoor. Ek weet ongelukkig nie wat jy kan doen nie, dit moet ontsettend sleg vir jou jou wees en ook vir jou arme kind. Om te dink hoe hy moet voel. Kan hierdie vrou nie dink wat sy ook aan haar kind doen nie. Hoekom haat ons grootmense mekaar dan nie maar as ons wil nie, maar gun ons kinders die kans om normaal groot te word. Hierdie dogtertjie moet toegelaat word om haar nuwe “boetie” te leer ken en as ‘n familielid te aanvaar. Al voorstel wat ek kan maak is dat jy ‘n baie goeie regspersoon kontak wat spesialiseer in gesinsake en hoor of hulle jou kan help. Ek sal jou ‘n posduif stuur met iemand se besonderhede wat ek ken.
    Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s